Deens

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Dene.
Deens
dansk 
Uitspraak:[d̥anˀsɡ̊]
Gepraat in:Vlag van Denemarke Denemarke

Vlag van Noorweë Noorweë
Vlag van Swede Swede
Vlag van Ysland Ysland
Vlag van Duitsland Duitsland 

Gebied:Noord-Europa
Totale sprekers:5,5 miljoen[1] 
Rang:90
Taalfamilie:Indo-Europees
 Germaans
  Noord-Germaans
   Oos-Skandinawies
    Deens 
Skrifstelsel:Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:Flag of Europe Europese Unie
Nordic Council icon.png Nordiese Raad
Vlag van Denemarke Denemarke
Gereguleer deur:Dansk Sprognævn
Taalkodes
ISO 639-1:da
ISO 639-2:dan
ISO 639-3:dan 
Verspreiding van Deens

Deens (dansk [d̥anˀsɡ̊] of dansk sprog [ˈd̥anˀsɡ̊ ˈsb̥ʁɔʊ̯ˀ]) is 'n Noord-Germaanse of Skandinawiese taal met ongeveer 5,5 miljoen sprekers. Dit is de facto die amptelike taal van Denemarke en een van die amptelike tale van Groenland en die Faroëreilande (waar meestal die Gøtudanskt-variant van Deens gebruik word). Daar woon ook in die Noord-Duitse gebied Sleeswyk-Holstein 'n klein Deenssprekende minderheid van ongeveer 50 000 mense,[2] terwyl Deens ook as 'n taalvak in hierdie deelstaat se skole aangebied word. Deens speel nog steeds 'n belangrike rol as tweede verpligte vreemde taal (naas Engels) in Ysland se onderwysstelsel. In die voormalige Karibiese kolonies van Deens-Wes-Indië het Deens in die loop van die 20ste eeu as omgangstaal verdwyn.

Geskatte verspreiding van Oud-Noors en verwante tale in die vroeë 10de eeu: ██ Oud-Wes-Noors ██ Oud-Oos-Noors ██ Oud-Goties ██ Oud-Engels (Wes-Germaans) ██ Kontinentale Wes-Germaanse tale ██ Krim-Goties (Oos-Germaans)
Verspreiding van Deense dialekte
Deense sleutelbord met die letters Æ, Ø en Å

Deens is nou verwant aan die ander twee vastelandse Skandinawiese tale, Noors en Sweeds, en tot by die vroeë 11de eeu het Oud-Nordies as die gemeenskaplike Skandinawiese taal gedien. Daarna het twee Nordiese taalgroepe begin ontwikkel - Wes- en Oos-Nordies. Deens maak saam met Sweeds deel uit van die Oos-Nordiese groep.

Deens het in die volgende eeue 'n groot aantal woorde uit ander tale ontleen: Nederduits het die Deense taal onder meer met terme uit die ambags- en handelswêreld, gereedskappe, stowwe en tekstiele en kos, Nederlands met seevaartterme en Romaanse tale met terme uit die mode-, kuns- en bankbedryf verryk. Rundstück, 'n Nederduitse variant van die Duitse woord Brötchen ("rolletjie") wat nog steeds in Hamburg, Sleeswyk-Holstein en dele van Nedersakse gebruiklik is, is byvoorbeeld ook as die Deense en Noorse woord (rundstykke) ontleen.

Alhoewel die Deense woordeskat sterk deur die Nederduitse taal beïnvloed is, kan daar nie sprake van 'n dialekkontinuüm in Sleeswyk-Holstein en Denemarke wees nie; daar het dus 'n harde taalgrens bestaan wat vroeër langs die lyn Eider-Treene-Eckernförde geloop het. Sedert die Hoë Middeleeue het die Duitse taalgebied egter ook noord van die Eiderrivier uitgebrei. Vandag fungeer die Deens-Duitse grens ook as die taalgrens tussen Deens en Duits.

Die Nordiese tale Deens, Sweeds en Noors is onderling redelik verstaanbaar. Dene, Noorweërs en Swede gebruik onderling dan ook dikwels 'n soort 'interskandinawies', waarby veral Dene dikwels hulle uitspraak aanpas omdat die uitspraak van Deens sterk verskil van die geskrewe vorm. Vervaardigers van produkte wat dwarsoor die Europese Unie en Noorweë versprei word, gebruik vanweë die nou verwantskap tussen Deens en Noors dikwels die Deense gebruiksaanwysing ook vir die Noorse taalgebied.

