Franz Kafka
English: Franz Kafka

Franz Kafka
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Franz Kafka, omstreeks 1906

Gebore3 Julie 1883
Praag, Boheme, Oostenryk-Hongarye (tans Tsjeggië)
Oorlede3 Junie 1924 (op 40)
Kierling naby Klosterneuburg, Neder-Oostenryk, Oostenryk
NasionaliteitVlag van Oostenryk-Hongarye Oostenryk-Hongarye
Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye
OuersHermann Kafka
Julie Kafka (née Löwy)
BeroepRomanskrywer, kortverhaalskrywer, versekeringsbeampte
Bekend virDie Verwandlung
Der Process
Das Urteil
Das Schloss
Betrachtung
Ein Hungerkünstler
Briefe an Felice
HandtekeningFranz Kafka's signature.svg

Franz Kafka (* 3 Julie 1883 in Praag, destyds Oostenryk-Hongarye; † 3 Junie 1924 in Kierling naby Klosterneuburg, Oostenryk; selde Tsjeggies František Kafka) was 'n Duitstalige skrywer. Sy hoofwerke sluit naas drie romans en romanfragmente (Der Prozess, Das Schloss en Amerika) 'n groot aantal verhale asook sy briefwisseling met Felice Bauer en Milena Jesenská in.

Kafka se werke is merendeels eers ná sy dood en teen sy uitgesproke wil deur sy intieme vriend, kollega en biograaf Max Brod gepubliseer en het blywende invloed op die 20ste eeuse wêreldliteratuur uitgeoefen.

Oorsig oor sy lewe en werk

Franz Kafka is in 'n Joodse koopmansgesin gebore en het in 1906 in regswetenskappe gepromoveer. Twee jaar later het hy 'n loopbaan as assuransie-amptenaar in Praag begin. In 1922 het hy as gevolg van 'n ernstige siekte ('n larinks-karsinoom) afgetree. Sy literêre werk is sterk beïnvloed deur die verdrukkende oorheersing van sy vader (Das Urteil 1913; Brief an den Vater 1919) asook problematiese liefdesverhoudings met onder meer Felice Bauer (1887-1960) en Milena Jesenská (1896-1944).

Werke, wat tydens sy leeftyd verskyn het, sluit onder meer die verhale Die Verwandlung (1912), Vor dem Gesetz (1915) en In der Strafkolonie (1919) in.

Kafka het 'n groot deel van sy dagboeke vernietig en in sy laaste testament die instruksie gegee dat ook al sy ongepubliseerde literêre werk vernietig moes word, tog het sy vriend Max Brod hierdie opdrag nie nagekom nie. Sodoende is beduidende romanfragmente soos Der Process (Der Prozess volgens huidige spelling, geskryf in 1914, gepubliseer in 1925), Das Schloss (geskryf in 1922, gepubliseer in 1926) en Der Verschollene (alternatiewe titel Amerika, geskryf tussen 1912 en 1914, gepubliseer in 1927) asook dagboeke en briewe gered.

Die unieke karakter van Kafka se werk maak dit byna onmoontlik om sy romans en verhale volgens styltydperk of ander algemene kenmerke te kategoriseer, alhoewel invloede van bekende skrywers soos Johann Wolfgang von Goethe, Gustave Flaubert, Fjodor Dostojefski, Søren Kierkegaard en Friedrich Nietzsche asook kollegas van Kafka soos Max Brod en Gustav Meyrink aangewys kan word. Kafka se raaiselagtige, soms ironiese simboliek het dikwels psigoanalitiese, biografiese of sosiaal-kritiese en politieke trekke, en is gewoonlik moeilik om te ontsleutel. Sy romankarakters is geïsoleerde mense in 'n meedoënlose, groteske wêreld vol van doolhowe en gewoonlik nie in staat om hul lotgeval te wend nie. Hulle word erg gepla deur skuldgevoelens, maar ken nie die rede of oorsaak daarvan nie. Vir hulle bly die wet iets wat deur anonieme magte misbruik word om kontrole uit te oefen en straf toe te pas.

Kloustrofobiese ervarings en visioene in Kafka se werke het groot invloed op anti-utopiese skrywers en die postmoderne literatuur uitgeoefen. Die byvoeglike naamwoord kafkaesk is as 'n simbool vir 20ste eeuse vrese en traumata gebruik. Kafka se werke is in die Nasionaalsosialistiese periode onderdruk sodat die literêre analise en waardering daarvan eers ná die Tweede Wêreldoorlog begin het. Tans word Franz Kafka as een van die invloedrykste skrywers van die 20ste eeu beskou.

