Duitsland

Bundesrepublik Deutschland
Bondsrepubliek Duitsland
Vlag van DuitslandWapen van Duitsland
VlagWapen
Nasionale leuse: Einigkeit und Recht und Freiheit
(Duits vir: "Eenheid én geregtigheid én vryheid")
Volkslied: Die derde strofe van die Deutschlandlied
Ligging van Duitsland
HoofstadBerlyn

52°31′N 13°23′O / 52°31′N 13°23′O / 52.517; 13.383

Grootste stadBerlyn
Amptelike taleDuits1
Regering

President
Kanselier
• President van die Bundestag
• President van die Bundesrat
Federale parlementêre
grondwetlike republiek

Frank-Walter Steinmeier
Angela Merkel
Wolfgang Schäuble[1]
Michael Müller[2]
Onafhanklikheid

2 Februarie 962
8 Junie 1815
18 Januarie 1871
9 November 1918
30 Januarie 1933
23 Mei 1949
7 Oktober 1949
3 Oktober 1990
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
357 168 km2  (62ste)
137 903 myl2
2,416
Bevolking
 - 2018-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
82 800 000[3] (16de)
80 219 695[4]
232 / km2 (58ste)
600,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$4 309 miljard[5] (4de)
$52 045[5] (20ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$3 934 miljard[5] (4de)
$47 535[5] (17de)

MOI (2015)Green Arrow Up Darker.svg 0,926[6] (4de)  –  baie hoog
Gini (2016)29,5[7] –  laag
GeldeenheidEuro (EUR) ()
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLDwww.deutschland.de
Skakelkode+49
1. Deens, Nederduits, Sorbies, Roma en Fries word amptelik erken en as minderheidstale beskerm deur die ECRML.

Duitsland (Duits: Deutschland, [ˈdɔʏtʃlant], ), amptelik die Bondsrepubliek Duitsland (in Afrikaans dikwels ook Federale Republiek Duitsland of Bondsrepubliek Duitsland genoem; Duits: Bundesrepublik Deutschland, [ˈbundəsʁepuˌbliːk ˈdɔjtʃlant], ), is in die sentrum van Europa geleë en vervul in baie opsigte 'n brugfunksie tussen Wes-Europa en die lande van Sentraal- en Oos-Europa.

Die Brandenburgse Poort in die hoofstad Berlyn, simbool van die herenigde Duitsland

Die land word in die noorde begrens deur die Noordsee, Denemarke en die Oossee, in die ooste deur Pole en Tsjeggië, in die suide deur Oostenryk en Switserland, en in die weste deur Frankryk, Luxemburg, België en Nederland. Geen ander land in die Europese Unie het meer buurlande as Duitsland nie.[8]

As 'n geografies uiteenlopende land het Duitsland 'n groot verskeidenheid landskappe wat van die kusgebiede langs die Noord- en Oossee en die uitgestrekte vlaktes van Noord-Duitsland oor die berglandskappe van Sentraal- en Suid-Duitsland tot die Alpe in die uiterste suide strek. Vyf groot rivierstelsels – dié van Ryn, Donau, Elbe, Main en Weser – kom in die land voor en word deur kanale met mekaar en die Europese netwerk van waterweë verbind.

Die Duitse Keiserryk is as 'n nasiestaat verenig tydens die Frans-Duitse Oorlog in 1871. Die huidige Duitsland is 'n demokratiese, parlementêre en federale republiek wat uit 16 deelstate bestaan. Die deelstate kan in sekere sfere, soos onderwys, onafhanklik van die federasie optree. Duitsland is, net soos baie ander Europese lande, 'n sosiale welvaartstaat, wat in sy binnelandse ekonomiese beleid die beginsels van 'n sosiale markekonomie toepas, en ook een van die liberaalste lande ter wêreld waar groot waarde aan omgewingsbewaring en die bestryding van xenofobie geheg word.

