Franke

Die Franke was 'n Germaanse volk wat sover bekend vanaf die begin van huidige jaartelling in die huidige Duitsland gewoon het. Hulle kultuur, taal en daaglikse lewenstyl was soortgelyk aan dié van verwante Germaanse volke.

Die begin

Daar word aangeneem dat die Franke oorspronklik ontstaan het as 'n vereniging van diverse Germaanse stamme ( Latyns: Usipeti, Tencteri, Sugambri en Bructeri) wat die Rynvallei en gebiede direk oos daarvan bewoon het. Daar word aangeneem dat hulle oorspronklike stamgebied in die huidige Pommere (Noordoos-Duitsland) of op die Deense eilande geleë was. [1] Gregorius van Tours wat omstreeks 570 'n geskiedenis van die Franke geskryf het, meld dat koning Clovis 'n 'Sicamber' genoem is.

Die vroegste verwysings na die Franke dateer uit die 3de eeu en handel oor die vestiging van Frankiese groepe noordoos van die Ryn en die opsplitsing in twee deelgroepe, die Saliese Franke en die Ripuariese Franke.

Die Saliese Franke het vanaf 290 oor die grens van die Romeinse Ryk, die Ryn, na die weste en die suide uitgebrei. In 355 het hulle van die Romeinse keiser toestemming verkry om hulle as 'bondgenote' op Romeinse gebied in die Scheldevallei en tussen die groot riviere te vestig, om daarna die hele Nederland-benede-die-riviere plus die huidige Vlaandere in besit te neem. Net soos later ook groot dele van Brittanje, het die gebied sodoende sy Kelties- Romaanse karakter kwytgeraak.

In die 5de eeu n.C. het die Romeinse gesag in Wes-Europa in duie gestort. In die noordelike Europese streke het dit beteken dat die beskawing grotendeels 'n terugval in die prehistoriese tydperk beleef het. Daarom is daar maar weinig betroubare inligtingsbronne oor hierdie tydperk. In 486 – tien jaar ná die aftrede van die laaste Wes-Romeinse keiser – het die Frankiese koning Clovis die laaste Romeinse generaal, Syagrius, naby Parys verslaan. Die Franke het hulle uitbreiding vervolgens op die welvarende suide gerig en geleidelik ook Gallië begin verower. Gallië het vervolgens as Frankryk (die ryk van die Franke) bekend gestaan, na aanleiding van die nuwe heersers.

As gevolg van die Frankies-Merowingiese magsuitbreiding in die 6de en 7de eeu het die integrasie van Germaanse groepe oos van die Ryn begin wat in verskillende fases voltooi is. [2] Onder Karel die Grote het die Franke ook nog Spanje ten noorde van die Ebro en een deel van Italië beset en het sodoende die magtigste nuwe staat sedert die val van die Wes-Romeinse Ryk geword.

Other Languages
Alemannisch: Franken (Volk)
aragonés: Francos
Ænglisc: Francan
العربية: فرنجة
مصرى: فرانكس
asturianu: Pueblu francu
azərbaycanca: Franklar
беларуская: Франкі
български: Франки
brezhoneg: Franked
bosanski: Franci
català: Francs
čeština: Frankové
Чӑвашла: Франксем
Cymraeg: Ffranciaid
dansk: Frankere
Ελληνικά: Φράγκοι
English: Franks
Esperanto: Frankoj
español: Pueblo franco
eesti: Frangid
euskara: Frankoak
فارسی: فرانک‌ها
suomi: Frankit
føroyskt: Frankar
français: Francs
Nordfriisk: Franken (fulk)
Frysk: Franken
Gaeilge: Na Frainc
galego: Francos
עברית: פרנקים
hrvatski: Franci
magyar: Frankok
Bahasa Indonesia: Suku Franka
íslenska: Frankar
italiano: Franchi
日本語: フランク人
ქართული: ფრანკები
қазақша: Франктер
한국어: 프랑크인
Kurdî: Frank
Latina: Franci
lumbaart: Franch (pòpol)
lietuvių: Frankai
latviešu: Franki
македонски: Франки
монгол: Франк
Bahasa Melayu: Orang Frank
Nedersaksies: Franken
Nederlands: Franken (volk)
norsk nynorsk: Frankarar
norsk: Frankere
occitan: Francs
polski: Frankowie
português: Francos
română: Franci
русский: Франки
sicilianu: Franchi
Scots: Franks
srpskohrvatski / српскохрватски: Franci
Simple English: Franks
slovenčina: Frankovia
slovenščina: Franki
српски / srpski: Франци
svenska: Franker
Kiswahili: Wafaranki
Türkçe: Franklar
українська: Франки
oʻzbekcha/ўзбекча: Franklar
Tiếng Việt: Người Frank
West-Vlams: Frankn
中文: 法蘭克人
Bân-lâm-gú: Frank lâng
粵語: 法蘭克人