Flitsgeheue

'n USB-flitsdryf. Die vlokkie aan die linkerkant is die flitsgeheue. Die toestel se beheerder is aan die regterkant geplaas.

Flitsgeheue is 'n elektroniese (vaste-toestand) nie-vlugtige datastoormedium wat elektries (en selektief) skoongewis en hergeprogrammeer kan word.

Toshiba het die flitsgeheue uit EEPROM (elektriese uitwisbare programmeerbare lees-alleengeheue) ontwikkel in die vroeë 1980's, en dit begin bemark in 1984. Die twee hoofsoorte flitsgeheue is vernoem na die NAND- en NOR- logikahekke. Die indiwiduele flitsgeheueselle toon interne eienskappe soortgelyk aan dié van die ooreenstemmende hekke.

Terwyl EPROMs heeltemal uitgewis moes word voordat daar weer herskryf kon word, kan NAND-tipe geheue in blokke (of bladsye) geskryf en gelees word, wat oor die algemeen baie kleiner is as die hele toestel. NOR-tipe flits laat toe dat 'n enkele masjienwoord (byte) op 'n uitgewiste plek geskryf — of onafhanklik gelees word.

Die NAND-tipe bedryf hoofsaaklik in geheuekaarte, USB-flitsdrywevastetoestanddryf (dié van 2009 of later), en soortgelyke produkte, vir algemene stoor en oordrag van data. [1]

Gebruiksvoorbeelde van beide soorte flitsgeheue sluit in persoonlike rekenaars, PDAs, digitale musiekspelers, digitale kameras, selfone, klanksintetiseerders, videospeletjies, wetenskaplike toerusting, industriële robotika, en mediese elektronika. Benewens die feit dat dit nie-vlugtige geheue bied, verskaf dit vinnige leestoegangstye, hoewel nie so vinnig soos statiese RAM of ROM nie. [2] Sy meganiese skokweerstand verklaar sy gewildheid bo  hardeskywe in draagbare toestelle, soos sy hoë duursaamheid en die vermoë om hoë druk, temperatuur en onderdompeling in water te weerstaan. [3]

  • verwysings

Verwysings

Other Languages
العربية: ذاكرة وميضية
беларуская: Флэш-памяць
български: Флаш-памет
bosanski: Flash memorija
čeština: Flash paměť
Zazaki: Viro flaş
Ελληνικά: Μνήμη φλας
English: Flash memory
Esperanto: Fulmomemoro
español: Memoria flash
eesti: Välkmälu
euskara: Flash memoria
فارسی: حافظه فلش
français: Mémoire flash
hrvatski: Flash memorija
interlingua: Memoria flash
Bahasa Indonesia: Memori kilat
italiano: Memoria flash
Basa Jawa: Memori Kilat
қазақша: Flash жады
lietuvių: Atmintukas
latviešu: Zibatmiņa
олык марий: Flash-шарныш
Bahasa Melayu: Ingatan kilat
Nederlands: Flashgeheugen
norsk: Flashminne
português: Memória flash
română: Memorie flash
русский: Флеш-память
Simple English: Flash memory
slovenčina: Flash pamäť
slovenščina: Bliskovni pomnilnik
српски / srpski: Флеш меморија
svenska: Flashminne
Türkçe: Flaş bellek
українська: Флеш-пам'ять
Tiếng Việt: Bộ nhớ flash
中文: 闪存