Nogtans weeg behoudende waardes steeds swaar in Duitsland wat vanweë sy ryk kulturele, filosofiese en literêre erfenis ook as die "land van digters en denkers" bekendstaan. Ou tradisies word met trots bewaar en gewaardeer, net soos harde werk, juistheid en fiskale verantwoordelikheid.[9]

Die Bondsrepubliek Duitsland is 'n lid van die Verenigde Nasies, NAVO, die G8- en die G4-nasies, asook 'n stigterslid van die Europese Unie. Duitsland, wat sedert die 1990's meer as drie miljoen immigrante uit Oos-Europa ontvang het, het tans die grootste bevolking van enige EU-lidstaat. As een van die wêreld se voorste nywerheidslande, wat hom op meganiese ingenieurswese en masjienbou, voertuie, chemiese produkte en huishoudelike goedere toespits, is Duitsland die grootste ekonomie in Europa en die vierde grootste ter wêreld. Sy ekonomiese en politieke gewig stel die land in staat om sy beleid van fiskale soberheid ook op Europese vlak toe te pas.

Geografie

Nasa-Satellietbeeld van Duitsland
Die Swartwoud in die winter, met die Franse Vogese-bergreeks in die agtergrond
Die Harz-gebergte se hoogste bergpiek, die Brocken, in die winter
Topografiese kaart van Duitsland
Die kasteel Hohentwiel het op een van die gedoofde vulkaankeëls van Hegau ontstaan

Duitsland strek van die kusgebiede langs die Noord- en Oossee tot by die Sentraal-Alpe in die suide (waarvan egter net 'n klein gedeelte op Duitse grondgebied lê). In noord-suidelike rigting strek die Duitse staatsgebied oor 'n afstand van 876 km, in wes-oostelike rigting oor 640 km. Die land word dikwels as die hartland van Europa beskryf en grens aan nege buurlande: Denemarke in die noorde; Nederland, België, Luxemburg en Frankryk in die weste; Oostenryk en Switserland in die suide; en Pole en Tsjeggië in die ooste. Duitsland se internasionale grense loop oor 'n totale afstand van 3 786 km. Die langste gemeenskaplike grens is dié met Oostenryk wat oor 'n afstand van 817 km strek (die Bodenmeer is hierby nie ingereken nie).[10] Die Noord- en Oossee vorm 'n natuurlike grenslyn in die noorde.

In noord-suidelike rigting is daar vier groot geografiese landskappe, wat veral volgens hulle hoogte van mekaar verskil. Die noorde van Duitsland word oorheers deur die Noord-Duitse Vlakte, wat tydens die ystydperke gevorm is.

Die sentrale gedeelte van die land is gekenmerk deur beboste bergreekse, die sogenaamde Mittelgebirge ("Middelgebergtes"). Daar is verskillende tipes van landskappe, onder andere:

  • die gebied van die Mecklenburgse Mere in die noordoostelike vlakte, wat deur gletserpuine gevorm is;
  • die blokberge van die Harz, wat nog voor die Alpe ontstaan het;
  • die beboste bergreekse van die Schwarzwald (Swartwoud) en Böhmerwald, wat net soos die Franse Vogese deur opwaartse geologiese bewegings gevorm is;
  • bekkens van sedimentêre gesteentes soos in die Swabiese Alb (Schwäbische Alb), 'n hoogplato wat as gevolg van erosie gevorm is en nou bo-oor die Neckarvallei met 'n maksimale hoogte van 869 meter verrys;
  • geologies jonge bekkens soos die vlaktes van die Ryn tussen die Switserse stad Basel en Mainz in Rynland-Palts, wat in seismiese opsig nog baie aktief is; en
  • vulkaniese bergreekse soos die Vogelsberg (773 meter) in Hesse, die Vulkaan-Eifel in Rynland-Palts en die Hegau en Kaiserstuhl in Baden-Württemberg wat almal deur aardbewegings, vulkaniese aktiwiteite en uitbarstings gevorm is. Duitsland word lankal nie meer deur aktiewe vulkanisme geraak nie.

