Ghwano

'n Nes van ghwano.
'n Rots wat met ghwano bedek is aan die kus van Kalifornië (VSA)

Ghwano is die ontlasting (droë mis) van vlermuise en voëls. Dit is besonder hoog aan stikstof, fosfaat en kalium, drie voedingstowwe wat noodsaaklik is vir die groei van plante. Daarom word dit dikwels as bemesting gebruik om plante vinniger te laat groei. Dit word op eilande waar seevoëls woon, bv. Voëleiland naby Lambertsbaai, ontgin.

Ghwanovoëls

'n Klein aantal soorte van Suid-Afrika se inheemse seevoëls staan as ghwanovoëls bekend. Hulle kom in kolonies op eilande naby die kus voor waar hulle nes maak en broei.

Ghwano in al sy glorie

Die mis, sogenaamde ghwano, wat hierdie voëls in hul broeikolonie lewer, word elke jaar aan die einde van die somer versamel, net voor die eerste winterreëns. Dit is 'n natuurlike en baie waardevolle bemestingstof. Die Departement van Nywerheidswese se onderafdeling Ghwano-eilande, versamel dit en verkoop dit aan boere. Die eilande mag alleenlik met 'n permit besoek word. Sommige van die voëls is beskerm.

Ghwano kan net versamel in daardie dele waar dit feitlik nooit reën nie. Of waar die reënseisoen eers na die broeityd kom.

Namibië

Die meeste ghwano-eilande is natuurlike broeiplekke van seevoëls, maar in Namibië ( Suidwes-Afrika) is 'n aantal jare gelede 'n interessante onderneming begin. Plek-plek aan die kus is deur private inisiatief platforms opgerig waarop die voëls in groot getalle kom sit en selfs nes maak. So kan ghwano versamel word.

Belangrike ghwano-eilande aan die Suid-Afrikaanse kus

Ghwano-eiland Ligging
Dasseneiland 50 km van Kaapstad
Malgas Saldanhabaai
Jutteneiland Saldanhabaa
Marcuseiland Saldanhabaa
Voëleiland Lambertsbaai

Soorte voëls wat ghwano lewer

Daar is hoofsaaklik drie soorte seevoëls wat ghwano lewer. Die Trekkormorant of Trekduiker is die die vernaamste verskaffer van ghwano.

Afrikaanse naam Latynse naaam Eiers Nes
Kaapse- of

Witmalgas

Morus capensis 1 keëlvormige ghwanohopie, hol van bo
Trekkormorant of Trekduiker Phalacrocorax capensis 2-3 kalkwit stokkies en seewier
Kaapse pikkewyn 1-3 wit holte in grond of tussen klippe met vere en seewier
Swartvoetpikkewyn of Brilpikkewyn Sphensicus demersus 1 geharde mis

Die brilpikkewyn word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie: die bevolkingstal is besig om drasties te daal. Die eiers word uit die neste gesteel.

Other Languages
العربية: ذرق الطائر
Aymar aru: Mataxi
azərbaycanca: Quano
беларуская: Гуана
български: Гуано
বাংলা: গুয়ানো
català: Guano
čeština: Guáno
dansk: Guano
Deutsch: Guano
Ελληνικά: Γκουανό
English: Guano
Esperanto: Guano
español: Guano
eesti: Guaano
euskara: Guano
فارسی: کود مرغی
suomi: Guano
français: Guano
Nordfriisk: Guano
Gaeilge: Guanó
galego: Guano
עברית: גואנו
hrvatski: Guano
magyar: Guanó
Bahasa Indonesia: Guano
Ido: Guano
italiano: Guano
日本語: グアノ
한국어: 구아노
къарачай-малкъар: Гуано
Latina: Guanum
lietuvių: Guanas
latviešu: Gvano
Bahasa Melayu: Guano
မြန်မာဘာသာ: ငှက်ချေးမြေဩဇာ
Nederlands: Guano
norsk nynorsk: Guano
norsk: Guano
occitan: Güano
polski: Guano
português: Guano
Runa Simi: Wanay wanu
română: Guano
русский: Гуано
Scots: Guanae
Simple English: Guano
slovenčina: Guáno
slovenščina: Gvano
српски / srpski: Гвано
Basa Sunda: Guano
svenska: Guano
Türkçe: Guano
українська: Гуано
oʻzbekcha/ўзбекча: Guano
Tiếng Việt: Phân chim
中文: 海鸟粪