Chromosoom

’n Diagram van die gerepliseerde en verdigte chromosoom van ’n eukarioot. 1. Chromatied. 2. Sentromeer. 3. Kort arm. 4. Lang arm.

Chromosome (van die Griekse χρῶμα chrōma, "kleur" en σῶμα sōma‚ "liggaam", [1] dus letterlik "kleurliggaam") is makromolekulêre samestellings wat gene en dus ook erflike inligting bevat. Hulle bestaan uit DNS, wat saam met baie proteïene bekend as histone en verskeie ander makromolekules verpak is. Twee suster- chromatiede (halwe chromosome) is by die sentromeer aan mekaar geheg.

Hierdie DNS, proteïene en makromolekules word saam chromatien genoem, en chromatien is weer saam met ander makromolekules verpak in ’n struktuur bekend as ’n nukleosoom.

Beskrywing

Chromosome kom voor in die selkerns van eukariote (lewende wesens met selkerns), waartoe alle diere, plante en swamme behoort. Prokariote (lewende wesens sonder selkerns) soos bakterieë en Archaea het geen chromosome in die ware sin nie, maar een of meer meestal ringvormige DNS-molekules wat soms bakteriële chromosome genoem word.

Feitlik alle DNS van eukariote lê in die chromatien. ’n Klein deeltjie lê in die mitochondria en by plante in die chloroplaste. Hier is die DNS ook ringvormig, nes by bakteriële chromosome.

Die X-vorm waarin chromosme gewoonlik uitgebeeld word, kom net vir ’n kort rukkie tydens kerndeling ( mitose) voor – in die metafase. In hierdie verdigte toestand met twee chromatiede is die chromosome sonder verkleuring met ’n ligmikroskoop sigbaar. Tussen kerndelings, in die interfase, bestaan chromosome in selkerns in ’n "ontspanne", onverdigte toestand.

Verdigting van die gedupliseerde chromosome tydens seldeling ( mitose of meiose) het óf ’n struktuur met vier arms (skets regs bo) tot gevolg as die sentromeer in die middel van die chromosoom geleë is óf ’n struktuur met twee arms as die sentromeer naby een van die punte geleë is. Chromosomale herbinding tydens meiose en die daaropvolgende seksuele voortplanting speel ’n baie belangrike rol in genetiese diversiteit.

Other Languages
Alemannisch: Chromosom
العربية: كروموسوم
asturianu: Cromosoma
azərbaycanca: Xromosom
تۆرکجه: کوروموزوم
беларуская: Храмасома
български: Хромозома
brezhoneg: Kromozom
bosanski: Hromosom
català: Cromosoma
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Niēng-sáik-tā̤
کوردی: کرۆمۆسۆم
čeština: Chromozom
Cymraeg: Cromosom
dansk: Kromosom
Deutsch: Chromosom
Ελληνικά: Χρωμόσωμα
English: Chromosome
Esperanto: Kromosomo
español: Cromosoma
eesti: Kromosoom
euskara: Kromosoma
فارسی: کروموزوم
suomi: Kromosomi
français: Chromosome
Nordfriisk: Kromosoom
Frysk: Gromosoom
Gaeilge: Crómasóm
galego: Cromosoma
客家語/Hak-kâ-ngî: Ngiam-set-thí
עברית: כרומוזום
हिन्दी: गुण सूत्र
hrvatski: Kromosomi
Kreyòl ayisyen: Kwomozòm
magyar: Kromoszóma
Հայերեն: Քրոմոսոմ
Bahasa Indonesia: Kromosom
íslenska: Litningur
italiano: Cromosoma
日本語: 染色体
Basa Jawa: Kromosom
ქართული: ქრომოსომა
한국어: 염색체
Kurdî: Kromozom
Кыргызча: Хромосомалар
Latina: Chromosoma
lumbaart: Cromusoma
lietuvių: Chromosoma
latviešu: Hromosoma
олык марий: Хромосом
македонски: Хромозом
монгол: Хромосом
मराठी: गुणसूत्र
Bahasa Melayu: Kromosom
မြန်မာဘာသာ: ခရိုမိုဆုမ်း
नेपाली: गुणसूत्र
Nederlands: Chromosoom
norsk nynorsk: Kromosom
norsk: Kromosom
occitan: Cromosòma
ਪੰਜਾਬੀ: ਗੁਣਸੂਤਰ
polski: Chromosom
پنجابی: کروموسوم
português: Cromossomo
română: Cromozom
русский: Хромосома
Scots: Chromosome
srpskohrvatski / српскохрватски: Kromosom
Simple English: Chromosome
slovenčina: Chromozóm
slovenščina: Kromosom
shqip: Kromozomi
српски / srpski: Хромозом
Basa Sunda: Kromosom
svenska: Kromosom
Kiswahili: Chembeuzi
తెలుగు: వారసవాహిక
тоҷикӣ: Хромосома
Tagalog: Kulaylawas
Türkçe: Kromozom
татарча/tatarça: Хромосома
українська: Хромосома
oʻzbekcha/ўзбекча: Xromosomalar
Tiếng Việt: Nhiễm sắc thể
Winaray: Kromosoma
isiXhosa: I-chromosome
ייִדיש: כראמאזאם
Yorùbá: Krómósómù
中文: 染色体
Bân-lâm-gú: Jiám-sek-thé
粵語: 染色體