Aangesien Duitsland heeltemal op die Eurasiese Plaat lê, kom sterk aardbewings normaalweg nie voor nie. Nogtans word die Rynbreuk in Noordryn-Wesfale, veral in die omgewing van Keulen, as 'n gebied beskou waar 'n groot aardbewing moontlik tot ernstige rampe en lewensverlies kan lei.

Hierdie bergreekse gaan in die mees suidelike deelstate Baden-Württemberg en Beiere geleidelik oor na die Alpynse voetheuwels, 'n landskap wat ook hoofsaaklik teen die einde van die laaste ystydperk gevorm is en gekenmerk word deur gletserpuine, vlaktes en 'n aantal mere soos die Bodenmeer met 'n oppervlakte van 538 vierkante kilometer. Die hoogste bergpiek in die Alpe van Suid-Beiere is die Zugspitze met 2 962 meter.

Die Alpe is die enigste hooggebergte waaraan Duitsland 'n aandeel het. Nogtans is daar 'n aantal bergreekse met bergpieke wat hoogtes van meer as 1 000 meter bereik, soos die Swartwoud met die Feldberg (1 493 meter bo seevlak), die Beierse Woud met die Groot Arber (Großer Arber, 1 456 meter), die Ertsgebergte, die Fichtelgebergte, die Swabiese Gebergte en die Harzgebergte, wat danksy sy geïsoleerde noordelike ligging 'n uitsondering vorm. Die Harz bereik met die Brocken 'n hoogte van 1 142 meter bo seevlak.

Noord van die Middelgebergtes is daar net enkele formasies met 'n hoogte van meer as 100 meter, soos die Fläming in die deelstaat Brandenburg (200 meter).

Eilande

Die Waddensee naby Keitum op die eiland Sylt

Duitsland beskik oor 'n relatief groot aantal eilande wat in die Noordsee meesal as eilandkettings net voor die kuslyn lê. Die twee groot eilandgroepe van die Noordsee is die Noord- en Oos-Friese Eilande. Die Noord-Friese Eilande, waaronder Sylt, Föhr, Amrum en Pellworm, asook die klein Halligen-eilandjies, maak deel uit van Sleeswyk-Holstein, die noordelikste deelstaat. Die eilande was oorspronklik deel van die vasteland, maar is as gevolg van geologiese aktiwiteite van die vasteland afgesny, nádat die gebiede daartussen gedaal het en oorvloed is.

Die Noord-Friese Eilande lê langs die kuslyn van die deelstaat Nedersakse en is geleidelik uit sandbanke gevorm.

Die eilande in die Oossee maak deel uit van die sogenaamde strandmeerkus. Hulle word deur groter oppervlaktes gekenmerk; die grootstes van hierdie eilande is Rügen en Usedom. Die uiterste oostelike deel van Usedom behoort tot Pole.

Die grootste eilande in die binneland is die "blomme-eiland" Mainau, Lindau en die kloostereiland Reichenau in die Bodenmeer en Herrenchiemsee in die Chiemmeer.

Mere

Die bevrore Koningmeer (Königssee) in Beiere

Die mere in Duitsland is grotendeels as gevolg van die laaste ystydperk gevorm, toe voormalige gletservalleie met water opgevul is. Die meeste van die groter mere is dus in gebiede geleë wat vroeër deur binnelandse ysmassa's bedek was, of in die voorland van die gletsers, veral in Mecklenburg en die Alpevoorland.

Die grootste meer waaraan Duitsland 'n aandeel het, is die Bodenmeer (Duits: Bodensee) naby die grens met Switserland en Oostenryk. Die grootste meer wat in sy geheel in Duitsland lê, is die Müritz met 'n oppervlak van 117 vierkante kilometer, wat deel uitmaak van die Mecklenburgse Mereplato.

