Fossiel

Fossiel van 'n vis.
Fossiel van 'n varing.

'n Fossiel is die oorblyfsel van 'n dier of plant wat in sedimentêre gesteentes behoue gebly het. Fossiele word hoofsaaklik in paleontologie en geologie bestudeer. Die fossiel kan deur die fisiese oorblyfsels van die organisme self gevorm word (liggaamsfossiele), of deur 'n indirekte bewys van die aktiwiteit van die organisme (spoorfossiele). Sommige fossiele ondergaan 'n versteningsproses. Gedurende fossilering of verstening word die liggaam heeltemal of gedeeltelik tydens 'n mineraliseringsproses deur 'n harde klipagte materiaal vervang.[1]

Wat is ’n fossiel?

Die gebruik van die woord ‘fossiel’ verwys na die fisieke bewyse van ’n die bestaan van ’n organisme (plant of dier) wat lewendig was voor aangetekende menslike geskiedenis.[2]  Hierdie prehistoriese bewys sluit die gefossileerde oorblyfsels van lewendige organismes of afdrukke wat hul in sedimentêre gesteentes agtergelaat het, in. Daar is nie ’n vasgestelde datum wat bepaal ‘alles ouer as x is ’n fossiel nie’, hoewel die paleontologiese gemeenskap wêreldwyd enige iets wat ouer as ’n paar duisend jaar is as fossiele beskou. Dit sluit dus die prehistoriese menslike beskawings en die fauna en flora van die ystydperk (bv. Mammoete) sowel as antieke fossiele soos die dinosourusse in.

Die oudste fossiele wat ontdek is, is ongeveer 3.5 biljoen jaar oud, dit was egter eers ongeveer 600 miljoen jaar gelede wat komplekse, multisellulêre lewe begin fossileer het.  Daarom, vir die doel van fossiel ontdekking, soek geoloë, paleontoloë en amateurs vir fossiele wat 600 miljoen jaar en jonger is.[2]

Hoewel fossiele redelik algemeen regoor die wêreld voorkom, is dit slegs ’n klein hoeveelheid lewendige organismes wat uiteindelik fossiele word. Die meeste lewende organismes ontbind bloot sonder enige teken van agter- of oorblyfsels.  Die groot hoeveelheid fossiele in die geologiese rekord,[3] reflekteer dus die hoeveelheid kere wat die toestande gunstig was, en preservering van organismes moontlik was.[4]

Other Languages
العربية: مستحاثة
asturianu: Fósil
azərbaycanca: Fosil
تۆرکجه: فوسیل
беларуская: Акамянеласці
български: Вкаменелост
বাংলা: জীবাশ্ম
brezhoneg: Karrekaenn
bosanski: Fosili
català: Fòssil
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Huá-siŏh
čeština: Fosilie
Cymraeg: Ffosil
dansk: Fossil
Deutsch: Fossil
Ελληνικά: Απολίθωμα
English: Fossil
Esperanto: Fosilio
español: Fósil
eesti: Kivistis
euskara: Fosil
فارسی: سنگواره
suomi: Fossiili
français: Fossile
Frysk: Fossyl
Gaeilge: Iontaise
galego: Fósil
עברית: מאובן
हिन्दी: जीवाश्म
hrvatski: Fosil
Kreyòl ayisyen: Fosil
magyar: Fosszília
Bahasa Indonesia: Fosil
Ido: Fosilo
íslenska: Steingervingur
italiano: Fossile
日本語: 化石
Basa Jawa: Fosil
қазақша: Қазындылар
한국어: 화석
Latina: Fossile
Limburgs: Fossiel
lietuvių: Fosilija
latviešu: Fosilijas
Basa Banyumasan: Fosil
македонски: Фосил
മലയാളം: ജീവാശ്മം
मराठी: जीवाश्म
Bahasa Melayu: Fosil
Plattdüütsch: Fossil
नेपाली: जीवावशेष
Nederlands: Fossiel
norsk nynorsk: Fossil
norsk: Fossil
occitan: Fossil
ଓଡ଼ିଆ: ଜୀବାଶ୍ମ
ਪੰਜਾਬੀ: ਪਥਰਾਟ
português: Fóssil
Runa Simi: Rumiyasqa
română: Fosilă
русский: Фоссилии
Scots: Fossil
سنڌي: فاسل
srpskohrvatski / српскохрватски: Fosil
සිංහල: පොසිල
Simple English: Fossil
slovenčina: Fosília
slovenščina: Fosil
shqip: Fosilet
српски / srpski: Фосил
Basa Sunda: Fosil
svenska: Fossil
Kiswahili: Kisukuku
తెలుగు: శిలాజము
Tagalog: Posil
Türkçe: Fosil
اردو: احفور
Tiếng Việt: Hóa thạch
West-Vlams: Fossiel
Winaray: Posil
ייִדיש: פאסיל
中文: 化石
Bân-lâm-gú: Hòa-chio̍h
粵語: 化石