Deens word geskryf met die Latynse alfabet, waaraan na die z drie tekens toegevoeg is: Æ/æ, Ø/ø en Å/å. Hierdie word as aparte letters gesien. Die letters q, w, x en z word byna nooit gebruik nie.

In teenstelling met Noors en Sweeds is Deens nie 'singerig' nie, dit is geen toontaal nie. Kenmerkend van Deens is die betekenisonderskeidende glottisslag (glottal stop, in Deens stød).

Other Languages
Аҧсшәа: Адат бызшәа
Alemannisch: Dänische Sprache
አማርኛ: ዳንኛ
aragonés: Idioma danés
Ænglisc: Denisc sprǣc
العربية: لغة دنماركية
مصرى: دنماركى
asturianu: Idioma danés
azərbaycanca: Danimarka dili
башҡортса: Дан теле
žemaitėška: Danu kalba
беларуская: Дацкая мова
беларуская (тарашкевіца)‎: Дацкая мова
български: Датски език
brezhoneg: Daneg
bosanski: Danski jezik
català: Danès
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Dăng-măh-ngṳ̄
нохчийн: Датхойн мотт
qırımtatarca: Dan tili
čeština: Dánština
Чӑвашла: Дан чĕлхи
Cymraeg: Daneg
dolnoserbski: Dańšćina
Ελληνικά: Δανική γλώσσα
emiliàn e rumagnòl: Danéś
Esperanto: Dana lingvo
español: Idioma danés
eesti: Taani keel
euskara: Daniera
føroyskt: Danskt mál
français: Danois
arpetan: Danouès
Nordfriisk: Däänsk
Frysk: Deensk
Gagauz: Dan dili
Gàidhlig: Danmhairgis
Gaelg: Danvargish
客家語/Hak-kâ-ngî: Tân-ma̍k-ngî
עברית: דנית
हिन्दी: डेनिश भाषा
Fiji Hindi: Danish bhasa
hrvatski: Danski jezik
hornjoserbsce: Danšćina
magyar: Dán nyelv
հայերեն: Դանիերեն
interlingua: Lingua danese
Bahasa Indonesia: Bahasa Denmark
íslenska: Danska
italiano: Lingua danese
ქართული: დანიური ენა
Qaraqalpaqsha: Dan tili
Taqbaylit: Tadanict
Адыгэбзэ: Даниэбзэ
қазақша: Дат тілі
kalaallisut: Qallunaatut
ភាសាខ្មែរ: ភាសាដាណឺម៉ាក
한국어: 덴마크어
коми: Дан кыв
kernowek: Danek
Кыргызча: Дания тили
Lëtzebuergesch: Dänesch
Lingua Franca Nova: Dansce (lingua)
Limburgs: Deens
lumbaart: Lèngua danéza
lietuvių: Danų kalba
latviešu: Dāņu valoda
мокшень: Данонь кяль
олык марий: Датчан йылме
македонски: Дански јазик
മലയാളം: ഡാനിഷ് ഭാഷ
Bahasa Melayu: Bahasa Denmark
эрзянь: Датонь кель
Plattdüütsch: Däänsche Spraak
Nedersaksies: Deens
Nederlands: Deens
norsk nynorsk: Dansk
norsk: Dansk
Novial: Danum
occitan: Danés
Livvinkarjala: Danien kieli
Kapampangan: Amanung Danes
Papiamentu: Danés
Picard: Danoé
Norfuk / Pitkern: Danish
Piemontèis: Lenga danèisa
پنجابی: ڈنمارکی
Runa Simi: Dan simi
română: Limba daneză
русский: Датский язык
Scots: Dens leid
davvisámegiella: Dánskkagiella
srpskohrvatski / српскохрватски: Danski jezik
Simple English: Danish language
slovenčina: Dánčina
slovenščina: Danščina
Gagana Samoa: Fa'atenimaka
српски / srpski: Дански језик
Seeltersk: Deensk
svenska: Danska
Kiswahili: Kidenmark
Tagalog: Wikang Danes
Tok Pisin: Tok Denmak
Türkçe: Danca
татарча/tatarça: Дания теле
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: دانىش تىلى
українська: Данська мова
oʻzbekcha/ўзбекча: Dan tili
vepsän kel’: Danijan kel'
Tiếng Việt: Tiếng Đan Mạch
West-Vlams: Deens
Volapük: Danänapük
walon: Daenwès
Winaray: Danes
მარგალური: დანიური ნინა
ייִדיש: דעניש
中文: 丹麦语
Bân-lâm-gú: Tan-be̍h-gí
粵語: 丹麥文