Die grootste mere na die Bodenmeer en Müritz is die Chiemmeer (Beiere, 80 vierkante kilometer), die Schwerinse Meer (Mecklenburg-Voorpommere, 61 vierkante kilometer), die Starnbergse Meer (Beiere, 56 vierkante kilometer), die Ammermeer (Beiere, 46,6 vierkante kilometer), die Plauer Meer (Mecklenburg-Voorpommere, 38,7 vierkante kilometer), die Kummerowse Meer (Mecklenburg-Voorpommere, 32 vierkante kilometer), die Steinhuder Meer (Nedersakse, 29,12 vierkante kilometer), en die Groot Plönse Meer (Sleeswyk-Holstein, 29 vierkante kilometer).

Riviere

Mis hang oor die Saarschleife, 'n rivierkronkel in Saarland

Die ses groot rivierstelsels van Duitsland is Ryn, Donau, Elbe, Oder, Weser en Eems. In hidrografiese opsig behoort die suide van Duitsland tot die Donau se dreineringsgebied – Europa se grootste rivier na die Russiese Wolga met 'n lengte van meer as 2 800 kilometer (waarvan 647 kilometer op Duitse staatsgebied) wat in die Swartsee uitmond. Groot dele van die Oos-Holsteinse Heuwel- en Mereland noord en noordoos van die Mecklenburgse Mereplato maak deel uit van die Oossee se hidrografiese gebied. Alle ander streke word deur die Ryn, Eems, Weser en Elbe gedreineer wat in die Noordsee uitmond.

Met 'n lengte van 865 km is die Ryn die langste rivier in Duitsland. Die Europese Waterskeiding loop oos van die Rynvallei oor die hoofkam van die Swartwoud en volg daarna die Swabiese en Frankiese Gebergtes. Van die Ryn se totale lengte van 1 320 kilometer loop 865 kilometer deur Duitsland. Die rivier speel 'n belangrike rol in die kulturele geskiedenis van die land en sy mites en legendes, maar vervul daarnaas ook 'n ekonomiese funksie as een van die besigste waterweë in Europa.

Die Elbe ontspring in die Reusegebergte, digby die Pools-Tsjeggiese grens en mond na sowat 1 165 kilometer, waarvan 725 in Duitsland, naby die hawestad Cuxhaven in die Noordsee. Sy belangrikste takriviere is die Saale en die Havel. Die Oder vorm saam met die Neisse Duitsland se grensrivier met Pole, terwyl die Weser se stroomgebied heeltemal in Duitsland lê. Die Eemsrivier vloei deur die uiterste noordweste van Duitsland.

