C.J. Langenhoven

C.J. Langenhoven
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
C. J. Langenhoven met Mev. Langenhoven by die kerk in Oudtshoorn op die huweliksdag van hul dogter, Engela, in 1926.

GeboortenaamCornelis Jacob Langenhoven
Gebore13 Augustus 1873
Hoeko, Ladismith
Oorlede15 Julie 1932
Oudtshoorn
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepSkrywer, redakteur, politikus
ReligieNederduits Gereformeerd
HuweliksmaatLenie van Velden
Kind(ers)Engela

C.J. Langenhoven was ’n regsgeleerde, koerantredakteur en Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg. Hy het as skrywersname C.J. Langenhoven en Sagmoedige Neelsie gebruik. Sy rol in die Afrikaanse literatuur en kultuurgeskiedenis was formidabel. As Volksraadslid en senator speel hy ’n groot rol in die erkenning van Afrikaans as amptelike landstaal.