Gambiërivier

Gambiërivier
Die westelike deel van die Gambiërivier, soos vanuit die ruimte gesien.
Die westelike deel van die Gambiërivier, soos vanuit die ruimte gesien.
Gambiekaart.png
Die stroomgebied van die Gambiërivier.
Oorsprongnaby Labé
MondingBanjul, Gambië
Atlantiese Oseaan
StroomgebiedGuinee, Senegal, Gambië
Lengte1 130 km (702 myl)
Oorspronghoogte438 m (1 437 voet)
Mondinghoogte0 m
Gemiddelde afloop2 000 m/s³ (70 629 ft³/s)
Stroomgebiedopp.69 931 km² (13 427 myl²)
Kaart van die Gambiërivier-bekken in Afrika.
Kaart van die Gambiërivier-bekken in Afrika.
Die Gambiërivier in die Niokolo-Koba Nasionale Park

Die Gambiërivier (Engels: Gambia River, Frans: fleuve Gambie) is 'n belangrike rivier in Afrika wat oor 1 130 km vanaf die Fouta Djallon-plato in Noord-Guinee tot in die Atlantiese Oseaan vloei by die stad Banjul. Dit is bevaarbaar vir ongeveer die helfte van sy lengte.

Die rivier is hoofsaaklik bekend as gevolg van Gambië, die kleinste land in Afrika, wat uit omtrent net die onderste helfte van die rivier en sy twee oewers bestaan.

Van Fouta Djallon loop die rivier noordwes in die Tambacounda provinsie van Senegal in waar dit deur die Parc National du Niokolo Koba vloei en die Nieri Ko en Koulountou daarby aansluit voor dit in Gambië invloei by Fatoto. Van hierdie punt af vloei die rivier hoofsaaklik wes, maar kronkelend met 'n aantal hoefystermere. Sowat 100 km van die monding begin dit geleidelik wyer word, tot meer as 10 km wyd waar dit by die see uitmond.

Volgens Alex Haley se roman Roots, het die Gambiërivier een van die leidrade verskaf wat hom gehelp het om sy Amerikaanse familiegeskiedenis terug te spoor na Afrika. Die woorde "Kamby Bolongo" was van die min woorde wat sy familie oor die geslagte heen aangegee het; hy ontdek dat 'n bolongo 'n "bewegende water" of "rivier" is in Mandinka, hy lei dus daaruit af dat die frase waarskynlik na die Gambiërivier verwys. Sy teorie is bevestig toe hy na Juffure, Gambië, op die noord-oewer van die rivier reis, en vind dat die mondelingse familiegeskiedenis ooreenkom met sy eie.

Langs die rivier naby Juffure is Jameseiland, 'n plek gebruik in die slawehandel wat nou 'n UNESCO Wêrelderfenisgebied is.

Other Languages
العربية: نهر غامبيا
asturianu: Ríu Gambia
تۆرکجه: قامبیا چایی
беларуская: Гамбія (рака)
беларуская (тарашкевіца)‎: Гамбія (рака)
български: Гамбия (река)
brezhoneg: Gambia (stêr)
català: Riu Gàmbia
čeština: Gambie (řeka)
Cymraeg: Afon Gambia
English: Gambia River
Esperanto: Rivero Gambio
español: Río Gambia
français: Gambie (fleuve)
galego: Río Gambia
Avañe'ẽ: Ysyry Gámbia
հայերեն: Գամբիա (գետ)
Bahasa Indonesia: Sungai Gambia
italiano: Gambia (fiume)
日本語: ガンビア川
Basa Jawa: Kali Gambia
한국어: 감비아강
Lëtzebuergesch: Gambia (Floss)
lietuvių: Gambija (upė)
latviešu: Gambija (upe)
македонски: Гамбија (река)
Bahasa Melayu: Sungai Gambia
Nederlands: Gambia (rivier)
norsk nynorsk: Gambiaelva
português: Rio Gâmbia
română: Fluviul Gambia
русский: Гамбия (река)
srpskohrvatski / српскохрватски: Gambija (rijeka)
Simple English: Gambia River
slovenčina: Gambia (rieka)
slovenščina: Gambija (reka)
српски / srpski: Гамбија (река)
svenska: Gambiafloden
Kiswahili: Gambia (mto)
Tagalog: Ilog Gambia
Türkçe: Gambiya Nehri
українська: Гамбія (річка)
Tiếng Việt: Sông Gambia
中文: 冈比亚河