Freiburg im Breisgau

Freiburg im Breisgau
Freiburg 017.650.n.jpg

KaartWapen
Locator map FR (town) in Germany.svg
Wappen Freiburg im Breisgau.svg
Distrikte
Freiburg-stadtteile.png
 LandVlag van Duitsland Duitsland
 DeelstaatFlag of Baden-Württemberg (state, greater arms).svg Baden-Württemberg
 Koördinate47°59′43″N 7°51′11″O / 47°59′43″N 7°51′11″O / 47.99528; 7.85306
 Stigting1091
 Stadstatus1120
 Oppervlakte: 
 - Totaal153,07 vk km
 Hoogte bo seevlak278 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Desember 2016)227 590
 - Bevolkingsdigtheid1 487/vk km
 - Metropolitaanse gebied630 000
 - Metropolregion6 000 000
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2 (MEST)
 BurgemeesterMartin Horn
(onafhanklik)
 Amptelike Webwerfwww.freiburg.de

Freiburg im Breisgau is 'n stad in die Duitse deelstaat van Baden-Württemberg, in die area van Breisgau op die westelike rand van die Swartwoud (Duits: Schwarzwald) naby die Switserse en Franse grense. Met 227 590 inwoners is Freiburg die mees suidelike van Duitsland se groot stede – en die sonnigste stad in die land. Freiburg is aan die Dreisamrivier en aan die voet van die Schlossberg geleë en word omring deur die Rosskopf- en Bromberg (Swartwoud) berge in die ooste, en die Schönberg-, Tuniberg- en Kaiserstuhlberge in die weste in die Rynvallei.

Geskiedenis

Die katedraal van Freiburg

Freiburg het ontstaan in die 13de eeu, gestig as vrye markdorp deur Hertog Konrad van Zähringen. Dit is strategies geleë op die kruispad van handelsroetes van die Mediterreense lande en die Noordsee, en die Ryn- en Donauriviere. In 1368 koop Freiburg sy vryheid van 'n plaaslike potentaat en gee homself oor aan die beskerming van die huis van Habsburg.

Rondom 1200 begin die stad, wat sy ekonomiese welvaart onder meer aan die silwermynbou in die Swartwoud te danke het, met die konstruksie van sy katedraal, wat – ten spyte van matige skade tydens die Tweede Wêreldoorlog – nog steeds as kulturele en spirituele stadsentrum dien.

In 1457 stig Hertog Albrecht VI die Albert-Ludwigs-Universität, een van Duitsland se oudste universiteite. In 1520 onderneem die stad 'n omvattende wetgewende hervorming, bekend as van die mees progressiewe van daardie tyd, in die skepping van 'n nuwe balans tussen stedelike tradisie en oud-Romeinse reg. Veral die konstitusionele-, straf- en prosesreg word omvattend hervorm, met breë aanvaarding.

Freiburg besluit in 1520 teen aansluiting by die Reformasie en word 'n belangrike Katolieke sentrum. In 1536 lei 'n sterk volksgeloof aan heksery tot die eerste van vele heksejagte. Die naïewe neiging om redes en oorsake vir tragedies soos die Swart Dood te soek lei tot toenemende heksejagte, met 'n hoogtepunt in 1564. 'n Bordjie op die ou stadsmuur dui aan waar die laaste verbrandings van hekse plaasgevind het.

Die 15de eeu was 'n moeilike tyd vir Freiburg. Gedurende verskillende periodes van die Dertigjarige Oorlog in Europa behoort die stad Freiburg aan onderskeidelik Oostenryk, Frankryk, Swede, Spanje en verskeie lede van die Duitse Konfederasie. Tussen 1648 en 1805 dien die stad as administratiewe kern van die Habsburgse gebiede in die suide van Duitsland – ten minste gedurende die tye sonder dreigende of daadwerklike Franse besetting. Tesame met die kleinstede Breisgau en Ortenau word Freiburg in 1805 deel van Baden.

In 1827 word Freiburg standoord vir 'n Katolieke Aartsbiskopdom.

Die stad word swaar bombardeer tydens die Tweede Wêreldoorlog. Duitse bomwerpers bombardeer per abuis in 1940 met ongeveer 60 bomme die area rondom die hooftreinstasie. In 1944 vernietig Geallieerde bomwerpers groot gedeeltes van die middestad, met die katedraal as belangrike uitsondering. Na die oorlog word die stad grotendeels volgens Middeleeuse planne weer opgebou. Vir 'n kort tydperk dien dit as hoofstad van die Duitse deelstaat Baden, voor dit kort daarna as deel van Baden-Württemberg ingelyf word. Franse besettingsmagte was tussen 1945 en 1991 in die stad gestasioneer.

In die stadswyk waar voorheen die Franse magte gehuisves was het 'n nuwe, groen en alternatiewe woonarea ontstaan. Die naam – Vauban, vernoem na 'n Franse generaal – het gebly, maar die staddeel het geblom as 'n jong, lewenskragtige woongebied met 'n groot aandeel aan alternatiewe energiebronne (en lewenstyle) en 'n sentrum in Freiburg vir kulturele en ekologiese ontwikkeling.

Other Languages
العربية: فرايبورغ
azərbaycanca: Frayburq-im-Braysqau
تۆرکجه: فرایبورق
беларуская: Фрайбург
беларуская (тарашкевіца)‎: Фрайбург
български: Фрайбург
Ελληνικά: Φράιμπουργκ
Esperanto: Freiburg
eesti: Freiburg
euskara: Friburgo
فارسی: فرایبورگ
客家語/Hak-kâ-ngî: Freiburg
עברית: פרייבורג
hrvatski: Freiburg
Bahasa Indonesia: Freiburg
la .lojban.: fraiburg
ქართული: ფრაიბურგი
Lëtzebuergesch: Freiburg im Breisgau
latviešu: Freiburga
македонски: Фрајбург
монгол: Фрайбург
norsk nynorsk: Freiburg im Breisgau
پنجابی: فرائیبرگ
саха тыла: Фрайбург
sicilianu: Friburgu
Scots: Freiburg
srpskohrvatski / српскохрватски: Freiburg
Simple English: Freiburg im Breisgau
slovenščina: Freiburg im Breisgau
shqip: Frajburgu
српски / srpski: Фрајбург
тоҷикӣ: Фраибург
Türkmençe: Fraýburg
українська: Фрайбург
اردو: فری برگ
oʻzbekcha/ўзбекча: Frayburg im Braysgau
Tiếng Việt: Freiburg im Breisgau
Yorùbá: Freiburg
中文: 弗莱堡
Bân-lâm-gú: Freiburg im Breisgau
粵語: 費賴堡