Geeldwerg

Die Son, ’n tipiese voorbeeld van ’n geeldwerg, of hoofreeksster tipe G. (Gekleurde swart-wit-foto.)

’n Geeldwerg of hoofreeksster tipe G (G V) is ’n hoofreeksster van spektraaltipe G en ligsterkteklas V. So ’n ster het ’n massa van sowat 0,8 tot 1,2 sonmassas en oppervlaktemperature van tussen 5 300 en 6 000 Kelvin. [1]

Nes ander hoofreekssterre sit ’n G V-ster waterstof in sy kern om in helium deur middel van kernfusie. [2] Ons Son is die bekendste en mees sigbare voorbeeld van ’n G V-ster. Elke sekonde word sowat 600 miljoen ton waterstof omgesit in helium. [3] [4]

Sterrekundiges verkies die term "hoofreeksster tipe G" omdat G-sterre eintlik tussen wit en liggeel is. [5] Die Son is eintlik wit, maar vertoon geel deur die Aarde se atmosfeer. En hoewel die term "dwergster" gebruik word om hoofreekssterre van reusesterre te onderskei, is sterre soos die Son helderder as 90% van die sterre in die Melkweg, wat uit meestal oranje-, rooi- en witdwerge bestaan. (Laasgenoemde is in ’n fase ná die hoofreeks.)

Verwysings

  1. Empirical bolometric corrections for the main-sequence, G.M. H.J. Habets en J.R.W. Heintze, Astronomy and Astrophysics Supplement 46 (November 1981), pp. 193–237.
  2. Stellar Evolution: Main Sequence to Giant, klasnotas, Astronomie 101, Valparaiso-universiteit, URL besoek op 19 Junie 2007.
  3. Why Does The Sun Shine?, lesing, Barbara Ryden, Astronomie 162, Ohio State University, URL besoek op 19 Junie 2007.
  4. Sun, ARICNS, URL besoek op 19 Junie 2007.
  5. What Color Are the Stars?, Mitchell N. Charity's webpage, accessed November 25, 2007
Other Languages
беларуская: Жоўты карлік
беларуская (тарашкевіца)‎: Жоўты карлік
català: Nana groga
Deutsch: Gelber Zwerg
Esperanto: Flava nano
euskara: Nano hori
français: Naine jaune
italiano: Nana gialla
日本語: G型主系列星
Lëtzebuergesch: Gielen Zwerg
македонски: Жолто џуџе
Bahasa Melayu: Kerdil kuning
မြန်မာဘာသာ: ကြယ်ပုဝါ
norsk: Gul dverg
português: Anã amarela
slovenčina: Žltý trpaslík
svenska: GV-stjärna
Türkçe: Sarı cüce
татарча/tatarça: Сары кәрлә
українська: Жовтий карлик
文言: 黃矮星