Geelkoors

Star of life caution.svg

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n mediese dokter verwys te word.


Geelkoors
Klassifikasie en eksterne bronne
Die geelkoorsvirus.
Die geelkoorsvirus.
ICD-1095
ICD-9060
DiseasesDB14203
MedlinePlus  001365
eMedicinemed/2432emerg/645
MeSHD015004
Star of life caution.svg Mediese waarskuwing

Geelkoors is 'n ongeneeslike virusinfeksie wat aanleiding gee tot hoë koors, geelsug en, in ernstige gevalle, bloeding uit die slymvliese en "swart braking". Toe die virus vir die eerste keer vanaf slaweskepe deur hawens in Europa en Amerika begin versprei het, het dit verwoestende epidemies met 'n hoë sterftesyfer veroorsaak.

Agtergrond en geskiedenis

Endemiese verspreiding van geelkoors in Afrika (2009)
Endemiese verspreiding van geelkoors in Suid-Amerika (2009)

Daar is aanvanklik geglo dat geelkoors uitsluitlik 'n menslike siekte is, maar navorsers het getoon dat dit ook ape en ander diere infekteer. Trouens, daar is aanduidings dat ape in Afrika en in die tropiese woude op die Amerikaanse vasteland die primêre bron is van die infeksie, wat deur muskiete na die mens oorgedra word. Wanneer iemand wat in die trope geïnfekteer is, na 'n bewoonde gebied beweeg, kan hy of sy gebyt word deur die meer huishoudelike muskiet, Aëdes aegypti, wat in bewoonde gebiede aangetref word. Die muskiet dra dan die infeksie oor na die volgende persoon wat gebyt word. Aëdes aegypti is die belangrikste draers van die geelkoorsvirus wat mense infekteer.

Geelkoors was een van die mees gevreesde siektes onder die vroeë ontdekkingsreisigers in Afrika en die Suid-Amerikaanse trope. Niemand het geweet wat die siekte veroorsaak of hoe om dit te hanteer nie. Die eerste persoon wat vermoed het dat dit deur muskiete oorgedra word, was dr Carlos Finlay, 'n Kubaanse geneesheer met 'n praktyk in Havana. Op daardie tydstip het geelkoors jaarliks duisende lewens in Kuba geëis.

In Julie 1900 het vier Amerikaanse weermagdokters, Walter Reed, James Carroll, Jesse Lazear en Aristides Agramonte, dr Finlay besoek en hy het hulle van sy muskiet-teorie vertel. Die Amerikaners het onmiddellik in die siekte belang gestel, en toe hulle vertrek, het Finlay vir hulle 'n klomp muskieteiers gegee vir navorsing. Hulle het binne drie maande bevind dat Finlay reg was. Nadat hy deur een van sy eie muskiete gebyt is, het James Carroll ernstig siek geword aan geelkoors, en Jesse Lazear, wat deur 'n muskiet gebyt is terwyl hy onder pasiënte gewerk het, het gesterf.

Toe daar vasgestel is dat Aëdes aegypti verantwoordelik is vir die oordra van geelkoors, het die Kubaanse departement van openbare gesondheid besluit om al die muskiete op die eiland uit te roei. 'n Studie van die insek se lewensgewoontes het aan die lig gebring dat die Aëdes aegypti 'n huismuskiet is en die wyfies hul eiers byna uitsluitlik in water naby huise lê. 'n Wet is in Kuba afgekondig waarvolgens mense verbied is om enige staande water naby hul huise toe te laat. Hierdie optrede, tesame met die gebruik van insekdoders om die muskiete uit te roei, het 'n einde gemaak aan geelkoors in Kuba. Soos ander insekoordraagbare siektes, is geelkoors ook jare lank met soortgelyke metodes onder beheer gehou en het dit wêreldwyd 'n seldsame siekte geword.

Omdat die siekte egter in tropiese gebiede in stand gehou word deur ape en dan uit die woudhabitat na bewoonde gebiede versprei deur muskiete, het die siekte herleef. Vandag word nuwe gevalle van geelkoors gereeld in Afrika en in die trope aangemeld. In 1992/93 was daar vir die eerste keer in die geskiedenis 'n uitbraak van geelkoors in Kenia (kyk die artikel "Nuwe epidemies van ou siektes" in die afdeling Gesondheid).

Oor die afgelope twintig jaar is die meeste bewoonde gebiede in die tropiese dele van die Amerikaanse vasteland weer met die geelkoorsdraende Aëdes aegypti geïnfesteer, en het mense in talle stedelike sentra in lande soos Brasilië, Colombia en Peru die siekte opgedoen. Twee pasiënte wat nie teen geelkoors ingeënt was nie, het die siekte ook na die VSA en Switserland geneem.

Intussen neem die tempo toe waarteen die siekte uit die reënwoude na stedelike gebiede versprei en vrees wêreldgesondheidsowerhede dat epidemies weer in die afsienbare toekoms kan uitbreek - veral omdat die meeste lande nie doeltreffende waarnemingstelsels het waarvolgens die siekte vroeg opgespoor en onder beheer gebring kan word nie. Daar is geen behandeling of geneesmiddel vir geelkoors nie, slegs voorkoming deur inenting. In sommige gevalle herstel pasiënte spontaan van die siekte, hoewel hy of sy nog 'n ruk lank aan geelsug kan ly. 'n Pasiënt wat van geelkoors herstel, is daarna immuun teen die siekte en sal nie weer 'n aanval kry nie.

Other Languages
العربية: حمى صفراء
asturianu: Fiebre mariello
azərbaycanca: Sarı qızdırma
беларуская: Жоўтая ліхаманка
български: Жълта треска
বাংলা: পীতজ্বর
bosanski: Žuta groznica
català: Febre groga
čeština: Žlutá zimnice
dansk: Gul feber
Deutsch: Gelbfieber
Thuɔŋjäŋ: Tööc
ދިވެހިބަސް: ރީނދޫ ހުން
English: Yellow fever
Esperanto: Flava febro
español: Fiebre amarilla
euskara: Sukar hori
فارسی: تب زرد
suomi: Keltakuume
français: Fièvre jaune
Gaeilge: Fiabhras buí
हिन्दी: पीतज्वर
hrvatski: Žuta groznica
Kreyòl ayisyen: Lafyèv jòn
magyar: Sárgaláz
Հայերեն: Դեղին տենդ
Bahasa Indonesia: Demam kuning
italiano: Febbre gialla
日本語: 黄熱
ಕನ್ನಡ: ಕಾಮಾಲೆ
한국어: 황열
Luganda: Enkaka
lingála: Fièvre jaune
македонски: Жолта треска
മലയാളം: മഞ്ഞപ്പനി
Bahasa Melayu: Demam kuning dewasa
Nederlands: Gele koorts
norsk: Gulfeber
ଓଡ଼ିଆ: ପୀତ ଜ୍ୱର
português: Febre amarela
Runa Simi: Fiebre amarilla
română: Febră galbenă
srpskohrvatski / српскохрватски: Žuta groznica
Simple English: Yellow fever
slovenščina: Rumena mrzlica
српски / srpski: Žuta groznica
svenska: Gula febern
Kiswahili: Homa ya manjano
ትግርኛ: ብጫ ረስኒ
Türkçe: Sarıhumma
українська: Жовта гарячка
اردو: زرد بخار
Tiếng Việt: Sốt vàng
中文: 黄热病
粵語: 黃熱病