Franse Rewolusie

Spotprent oor die Franse Rewolusie

Die term Franse Rewolusie verwys na die tydperk tussen 14 Julie 1789 en 9 November 1799 in Frankryk toe Republikeinse magte die absolute monargie afgeskaf het. Die oorgang in 'n republikeinse staatsvorm, die Eerste Franse Republiek, het gepaard gegaan met die skeiding van staat en kerk, die afkondiging van talle regte soos die reg op persoonlike vryheid, pers- en meningsvryheid en die gelykheid van alle burgers voor die wet. Met die beginsel van die volksoewereiniteit is 'n grondwet met regspligte waaraan die staat moes voldoen, 'n onafhanklike regstelsel, algemene stemreg, regverdige belastingwetgewing, beroepsvryheid en ander regte ingevoer.

Die rewolusionêre tydperk in Frankryk is egter ook gekenmerk deur willekeurige geweld, wat in die terreur onder Maximilien Robespierre 'n bloedige hoogtepunt bereik het.

Hoewel die republikeinse staatsvorm in Frankryk eers in 1871 gevestig is, was die Franse Rewolusie een van die ingrypendste historiese omwentelings, nie net vir Frankryk en Europa nie, maar die hele wêreld. Die verreikende gevolge wat dit vir die Westerse beskawing ingehou het, lê ingekerf op menige terreine wat wissel van die staatkundige tot die maatskaplike en ideologiese.

Other Languages
беларуская (тарашкевіца)‎: Француская рэвалюцыя
brezhoneg: Dispac'h Gall
Fiji Hindi: French Revolution
Kreyòl ayisyen: Revolisyon franse
interlingua: Revolution francese
Bahasa Indonesia: Revolusi Perancis
Interlingue: Francés Revolution
Basa Jawa: Revolusi Prancis
Qaraqalpaqsha: Fransuz ko'terilisi
한국어: 프랑스 혁명
къарачай-малкъар: Уллу француз революция
Lëtzebuergesch: Franséisch Revolutioun
Lingua Franca Nova: Revolui Franses
Bahasa Melayu: Revolusi Perancis
Nederlands: Franse Revolutie
srpskohrvatski / српскохрватски: Francuska revolucija
Simple English: French Revolution
slovenščina: Francoska revolucija
oʻzbekcha/ўзбекча: Buyuk fransuz inqilobi
vepsän kel’: Sur' francine revolücii
Tiếng Việt: Cách mạng Pháp
Bân-lâm-gú: Hoat-kok Kek-bēng