Fort Lauderdale

Fort Lauderdale
Fort Lauderdale Skyline.jpg

KaartWapen
Map of Florida highlighting Fort Lauderdale.svg
Seal of Fort Lauderdale, Florida.png
Vlag
Flag of Fort Lauderdale, Florida.png
 LandFlag of the United States.svg Verenigde State
 DeelstaatFlag of Florida.svg Florida
 CountyLogo of Broward County, Florida.svg Broward
 Koördinate26°08′09″N 80°08′31″W / 26°08′09″N 80°08′31″W / 26.13583; -80.14194
 Gestig op27 Maart 1911
 Oppervlakte: 
 - Totaal99,9 vk km
 Hoogte bo seevlak2,75 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2012)170 747
 - Bevolkingsdigtheid1 838,3/vk km
 - Metropolitaanse gebied5 762 717
 TydsoneEST (UTC -5)
Somertyd: EDT (UTC -4)
 BurgemeesterJack Seiler
 Amptelike Webwerffortlauderdale.gov

Fort Lauderdale /ˌfɔərt ˈlɔːdərdeɪl/ is 'n stad in Florida in die Verenigde State van Amerika. Die stad lê 37 km (23 myl) noord van Miami aan die kus van die Atlantiese Oseaan. In 2010 het dit 'n bevolking van 165 521 inwoners gehad.[1] Dit is die setel van die 'Broward County' en die hoofstad van die Suid-Florida Metropolitaanse Gebied, wat volgens die 2010-senseus 5 564 635 inwoners het.

Fort Lauderdale is 'n gesogte toeristebestemming. In 2006 het die stad 10.35 miljoen besoekers gelok.[2] Dit word soms die "Venesië van Florida" genoem,[3] vanweë die stad se uitgebreide en ingewikkelde waterkanale. Volgens die statistieke van 2006 het die plek 42 000 seilbote en 100 marinas en skeepswerwe.[2] Dit het spierwit stande met verskeie restaurante, kroeë en nagklubs.

Fort Lauderdale is vernoem na 'n reeks forte wat die Verenigde State gedurende die Florida-oorlog (van 1835 tot 1842) gebou het. Hierdie forte is na majoor William Lauderdale vernoem, die bevelvoerder van die afdeling wat die eerste fort gebou het.[4] Die stad het eers 50 jaar later, na die einde van die konflik begin ontwikkel. Daar was drie forte met die naam "Fort Lauderdale"; die eerste by die vurk van die New River, die tweede by Tarpon Bend langs die New River tussen Colee Hammock en Rio Vista, en die derde naby die Bahia Mar Marina.[4]

Die Suid-Afrikaanse polisieoffisier en 'n bankrower, André Stander is op 13 Februarie 1984 in Fort Lauderdale doodgeskiet.

Other Languages
български: Форт Лодърдейл
brezhoneg: Fort Lauderdale
čeština: Fort Lauderdale
emiliàn e rumagnòl: Fort Lauderdale
Esperanto: Fort Lauderdale
español: Fort Lauderdale
français: Fort Lauderdale
Kreyòl ayisyen: Fort Lauderdale, Florid
Bahasa Indonesia: Fort Lauderdale, Florida
Interlingue: Fort Lauerdale
italiano: Fort Lauderdale
Lëtzebuergesch: Fort Lauderdale
lumbaart: Fort Lauderdale
lietuvių: Fort Loderdeilas
latviešu: Fortloderdeila
Nederlands: Fort Lauderdale
norsk nynorsk: Fort Lauderdale
português: Fort Lauderdale
srpskohrvatski / српскохрватски: Fort Lauderdale, Florida
Simple English: Fort Lauderdale, Florida
српски / srpski: Форт Лодердејл
ślůnski: Fort Lauderdale
Türkçe: Fort Lauderdale
українська: Форт-Лодердейл
vepsän kel’: Fort Loderdeil
Tiếng Việt: Fort Lauderdale, Florida
Volapük: Fort Lauderdale
粵語: 羅德岱堡