Duitse Bond

Deutscher Bund
Duitse Bond
Flag of the Habsburg Monarchy.svg
Flag of the Kingdom of Prussia (1803-1892).svg
1815–1866
VlagWapenskild
VlagWapen
Ligging of Duitsland
Die Duitse Bond in 1820. Die twee belangrikste magte - Die Keiserryk Oostenryk (geel) en die Koninkryk Pruise (blou) - was nie heeltemal binne die Bond se grense (rooi) nie.
HoofstadFrankfurt am Main (slegs as setel van federale liggame)
50°07′N 8°41′O / 50.117; 8.683
Taal/TaleDuits
RegeringMonargie
Koning
 - 1815–1835Frans II
 - 1835–1848Ferdinand I
 - 1848–1866Frans Josef I
WetgewerFederale vergadering
Historiese tydperkNuwe Tyd
 - Stigting8 Junie 1815
 - Ontbinding23 Augustus 1866
Voorafgegaan deur
Opgevolg deur
Alleged flag of the Rhine Confederation 1806-13.svgRynbond
Flag of the Habsburg Monarchy.svgKeiserryk Oostenryk
Flag of the Kingdom of Prussia (1803-1892).svgKoninkryk Pruise
Noord-Duitse BondFlag of the German Empire.svg
Keiserryk OostenrykFlag of the Habsburg Monarchy.svg
Koninkryk BeiereFlag of Bavaria (striped).svg
Koninkryk WürttembergFlagge Königreich Württemberg.svg
Koninkryk SakseFlagge Königreich Sachsen (1815-1918).svg
Die Duitse Bond tussen 1815 en 1865
Europa ná die Kongres van Wene

Die Duitse Bond (Duits: Deutscher Bund) was 'n statebond van merendeels Duitssprekende state wat voorheen deel uitgemaak het van die Heilige Romeinse Ryk of die Napoleontiese Rynbond. Die Duitse Bond, wat tussen 1815 en 1866 bestaan het, is op 8 Junie 1815 gedurende die Kongres van Wene (1814–1815) as deel van 'n Europese vredeskikking in die lewe geroep.

Napoleon Bonaparte se nederlaag was Europese moondhede vasbeslote om die ou monargiese stelsels te herstel. Maar hierdie voorneme het uiteindelik misluk omdat die maatskaplike situasie té ingewikkeld was, terwyl die Duitse Bond in uiteenlopende en botsende belange verstrengel geraak het. So was daar 'n magstryd tussen die twee grootste Duitssprekende state, Pruise en Oostenryk, waarna later deur historici as Duitse dualisme verwys is, onenigheid oor 'n gemeenskaplike grondwet vir die Bond en die negatiewe uitwerkings van die Rewolusie in 1848 en 1849.

Die Bond se stigtingsdokument, die Deutsche Bundesakte, is deur 39 gevolmagtigdes van die toekomstige lidstate onderteken, waaronder 35 prinsdomme en vier vrye stede; die 39ste lidstaat, Hesse-Homburg, het eers in 1817 tot die Bond toegetree. Die getal lidstate het, ondanks die toetreding van nuwe lede, as gevolg van samesmeltings tot 1863 gekrimp tot 35. Kope en erflatings was die belangrikste redes vir samesmeltings. In die geval van die Koninkryk Pruise en die Keiserryk Oostenryk het slegs dié landsdele by die Duitse Bond aangesluit wat voorheen reeds deel uitgemaak het van die Heilige Romeinse Ryk.

In 1815 het die Duitse Bond 'n oppervlakte van sowat 630 100 km² met 'n bevolking 29,2 miljoen gehad. Dié getal het tot 1865 gegroei tot 47,7 miljoen.

Die Duitse Bond is as gevolg van die Duitse Oorlog in 1866 nog in dieselfde jaar volgens die Praagse Vredesooreenkoms ontbind. Vanaf November 1870 het ná die toetreding van die drie Suid-Duitse state tot die Noord-Duitse Bond vir 'n kort tydperk 'n nuwe, kortstondige "Duitse Bond" ontstaan. Ná die Duitse rykstigting in 1871 het dit deel van die Duitse Keiserryk geword.

Other Languages
azərbaycanca: Almaniya ittifaqı
беларуская: Германскі саюз
български: Германски съюз
čeština: Německý spolek
eesti: Saksa Liit
hrvatski: Njemački Savez
Bahasa Indonesia: Konfederasi Jerman
日本語: ドイツ連邦
한국어: 독일 연방
Кыргызча: Герман союзу
Lëtzebuergesch: Däitsche Bond
latviešu: Vācu Savienība
Bahasa Melayu: Gabungan Jerman
Nederlands: Duitse Bond
norsk nynorsk: Det tyske forbundet
srpskohrvatski / српскохрватски: Nemački savez
Simple English: German Confederation
slovenčina: Nemecký spolok
slovenščina: Nemška zveza
Tiếng Việt: Liên bang Đức
Bân-lâm-gú: Tek-ì-chì Pang-liân