George Edward Moore

George Edward Moore
George Edward Moore.jpg
Gebore(1873-11-04)4 November 1873
Upper Norwood, Londen, Engeland
Oorlede24 Oktober 1958 (op 84)
Cambridge, Engeland
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
VakgebiedEtiek, epistemologie, taalfilosofie
Alma materTrinity College, Cambridge (BA, 1896)
Bekend virNaturalistiese misleiding, Moore se paradoks, Paradoks van analise, Oop-vraag-argument, "Hier is een hand"
Beïnvloed deurGottlob Frege, John McTaggart, Bertrand Russell, Henry Sidgwick, Leonard Woolf, James Ward,[1] George Stout[2]
Invloed opBertrand Russell, Ludwig Wittgenstein, W. D. Ross, J. L. Austin, John Maynard Keynes, Max Black, Susan Stebbing, R. B. Braithwaite[3]

George Edward Moore, bekend as G.E. Moore (Londen, 4 November 1873 - Cambridge, 24 Oktober 1958), was 'n invloedryke Engelse filosoof, wat later hoogleraar word aan die universiteit van Cambridge. Hy was, saam met Bertrand Russell, Ludwig Wittgenstein, en (voor hom) Gottlob Frege, een van die grondleggers van die analitiese filosofie.

Moore geniet bekendheid weens sy verdediging van die etiese nie-naturalisme, sy beklemtooning van die gesonde verstand in die filosofiese diskoers, en deur die na hom genoemde Paradoks van Moore. Hy word bewonder deur ander filosowe en deur die Bloomsburygroep, maar is (in teenstelling met sy vriend en kollega Russell) minder bekend buite die akademiese wêreld. Moore se essays getuig van 'n duidelike en omsigtige skryfstyl, en 'n metodiese en geduldige aanpak van filosofiese probleme.

Sy bekendste werke is die Principia Ethica waarin hy die term "naturalistiese dwaling" (naturalistic fallacy) bekendstel en sy essays The Refutation of Idealism, A Defence of Common Sense, en A Proof of the External World.

Other Languages