Other Languages
Acèh: Jeureuman
адыгабзэ: Германие
Akan: Germany
Alemannisch: Deutschland
አማርኛ: ጀርመን
aragonés: Alemanya
Ænglisc: Þēodscland
العربية: ألمانيا
ܐܪܡܝܐ: ܓܪܡܢ
مصرى: المانيا
asturianu: Alemaña
авар: Герман
Aymar aru: Alimaña
azərbaycanca: Almaniya
تۆرکجه: آلمان
башҡортса: Германия
Boarisch: Deitschland
žemaitėška: Vuokītėjė
Bikol Central: Alemanya
беларуская: Германія
беларуская (тарашкевіца)‎: Нямеччына
български: Германия
भोजपुरी: जर्मनी
Bislama: Jemani
bamanankan: Alimaɲi
বাংলা: জার্মানি
བོད་ཡིག: འཇར་མན།
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: জার্মানি
brezhoneg: Alamagn
bosanski: Njemačka
ᨅᨔ ᨕᨘᨁᨗ: Jerman
буряад: Германи
català: Alemanya
Chavacano de Zamboanga: Alemania
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Dáik-guók
нохчийн: Германи
Cebuano: Alemanya
Chamoru: Alemaña
ᏣᎳᎩ: ᎠᏛᏥ
Tsetsêhestâhese: Ma'evé'ho'éno
کوردی: ئەڵمانیا
corsu: Germania
qırımtatarca: Almaniya
čeština: Německo
kaszëbsczi: Miemieckô
словѣньскъ / ⰔⰎⰑⰂⰡⰐⰠⰔⰍⰟ: Нѣмьци
Чӑвашла: Германи
Cymraeg: Yr Almaen
dansk: Tyskland
Deutsch: Deutschland
Zazaki: Almanya
dolnoserbski: Nimska
डोटेली: जर्मनी
ދިވެހިބަސް: ޖަރުމަނުވިލާތް
ཇོང་ཁ: ཇཱར་མ་ནི
eʋegbe: Germany
Ελληνικά: Γερμανία
emiliàn e rumagnòl: Germâgna
English: Germany
Esperanto: Germanio
español: Alemania
eesti: Saksamaa
euskara: Alemania
estremeñu: Alemaña
فارسی: آلمان
Fulfulde: Almaanya
suomi: Saksa
Võro: S'aksamaa
Na Vosa Vakaviti: Jamani
føroyskt: Týskland
français: Allemagne
arpetan: Alemagne
Nordfriisk: Tjüschlönj
furlan: Gjermanie
Frysk: Dútslân
Gaeilge: An Ghearmáin
Gagauz: Germaniya
贛語: 德國
Gàidhlig: A' Ghearmailt
galego: Alemaña
گیلکی: آلمان
Avañe'ẽ: Alemáña
गोंयची कोंकणी / Gõychi Konknni: जर्मनी
𐌲𐌿𐍄𐌹𐍃𐌺: 𐌲𐌰𐌹𐍂𐌼𐌰𐌽𐌾𐌰
ગુજરાતી: જર્મની
Hausa: Jamus
客家語/Hak-kâ-ngî: Tet-koet
Hawaiʻi: Kelemānia
עברית: גרמניה
हिन्दी: जर्मनी
Fiji Hindi: Germany
hrvatski: Njemačka
hornjoserbsce: Němska
Kreyòl ayisyen: Almay
Հայերեն: Գերմանիա
interlingua: Germania
Bahasa Indonesia: Jerman
Interlingue: Germania
Igbo: Jémanị
Ilokano: Alemania
ГӀалгӀай: Германи
íslenska: Þýskaland
italiano: Germania
ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ/inuktitut: ᔮᒪᓂ
日本語: ドイツ
Patois: Joermani
la .lojban.: dotygu'e
Basa Jawa: Jérman
ქართული: გერმანია
Qaraqalpaqsha: Germaniya
Taqbaylit: Lalman
Адыгэбзэ: Джэрмэн
Kabɩyɛ: Caama
Kongo: Alemanyi
Gĩkũyũ: Njĩrĩmani
қазақша: Германия
kalaallisut: Tyskit Nunaat
ភាសាខ្មែរ: អាល្លឺម៉ង់
ಕನ್ನಡ: ಜರ್ಮನಿ
한국어: 독일
Перем Коми: Немечму
къарачай-малкъар: Германия
Ripoarisch: Dütschland
kurdî: Almanya
kernowek: Almayn
Кыргызча: Германия
Latina: Germania
Ladino: Almania
Lëtzebuergesch: Däitschland
