Frederik Willem de Klerk

Question book-4.svgHierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne aan die artikel by te voeg.
Frederik Willem de Klerk Nobel prize medal.svg
Frederik Willem de Klerk


Ampstermyn
15 Augustus 1989 – 9 Mei 1994
Voorafgegaan deurPieter Willem Botha
Opgevolg deurNelson Mandela
as president van Suid-Afrika

Ampstermyn
10 Mei 1994 – 30 Junie 1996
PresidentNelson Mandela
Voorafgegaan deurAmp geskep
Alwyn Schlebusch
as adjunk-staatspresident van Suid-Afrika, 1981–1984
Opgevolg deurThabo Mbeki (alleenlik)
Jacob Zuma

Persoonlike besonderhede
Geboorte18 Maart 1936 (1936-03-18) (82 jaar oud)
Johannesburg, Transvaal, Unie van Suid-Afrika
Politieke partyNasionale Party
Eggenoot/eggenoteMarike Willemse (1959–1998)
Elita Georgiadis (1998–hede)
Kind(ers)Jan de Klerk, Willem de Klerk, Susan de Klerk
Alma materPotchefstroomse Universiteit vir C.H.O.
ReligieGereformeerd
HandtekeningFW DeKlerk sign.png
ToekenningsNobelprys vir Vrede (1993)

Frederik Willem de Klerk (gebore 18 Maart 1936, Johannesburg) was Staatspresident van Suid-Afrika vanaf September 1989 tot April 1994, en vanaf Februarie 1989 tot September 1997 ook leier van die Nasionale Party, wat later die Nuwe Nasionale Party geword het.

Die familienaam De Klerk, in Nederlands letterlik die klerk, is afkomstig van Le Clerc / De Clercq, en is van Franse Hugenote-oorsprong, soos ook menige ander Afrikaanse familiename. Sy oupa aan vaderskant, ds. W.J. de Klerk, was twee maal leraar van die Gereformeerde kerk Johannesburg en registrateur van die PUK vir CHO van 1923 tot 1928. F.W. de Klerk se broer, dr. Willem de Klerk, was 'n akademikus en koerantredakteur.

De Klerk is veral bekend vir sy politieke rolvervulling in die beëindiging van apartheid en die transformasie van Suid-Afrika na 'n demokrasie, deur aan die land se meerderheidsbevolking (swart mense) stemreg toe te ken. Hy kom uit 'n politiek georiënteerde gesin en is in Johannesburg gebore, as die seun van voormalige senator en minister in die Suid-Afrikaanse regering Jan de Klerk. Sy moeder was Corrie Coetzer en sy tante Susan Strijdom was getroud met adv. Hans Strijdom (Eerste minister, 1954–1958). Sy ouma aan vaderskant was Aletta de Klerk, 'n kleindogter van die stamouers van die familie van Rooy in Suid-Afrika en tweede vrou van ds. Willem Johannes de Klerk.

Ná voltooiing van sy hoërskoolloopbaan op Krugersdorp verwerf De Klerk die grade B.A. en LL.B. (cum laude) in 1958 aan die Potchefstroomse Universiteit. Hy sluit aan by 'n prokureursfirma in Vereeniging (Transvaal). Tussendeur sy regsloopbaan raak hy aktief in die politiek. Hy wys in 1972 'n aanbod van sy alma mater van die hand om 'n professoraat in die regsfakulteit te aanvaar omdat hy toe reeds as Nasionale Party-lid vir Vereeniging in die parlement dien nadat hy 'n tussenverkiesing in Vereeniging gewen het wat gehou is ná die bedanking uit die aktiewe politiek van Blaar Coetzee, wat die kiesafdeling vir die Nasionale Party verteenwoordig het van die 1958-verkiesing af. In 1969 trou hy met Marike Willemse. Die egpaar het twee seuns en 'n dogter.

Other Languages
беларуская (тарашкевіца)‎: Фрэдэрык Вілем дэ Клерк
Gàidhlig: F. W. de Klerk
Bahasa Indonesia: Frederik Willem de Klerk
Ripoarisch: Wellem de Klerk
Lëtzebuergesch: Frederik Willem de Klerk
Bahasa Melayu: F.W. de Klerk
română: F. W. de Klerk
srpskohrvatski / српскохрватски: F. W. de Klerk
Simple English: F. W. de Klerk
svenska: F.W. de Klerk
Tiếng Việt: Frederik Willem de Klerk