Bronkode

'n Voorbeeld van 'n HalloWêreld program wat in C# geskryf is.

Bronkode word in sagteware-ontwikkeling gebruik om 'n reeks stellings en/of verklarings voor te stel in 'n formaat wat maklik deur mense gelees kan word deur die toepassing van 'n betrokke programmeertaal.

'n Rekenaarprogram word gewoonlik saamgestel uit een of meer tekslêers. Dele van 'n program kan ook gestoor word in 'n databasis as 'n gestoorde prosedure of selfs brokkies kode in verskeie media.

Sommige rekenaarstelsel is meer kompleks as ander en verg dan meer beheer oor die bronkode. In sulke gevalle is dit moontlik dat 'n span ontwikkelaars toegang het tot dieselfde stel bronkode. Dit kan lei tot probleme indien een ontwikkelaar die veranderings van 'n ander oorskryf. In sulke gevalle word 'n bronkodebeheerstelsel gebruik.

Doel

Bronkode word hoofsaaklik gebruik as die invoer na die proses om 'n uitvoerbare program te skep deur die bronkode te voer na 'n samesteller of 'n Vertaler. Dit word ook soms gebruik om algoritmes te kommunikeer aan mede-ontwikkelaars (b.v. brokkies bronkode in boeke).

Sagteware-ontwikkelaars bestudeer ook dikwels bronkode om nuwe tegnieke baas te raak en sodoende hul programmeervaardighede te verbeter.

Bronkode word saamgestel om uitgevoer te word binne 'n relevante omgewing. Tipies word 'n spesifieke sentraleverwerkingseenheid en bedryfstelsel geteiken. Die uitvoerbare program wat geskep is deur so aksie kan dus nie op 'n ander platform loop nie. Indien die bronkode beskikbaar is, is dit moontlik om dit dan saam te stel om die nodige platform te teiken. In sommige gevalle is dit ook nuttig om die bronkode byderhand te hê om nuwe bronkode te skep vir die nuwe omgewing. Dit is veral die geval waar die tegnologie waarin die bronkode is verouder tot so 'n mate dat dit sin maak om na 'n nuwe omgewing op te gradeer. 'n Voorbeeld is Visual Basic 6 na Visual Basic.NET.

Other Languages
العربية: كود مصدري
asturianu: Códigu fonte
azərbaycanca: Mənbə kodu
беларуская: Зыходны код
беларуская (тарашкевіца)‎: Крынічны код
български: Изходен код
বাংলা: সোর্স কোড
bosanski: Izvorni kod
català: Codi font
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Nguòng-dâi-mā
čeština: Zdrojový kód
dansk: Kildekode
Deutsch: Quelltext
English: Source code
Esperanto: Fontkodo
español: Código fuente
eesti: Lähtekood
euskara: Iturburu kode
فارسی: کد منبع
français: Code source
עברית: קוד מקור
हिन्दी: मूल कोड
hrvatski: Izvorni kod
Bahasa Indonesia: Kode sumber
italiano: Codice sorgente
한국어: 소스 코드
Кыргызча: Баштапкы код
lietuvių: Išeitinis kodas
latviešu: Pirmkods
олык марий: Тӱҥалтыш код
Bahasa Melayu: Kod sumber
Mirandés: Código fuonte
မြန်မာဘာသာ: ဆို့စ်ကုတ်ဒ်
Nederlands: Broncode
norsk nynorsk: Kjeldekode
norsk: Kildekode
Pälzisch: Kwälldegschd
português: Código-fonte
Runa Simi: Pukyu qillqa
română: Cod sursă
русский: Исходный код
srpskohrvatski / српскохрватски: Izvorni kod
Simple English: Source code
slovenčina: Zdrojový kód
slovenščina: Izvorna koda
српски / srpski: Изворни код
svenska: Källkod
Türkçe: Kaynak kodu
українська: Початковий код
اردو: سورس کوڈ
Tiếng Việt: Mã nguồn
中文: 源代码
Bân-lâm-gú: Goân-sú-bé
粵語: 原始碼