Other Languages
Аҧсшәа: Франц Кафка
Alemannisch: Franz Kafka
aragonés: Franz Kafka
العربية: فرانس كافكا
asturianu: Franz Kafka
Aymar aru: Franz Kafka
azərbaycanca: Frans Kafka
башҡортса: Франц Кафка
Boarisch: Franz Kafka
žemaitėška: Franz Kafka
беларуская: Франц Кафка
беларуская (тарашкевіца)‎: Франц Кафка
български: Франц Кафка
Bislama: Franz Kafka
brezhoneg: Franz Kafka
bosanski: Franz Kafka
буряад: Франц Кафка
català: Franz Kafka
нохчийн: Кафка, Франц
čeština: Franz Kafka
Cymraeg: Franz Kafka
Deutsch: Franz Kafka
Zazaki: Franz Kafka
Ελληνικά: Φραντς Κάφκα
English: Franz Kafka
Esperanto: Franz Kafka
español: Franz Kafka
euskara: Franz Kafka
estremeñu: Franz Kafka
føroyskt: Franz Kafka
français: Franz Kafka
Gaeilge: Franz Kafka
贛語: 卡夫卡
Gàidhlig: Franz Kafka
galego: Franz Kafka
Avañe'ẽ: Franz Kafka
Bahasa Hulontalo: Franz Kafka
עברית: פרנץ קפקא
Fiji Hindi: Franz Kafka
hrvatski: Franz Kafka
Kreyòl ayisyen: Franz Kafka
magyar: Franz Kafka
հայերեն: Ֆրանց Կաֆկա
Արեւմտահայերէն: Ֆրանց Քաֆքա
interlingua: Franz Kafka
Bahasa Indonesia: Franz Kafka
Interlingue: Franz Kafka
Ilokano: Franz Kafka
íslenska: Franz Kafka
italiano: Franz Kafka
Patois: Franz Kafka
ქართული: ფრანც კაფკა
Qaraqalpaqsha: Franz Kafka
Адыгэбзэ: Франц Кафка
Kabɩyɛ: Franz Kafka
қазақша: Франц Кафка
kurdî: Franz Kafka
Кыргызча: Франц Кафка
Lëtzebuergesch: Franz Kafka
Lingua Franca Nova: Franz Kafka
Limburgs: Franz Kafka
lumbaart: Franz Kafka
لۊری شومالی: فرانتس کافکا
lietuvių: Franz Kafka
latviešu: Francs Kafka
Malagasy: Franz Kafka
олык марий: Франц Кафка
Minangkabau: Franz Kafka
македонски: Франц Кафка
монгол: Франц Кафка
кырык мары: Кафка, Франц
Bahasa Melayu: Franz Kafka
Mirandés: Franz Kafka
မြန်မာဘာသာ: ဖရန့်ဇ်ကပ်ဖ်ကာ
مازِرونی: فرانتس کافکا
Plattdüütsch: Franz Kafka
Nederlands: Franz Kafka
norsk nynorsk: Franz Kafka
occitan: Franz Kafka
Livvinkarjala: Franz Kafka
Picard: Franz Kafka
polski: Franz Kafka
Piemontèis: Franz Kafka
پنجابی: فرانز کافکا
português: Franz Kafka
Runa Simi: Franz Kafka
română: Franz Kafka
armãneashti: Franz Kafka
русский: Кафка, Франц
русиньскый: Франц Кафка
саха тыла: Франц Кафка
sicilianu: Franz Kafka
srpskohrvatski / српскохрватски: Franz Kafka
Simple English: Franz Kafka
slovenčina: Franz Kafka
slovenščina: Franz Kafka
српски / srpski: Франц Кафка
Seeltersk: Franz Kafka
svenska: Franz Kafka
Kiswahili: Franz Kafka
Tagalog: Franz Kafka
Türkçe: Franz Kafka
татарча/tatarça: Франц Кафка
українська: Франц Кафка
oʻzbekcha/ўзбекча: Franz Kafka
vèneto: Franz Kafka
vepsän kel’: Kafka Franc
Tiếng Việt: Franz Kafka
Volapük: Franz Kafka
Winaray: Franz Kafka
მარგალური: ფრანც კაფკა
ייִדיש: פראנץ קאפקא
Yorùbá: Franz Kafka
Bân-lâm-gú: Franz Kafka
粵語: 卡夫卡