Engelse nasionale rugbyspan

Engeland
Flag of England.svg
UnieRugby Football Union
Bynaam(e)Die Rose
StadionTwickenham
Afrigter(s)Eddie Jones
Kaptein(s)Dylan Hartley
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetseJason Leonard (114)
Meeste toetspunteJonny Wilkinson (1 179)[1]
Meeste drieëRory Underwood (49)
Eerste internasionale wedstryd
(ook die wêreld se eerste)
Vlag van Skotland Engeland Vlag van Engeland
(27 Maart 1871)
Grootste oorwinning
Engeland 134 – 0 Roemenië Vlag van Roemenië
(17 November 2001)
Grootste nederlaag
Vlag van Australië Engeland Vlag van Engeland
(6 Junie 1998)
Wêreldbeker
Verskynings8 (Eerste in 1987)
Beste uitslagKampioen, 2003
Unie webwerf
www.englandrugby.com

Die Engelse nasionale rugbyspan is 'n sportspan wat Engeland in rugby verteenwoordig. Engeland neem jaarliks aan die Sesnasie-kampioenskap deel saam met Frankryk, Ierland, Skotland, Italië, en Wallis. Engeland het die kampioenskap reeds vyf-en-twintig keer gewen insluitend twaalf grand slams. Engeland ding ook met Skotland mee om die Calcuttabeker — waarvan hulle die huidige wenner is — as deel van die Sesnasies. Engeland is in November 2015 agste op die wêreldranglys.

Die geskiedenis van die span strek terug tot 1871 toe die Engelse rugbyspan amptelik hulle eerste toetswedstryd gespeel het. Engeland het die Tuisuniekampioenskap (Engels: Home Nations Championship, nou die Sesnasies) wat in 1883 begin het, gedomineer. Na die skeuring in rugbyvoetbal in 1895 het Engeland nie weer die kampioenskap gewen tot in 1910 nie. Engeland het die eerste keer teen die Nieu-Seelandse All Blacks in 1905 gespeel, teen Suid-Afrika in 1906, en Australië in 1909. Engeland was een van die spanne wat genooi is om aan die eerste Rugbywêreldbeker in 1987 te speel en het voortgegaan om in die eindstryd van die tweede Wêreldbeker in 1991 te speel waar hulle teen Australië verloor het. Na die span se 2003 Sesnasies Grand Slam het Engeland die Rugbywêreldbeker 2003 gewen deur Australië 20–17 in ekstra tyd te klop.

Engelse spelers dra tradisioneel wit broeke, vlootblou kouse en wit truie met 'n rooi geborduurde roos daarop. Die span se tuisstadion is Twickenham-stadion waar hulle vir die eerste keer in 1910 gespeel het. Die span word deur die Rugbyvoetbalunie (RFU) geadministreer. Drie voormalige spelers is in die Internasionale Rugbyheldesaal opgeneem.

Other Languages
Nederlands: Engels rugbyteam