Côtes-d'Armor

Côtes-d'Armor (22)
Ligging van Côtes-d'Armor in Frankryk
GewesBretagne
PrefektuurSaint-Brieuc
OnderprefektureDinan
Guingamp
Lannion
Bevolking569 500 inw.
(2006)
Bevolkingsdigtheid82 inw./vk km
Oppervlakte6 878 vk km
Arrondissemente4
Kantonne52
Munisipaliteite373
President van die
Conseil général
Alain Cadec
(Les Républicains)

Die Côtes-d'Armor is 'n département in die région Bretagne, Frankryk, met 'n oppervlakte van 6 878 km² en sowat 569 500 inwoners (2006). Die naam van die département is afgelei van die Bretonse Arvot - "kusland", maar ook "land in die see" as 'n verwysing na die talle eilande langs die kus, in teenstelling met Argoad, die binneland – en sy vroeëre naam, Côtes-du-Nord (Bretons: Aodoù-an-Arvor).

Côtes-d'Armor: Die vuurtoring van Paon

Die Côtes-d'Armor het 'n kuslyn van 350 kilometer langs die suidelike Engelse Kanaal, met die bekende rotswande van Plouha, die strande van Saint-Michel en die Kus van die Pienk Graniet (Frans: Côte de Granit Rose). Die tradisies en rykdom van die streek is nou met die see verbind, en daar is baie visserhawens met 'n kleurryke geskiedenis.

Die fynproewers vergader in die najaar en lente in die baai van Saint-Brieuc, om van die Sint-Jakobsmossels te proe wat vars gevang is. Die département met sy talle jaghawens is ook 'n paradys vir watersport-entoesiaste.

Die hartland van die Côtes-d'Armor is 'n gebied van pragtige natuurskoon, rustigheid en stilte. Sy kulturele erfenis sluit landelike kastele, ou dorpies, kapelle en megaliete in.

Geskiedenis

Die Amoco Cadiz

Die département word op 4 Maart 1790 geskep en beslaan feitlik die gebied van die vroeëre hertogdom Saint-Brieuc. Vir tweehonderd jaar word die naam Côtes-du-Nord gebruik, wat deur baie inwoners as ongeskik geag word. In 1990 is die naam verander na Côtes-d'Armor.

Die gebied van Côtes-d'Armor was eeue lank 'n belangrike sentrum van die Bretonse laken- en linnedoeknywerheid, en stede soos Moncontour met sy indrukwekkende stadsmuur en Dinan met sy graniet- en vakwerkhuise is pragtige voorbeelde van hierdie ryke verlede.

Op 16 Maart 1978 is die kuslyn van Côtes-d'Armor deur een van die grootste olie-seerampe in die geskiedenis van die moderne seevaart getref, toe die tenker Amoco Cadiz naby Portsall voor die Bretonse kus vergaan het. Sowat 220 000 ton ru-olie het binne 'n kort tyd uitgeloop en meer as 400 kilometer kuslyn in Bretagne besmet.

Duisende seevoëls het as gevolg van die ramp gesterf, wat 'n skade van 750 miljoen VSA-dollar vir die Bretonse ekonomie berokken en veral die vissery en die toerisme getref het. Die sensitiewe ekostelsel van die Bretonse kuslyn het eers jare ná die ramp volledig herstel.

Other Languages
aragonés: Costas d'Armor
беларуская: Кот-д’Армор
беларуская (тарашкевіца)‎: Кот-д’Армор
български: Кот д'Армор
brezhoneg: Aodoù-an-Arvor
čeština: Côtes-d'Armor
Чӑвашла: Кот-д'Армор
Esperanto: Côtes-d'Armor
español: Costas de Armor
français: Côtes-d'Armor
Gàidhlig: Aodoù-an-Arvor
客家語/Hak-kâ-ngî: Côtes-d'Armor-sén
Հայերեն: Կոտ դ'Արմոր
Bahasa Indonesia: Côtes-d'Armor
íslenska: Côtes-d'Armor
italiano: Côtes-d'Armor
ქართული: კოტ-დ’არმორი
қазақша: Кот-д’Армор
Limburgs: Côtes-d'Armor
lumbaart: Côtes-d'Armor
lietuvių: Kot d'Armoras
latviešu: Kotdarmora
Bahasa Melayu: Côtes-d'Armor
Plattdüütsch: Côtes-d'Armor
Nederlands: Côtes-d'Armor
norsk nynorsk: Côtes-d'Armor
Kapampangan: Côtes-d'Armor
Piemontèis: Côtes-d'Armor
português: Côtes-d'Armor
română: Côtes-d'Armor
русский: Кот-д’Армор
davvisámegiella: Côtes-d'Armor
srpskohrvatski / српскохрватски: Côtes-d'Armor
Simple English: Côtes-d'Armor
slovenčina: Côtes-d’Armor
slovenščina: Côtes-d'Armor
српски / srpski: Обале Армора
Kiswahili: Côtes-d'Armor
Türkçe: Côtes-d'Armor
українська: Кот-д'Армор
Tiếng Việt: Côtes-d'Armor
Bân-lâm-gú: Côtes-d'Armor