Globalisering

Globalisering is die proses van internasionale integrasie voortspruitend uit die interaksie en uitruiling van wêreldbeskouinge, produkte, idees en gemeenskaplike deling van mekaar se kulture.[1][2] Die vooruitgang in vervoer, soos byvoorbeeld met die stoomlokomotief, stoomskepe, straalmotore, behoueringskepe, en in die telekommunikasie-infrastruktuur, insluitende die ontwikkeling van die telegrafie en sy moderne nasate, die internet en selfone, het reuse bydraes tot globalisering teweeg gebring. Dit het verdere onafhanklikheid van ekonomiese en kulturele bedrywighede verseker.[3][4][5] Hoewel kenners die oorsprong van globalisering in die hedendaagse tyd plaas, is daar ander wat dit terugvoer in die geskiedenis na 'n tyd nog lank voor die Europese ontdekkingstydperk en seevaarte na die Nuwe Wêreld. Sommige gaan selfs terug na die derde millenium voor Christus se geboorte.[6][7]  Die grootskaalse globalisering het in die 19e eeu begin.[8] In die laat 19de eeu en vroeë 20ste eeu het die verbinding van die wêreld se ekonomieë en kulture baie vinnig gegroei.

Die konsep van globalisering is inderdaad 'n baie jong benaming wat eers onlangse sy betekenis in die 1970's gekry het.[9] Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het in 2000 vier basiese aspekte van globalisering geïdentifiseer:

Die proses van globalisering word deur sake- en werksorganisasies, die ekonomie, sosio-kulturele hulpbronne en die natuurlike omgewing op die volgende maniere beïnvloed:

  • handel en transaksies
  • beleggingsorganisasies
  • migrasie en beweginig van mense
  • die verspreiding van kennis.[10]

Globalisering as vakterm

Globalisering is 'n vakterm wat gebruik word om na die ontwikkelinge te verwys waaraan die wêreldekonomie en die verskillende samelewings as gevolg van die toenemende internasionale handel en kulturele betrekkinge blootgestel is. In suiwer ekonomiese verband verwys dit na die groeiende internasionale handelsbande en grootskaalse buitelandse beleggings, wat die moderne ekonomieë danksy die verswakking van nasionale grense en die bevordering van vryhandel al hoe sterker raak. In 'n meer algemene betekenis verwys globalisering na die integrerende gevolge van die destydse tegnologiese, ekonomiese en politieke ontwikkelinge wêreldwyd, wat as positiewe of negatiewe wedersydse afhanklikheid ervaar kan word. Veral met die oog op die vinnig ontwikkelende tegnologieë op die gebied van vervoer en kommunikasie word globalisering dikwels ook as 'n proses gesien wat van die wêreld 'n "globale dorp" gaan maak.

Gebruik van die vakterm

Die term globalisering word vir die eerste keer in 1961 in 'n Engelstalige woordeboek gelys en kom oorspronklik uit die ekonomie en sosiologie. In die negentigerjare word dit in 'n toenemende mate in die openbare debat gebruik om na die ingewikkelde proses van transnasionale, ekonomiese, kulturele en sosiale betrekkinge te verwys. Die proses word dikwels ook as densionalisering geïnterpreteer, aangesien die nasionale state se invloed op ekonomiese en sosiale ontwikkelinge al hoe kleiner word.

Other Languages
Alemannisch: Globalisierung
aragonés: Globalización
العربية: عولمة
asturianu: Globalización
azərbaycanca: Qloballaşma
башҡортса: Глобалләшеү
žemaitėška: Gluobalėzacėjė
беларуская: Глабалізацыя
беларуская (тарашкевіца)‎: Глябалізацыя
български: Глобализация
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: বিশ্বায়ন
brezhoneg: Bedeladur
bosanski: Globalizacija
کوردی: جیھانگیری
čeština: Globalizace
Cymraeg: Globaleiddio
English: Globalization
Esperanto: Tutmondiĝo
español: Globalización
euskara: Globalizazio
føroyskt: Alheimsgerð
français: Mondialisation
Gaeilge: Domhandú
ગુજરાતી: વૈશ્વિકરણ
हिन्दी: वैश्वीकरण
Fiji Hindi: Vaisvikaran
hrvatski: Globalizacija
Հայերեն: Գլոբալացում
Bahasa Indonesia: Globalisasi
Ilokano: Globalisasion
íslenska: Hnattvæðing
italiano: Globalizzazione
Basa Jawa: Globalisasi
қазақша: Жаһандану
ಕನ್ನಡ: ಜಾಗತೀಕರಣ
한국어: 세계화
къарачай-малкъар: Глобализация
Latina: Globalizatio
Lëtzebuergesch: Globaliséierung
Limburgs: Globalisering
lietuvių: Globalizacija
latviešu: Globalizācija
Malagasy: Fanatontoloana
македонски: Глобализација
монгол: Даяарчлал
Bahasa Melayu: Globalisasi
Mirandés: Globalizaçon
नेपाल भाषा: हलिमिकरण
Nederlands: Mondialisering
norsk nynorsk: Globalisering
occitan: Globalizacion
ਪੰਜਾਬੀ: ਸੰਸਾਰੀਕਰਨ
polski: Globalizacja
Piemontèis: Mondialisassion
português: Globalização
română: Globalizare
русский: Глобализация
русиньскый: Ґлобалізація
संस्कृतम्: वैश्वीकरणम्
саха тыла: Глобализация
srpskohrvatski / српскохрватски: Globalizacija
Simple English: Globalization
slovenčina: Globalizácia
slovenščina: Globalizacija
српски / srpski: Глобализација
svenska: Globalisering
Kiswahili: Utandawazi
తెలుగు: ప్రపంచీకరణ
тоҷикӣ: Ҷаҳонишавӣ
Tagalog: Globalisasyon
Türkçe: Küreselleşme
татарча/tatarça: Глобальләшү
українська: Глобалізація
Tiếng Việt: Toàn cầu hóa
Winaray: Globalisasyon
中文: 全球化
Bân-lâm-gú: Choân-kiû-hòa
粵語: 全球化