Entstof

Entstof teen pokke

'n Entstof (of vaksine) is medikasie wat weerstand (immuniteit) teen 'n spesifieke bakteriële of virale siekte veroorsaak. Dit is gewoonlik 'n biologiese agent wat gemaak word van iets wat lewe of gelewe het. Die entstof veroorsaak 'n immuunrespons sonder om die nemer daarvan siek te maak. Nadat 'n persoon (of dier) ingeënt is, is hy beter bestand teen die patogeen waarvoor die entstof voor bedoel is.

Geskiedenis

Edward Jenner

Die term vaksine kom van die Latynse woord vaccinia, bees- of koeipokke.

In die 1770's besef dr. Edward Jenner dat mense wat reeds koeipokke gehad het meestal nie gewone pokke kry nie. Hy vaksineer 'n agtjarige seun op 14 Mei 1796 met koeipokke om dit te toets. Die seun kry koeipokke liggies, maar herstel vinnig. Daarna besmet die arts hom doelbewus met gewone pokke, maar hy kom soos vermoed niks daarvan oor nie. Dit was die eerste geslaagde immunisering met behulp van vaksinering (inenting). [1]

Omdat die inenting van koeipokke minder mense siek gemaak het, word die inenting van gewone pokke in 1840 in Engeland verbied. In 1853 word 'n wet uitvaardig dat elke kind met koeipokke ingeënt moet word. Vandag is pokke byna totaal uitgewis en pokkeinentings is nie meer verpligtend nie.

In die 19de eeu het Louis Pasteur 'n entstof teen hondsdolheid ontwikkel. In die 20ste eeu word entstowwe teen witseerkeel, masels, pampoentjies en rubella bekendgestel. In die 1950's is 'n polio-entstof ontwikkel deur Jonas Salk. Nietemin is daar verskeie siektes waarvoor entstowwe nog ontwikkel moet word, insluitend malaria en MIV. [2]

Other Languages
العربية: لقاح
asturianu: Vacuna
azərbaycanca: Vaksin
беларуская: Вакцына
беларуская (тарашкевіца)‎: Вакцына
български: Ваксина
བོད་ཡིག: འབྲུམ་སྨན།
bosanski: Vakcina
català: Vacuna
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Ĭk-mièu
کوردی: کوتاو
čeština: Vakcína
dansk: Vaccine
Deutsch: Impfstoff
Ελληνικά: Εμβόλιο
English: Vaccine
Esperanto: Vakcino
español: Vacuna
eesti: Vaktsiin
euskara: Txerto
فارسی: واکسن
suomi: Rokote
furlan: Vacine
galego: Vacina
Avañe'ẽ: Tasymombiaha
עברית: חיסון
hrvatski: Cjepivo
Kreyòl ayisyen: Vaksen
magyar: Védőoltás
Bahasa Indonesia: Vaksin
íslenska: Bóluefni
italiano: Vaccino
日本語: ワクチン
Patois: Vaxiin
Basa Jawa: Vaksin
ქართული: ვაქცინა
қазақша: Вакцина
ភាសាខ្មែរ: វ៉ាក់សាំង
한국어: 백신
Latina: Vaccinum
lietuvių: Vakcina
latviešu: Vakcīna
македонски: Вакцина
മലയാളം: വാക്സിൻ
монгол: Вакцин
मराठी: लस
Bahasa Melayu: Vaksin
Nederlands: Vaccin
norsk nynorsk: Vaksine
norsk: Vaksine
ଓଡ଼ିଆ: ଟିକା
polski: Szczepionka
پنجابی: ویکسین
português: Vacina
română: Vaccin
русский: Вакцина
саха тыла: Быһыы
srpskohrvatski / српскохрватски: Vakcina
Simple English: Vaccine
slovenščina: Cepivo
shqip: Vaksina
српски / srpski: Вакцина
Kiswahili: Chanjo
తెలుగు: టీకా
тоҷикӣ: Ваксина
Türkçe: Aşı (tıp)
тыва дыл: Вакцина
українська: Вакцини
اردو: ویکسین
oʻzbekcha/ўзбекча: Vaksinalar
Tiếng Việt: Vắc-xin
Winaray: Bakuna
中文: 疫苗
Bân-lâm-gú: E̍k-chu
粵語: 疫苗