FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990

FIFA Sokker-Wêreldbeker
Coppa del Mondo FIFA – Italia '90

Replika van die Wêreldbekertrofee waarom meegeding is
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Italië Italië
Datums 8 Junie – 8 Julie
Spanne 24 (van 5 konfederasies)
Stadions 12 (in 12 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland (3 titels)
Tweede plek Vlag van Argentinië Argentinië
Derde plek Vlag van Italië Italië
Vierde plek Vlag van Engeland Engeland
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 52
Doele 115 (2.21 per wedstryd)
Bywoning 2 516 215 (48 389 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Italië Salvatore Schillaci (6 doele)
Beste speler Vlag van Italië Salvatore Schillaci
1986
1994

Die 14de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Italiaans: Coppa del Mondo FIFA – Italia '90; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 8 Junie tot 8 Julie 1990 in Italië aangebied. Dit was die tweede Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Italië aangebied is, ná die toernooi van 1934, en die agtste in Europa. Italië het die tweede land geword wat die toernooi vir 'n tweede keer gehuisves het, net ná Meksiko in 1986.

24 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 deelgeneem. Die spanne is in ses groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep en die vier beste derde plek spanne na die agtste eindrondte deurgedring het. Wes-Duitsland wen die trofee nadat hulle Argentinië met 1–0 in die eindstryd klop en sodoende hulle derde wêreldbeker inpalm. Italië eindig in die derde en Engeland in die vierde plek.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omrede hulle nie 'n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Costa Rica, die Republiek Ierland en die Verenigde Arabiese Emirate het vir die eerste keer aan 'n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Dit was die laaste toernooi tydens die Koue Oorlog en sterk mededingende lande soos die Sowjetunie en Tsjeggo-Slowakye het by die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 hul laaste verskynings gemaak. Die wêreldkampioen Wes-Duitsland het ook vir die laaste keer opgetree, nadat Duitsland later die jaar herenig is. Om presies te wees het die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 vir Duitsland tussen die val van die Berlynse Muur op 9 November 1989 en die Duitse Hereniging op 3 Oktober 1990 plaasgevind.

Other Languages
العربية: كأس العالم 1990
Bahasa Indonesia: Piala Dunia FIFA 1990
Bahasa Melayu: Piala Dunia FIFA 1990
norsk nynorsk: VM i fotball 1990
Simple English: 1990 FIFA World Cup