Filum

Biological classification L Pengo vflip af.svgLeweDomeinKoninkrykFilumKlasOrdeFamilieGenusSpesie

'n Filum, of ook stam, is 'n woord wat gebruik word in die wetenskaplike klassifikasiestelsel om alle lewendige wesens te klassifiseer. Die oorspronklik Griekse woord (φῦλον, phulon, stam) is aangepas van die familiegroepgebaseerde phylai, Griekse stemgroepe in destydse stadstate. Die filum verteenwoordig die hoogste groepering van organismes. Dit word egter wel soms voorafgegaan deur superfilums.

Daar is ongeveer 35 filums, waarvan nege die oorgrote meerderheid spesies bevat. Talle filums kom uitsluitlik in seewater voor, en net een filum kom glad nie in die wêreld se oseane voor nie: die Onychophora of fluweelwurms. Die bekendste dierefilums is die weekdiere, stekelselliges, platwurms, rondewurms, gesegmenteerde wurms, geleedpotiges, en spinaalkoordiges, die filum waaraan die mens behoort.

Lys van dierefilums

Filum Betekenis Volksnaam Onderskeidende kenmerke Spesies bekend
Acanthocephala Doringkoppe Doringkopwurms Omdopbare stekelrige steeksnuit ongeveer 850
Acoelomorpha Sonder derms Geen mond of spysverteringskanaal
Annelida Ringetjies Gesegmenteerde wurms Veelvuldige sirkelvormige segmente ongeveer 15 000
Arthropoda Gelede pote Geleedpotiges Chitieneksoskelet meer as 1 134 000
Brachiopoda Arms en pote Lampskulpe Lofofoor en stingeltjie (biologie) tussen 300 en 500 nog bestaande
Bryozoa Mosdiere Mosdiere, seematte Lofofoor, geen stingeltjie, vangarms met trilhare ongeveer 5 000 lewende spesies
Chaetognatha Langharige kake Pylwurms Chitienagtige stekels aan weerskante van die kop, vinne ongeveer 100 spesies nog bestaande
Chordata Koorde Spinaalkoordig 'n Hol dorsale senukoord meer as 63 000
Cnidaria Stekelselliges Holtediere Nematosiste ongeveer 10 000
Ctenophora Kamdraers Kamjellies Agt "gekamde rye" van saamgesmelte trilhare ongeveer 100 huidige spesies
Cycliophora Wieldraendes Simbiont Sirkelvormige mond omring deur klein trilhare ten minste 3
Echinodermata Stekelrige velle Vyfvoudige radiale simmetrie, mesodermale versteende stekels ongeveer 7 000 spesies wat nog bestaan
Echiura Stekelsterte Lepelwurms 'n Stel hoeke aan die agterent ongeveer 140
Entoprocta Anus aan die binnekant Bekerwurm Anus aan die binnekant van 'n ring trilhare ongeveer 150
Gastrotricha Harige mae Meiofauna Twee terminale kleefbuise ongeveer 450
Gnathostomulida Kaakopenings Kaakwurms
Hemichordata Halwe koorde Akkerwurms 'n Stomokoord in 'n boordjie ongeveer 100 lewende spesies
Kinorhyncha Beweeglike snoete Modderdrake Elf segmente, elk met 'n dorsale plaat ongeveer 150
Loricifera Borsrokdraers Borselkoppe Sambreelagtige skubbe aan elke ent ongeveer 21
Micrognathozoa Klein kaakdiere Konsertina-agtige uitstootbare borskas 1
Mollusca Dun doppe Weekdiere Gespierde voet en 'n mantel rondom die dop ongeveer 70 000
Myxozoa Slymdiere Polêre kapsules wat soos nematosiste lyk ten minste 12 000
Nematoda Garingagtiges Rondewurms 'n Ronde kruisdeursnit, keratien vliesie 80 000 tot 1 miljoen
Nematomorpha Garingagtige vorms Perdehaarwurms ongeveer 320
Nemertea Seenimfe Striklintwurms ongeveer 1 200
Onychophora Kloudraers Fluweelwurms Chitienagtige kloue aan die punt van die pote ongeveer 110 wat nog bestaan
Orthonectida Reguit swemmers ongeveer 20
Phoronida van die mitologie: 'n meisie genaamd Io op wie Zeus verlief was Perdeskoenwurms 'n U-vormige spysverteringstelsel 20
Placozoa Buisdiere 1
Platyhelminthes Platwurms Platwurms ongeveer 25 000
Porifera Porie-draers Sponse 'n Geperforeerde binnewand meer as 5 000
Priapulida Peniswurms Peniswurms Terugtrekbare snoet omring deur papille 17
Rhombozoa Ruitvormige diere 'n Enkele aksiale sel omring deur trilhaarselle 75
Rotifera Wieldraers Wieldraers 'n Kroon anterior van trilhare ongeveer 2 000
Sipuncula klein buisies Grondboontjiewurms 'n Mond omring deur omkeerbare gryparms 144-320
Tardigrada Stadige stappers Waterbere 'n Liggaam en kop in vier segmente ongeveer 750
Xenoturbellida Vreemde platwurms Trilhaaragtige deuterostoom 2
TOTAAL 1 375 000+
Other Languages
العربية: شعبة (تصنيف)
asturianu: Filu
башҡортса: Тип (биология)
беларуская: Тып (біялогія)
беларуская (тарашкевіца)‎: Тып (біялёгія)
български: Тип (таксономия)
brezhoneg: Skourrad
català: Fílum
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Muòng (sĕng-ŭk-hŏk)
čeština: Kmen (biologie)
Cymraeg: Ffylwm
Ελληνικά: Συνομοταξία
English: Phylum
Esperanto: Filumo
español: Filo
eesti: Hõimkond
euskara: Filum
suomi: Pääjakso
Gaeilge: Fíleam
galego: Filo
Avañe'ẽ: Pehẽ'a
Gaelg: Phylum
Kreyòl ayisyen: Filòm
Bahasa Indonesia: Filum
Ilokano: Pilo
italiano: Phylum
日本語: 門 (分類学)
Basa Jawa: Filum
한국어: 문 (생물학)
Lëtzebuergesch: Stamm (Biologie)
ລາວ: ຟີລຳ
lietuvių: Tipas
മലയാളം: ഫൈലം
Bahasa Melayu: Filum
Malti: Phylum
Napulitano: Phylum
Nederlands: Stam (biologie)
norsk nynorsk: Biologisk rekkje
Kapampangan: Phylum (biolohia)
português: Filo
Runa Simi: Rikch'aq putu
română: Încrengătură
русиньскый: Тіп (біолоґія)
Scots: Phylum
srpskohrvatski / српскохрватски: Koljeno (taksonomija)
Simple English: Phylum
slovenčina: Kmeň (taxonómia)
slovenščina: Deblo (taksonomija)
српски / srpski: Раздео
svenska: Fylum
ไทย: ไฟลัม
Tagalog: Lapi
Türkçe: Şube
татарча/tatarça: Тип (биология)
اردو: قسمہ
oʻzbekcha/ўзбекча: Tip (hayvonlar sistematikasi)
vèneto: Phylum
Tiếng Việt: Ngành (sinh học)
West-Vlams: Stamme (biologie)
Winaray: Phylum
中文: 门 (生物)
Bân-lâm-gú: Mn̂g (hun-lūi-ha̍k)