лезги: Германия
Lingua Franca Nova: Deutxland
Luganda: Girimane
Limburgs: Duitsland
Ligure: Germania
lumbaart: Germania
lingála: Alémani
لۊری شومالی: آلمان
lietuvių: Vokietija
latgaļu: Vuoceja
latviešu: Vācija
मैथिली: जर्मनी
Basa Banyumasan: Jerman
Malagasy: Alemaina
олык марий: Немыч Эл
Māori: Tiamana
Baso Minangkabau: Jerman
македонски: Германија
മലയാളം: ജർമ്മനി
монгол: Герман
मराठी: जर्मनी
Bahasa Melayu: Jerman
Malti: Ġermanja
Mirandés: Almanha
မြန်မာဘာသာ: ဂျာမနီနိုင်ငံ
مازِرونی: آلمان
Dorerin Naoero: Djermani
Nāhuatl: Alemania
Napulitano: Germania
Plattdüütsch: Düütschland
Nedersaksies: Duutslaand
नेपाली: जर्मनी
नेपाल भाषा: जर्मनी
Nederlands: Duitsland
norsk nynorsk: Tyskland
norsk: Tyskland
Novial: Germania
Nouormand: Allemangne
Sesotho sa Leboa: Jeremane
Chi-Chewa: Germany
occitan: Alemanha
Livvinkarjala: Germuanii
Oromoo: Jarmanii
ଓଡ଼ିଆ: ଜର୍ମାନୀ
Ирон: Герман
ਪੰਜਾਬੀ: ਜਰਮਨੀ
Pangasinan: Alemanya
Kapampangan: Alemanya
Papiamentu: Alemania
Picard: Alemanne
Deitsch: Deitschland
Pälzisch: Deutschland
पालि: जर्मनी
Norfuk / Pitkern: Doichland
polski: Niemcy
Piemontèis: Almagna
پنجابی: جرمنی
Ποντιακά: Γερμανία
پښتو: المان
português: Alemanha
Runa Simi: Alimanya
rumantsch: Germania
Romani: Jermaniya
Kirundi: Ubudage
română: Germania
armãneashti: Ghermãnia
tarandíne: Germanie
русский: Германия
русиньскый: Нїмецько
Kinyarwanda: Ubudage
संस्कृतम्: शर्मण्यदेशः
саха тыла: Германия
sardu: Germania
sicilianu: Girmania
Scots: Germany
سنڌي: جرمني
davvisámegiella: Duiska
srpskohrvatski / српскохрватски: Njemačka
සිංහල: ජර්මනිය
Simple English: Germany
slovenčina: Nemecko
slovenščina: Nemčija
Gagana Samoa: Siamani
chiShona: Germany
Soomaaliga: Jarmalka
shqip: Gjermania
српски / srpski: Њемачка
Sranantongo: Doysrikondre
SiSwati: IJalimane
Sesotho: Jeremane
Seeltersk: Düütsklound
Basa Sunda: Jérman
svenska: Tyskland
Kiswahili: Ujerumani
ślůnski: Mjymcy
தமிழ்: ஜெர்மனி
ತುಳು: ಜರ್ಮನಿ
తెలుగు: జర్మనీ
tetun: Alemaña
тоҷикӣ: Олмон
ትግርኛ: ጀርመን
Türkmençe: Germaniýa
Tagalog: Alemanya
Tok Pisin: Siamani
Türkçe: Almanya
Xitsonga: Jarimani
татарча/tatarça: Алмания
chiTumbuka: Germany
Twi: Gyaaman
reo tahiti: Heremani
тыва дыл: Германия
удмурт: Германия
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: گېرمانىيە
українська: Німеччина
اردو: جرمنی
oʻzbekcha/ўзбекча: Germaniya
vèneto: Germania
vepsän kel’: Saksanma
Tiếng Việt: Đức
West-Vlams: Duutsland
Volapük: Deutän
walon: Almagne
Winaray: Alemanya
Wolof: Almaañ
吴语: 德国
isiXhosa: IJamani
მარგალური: გერმანია
ייִדיש: דייטשלאנד
Yorùbá: Jẹ́mánì
Vahcuengh: Dwzgoz
Zeêuws: Duutsland
中文: 德国
文言: 德國
Bân-lâm-gú: Tek-kok
粵語: 德國
isiZulu: IJalimani