Britse Lugmag

Britse Lugmag
RAF-Badge.svg
Gestig1 April 1918
LandVerenigde Koninkryk
Onderdeel vanBritse Gewapende Magte
TipeLugmag
LogoLogo of the Royal Air Force.svg

VaandelVaandel van die Britse Lugmag
RondeelRAF roundel.svg
HoofkwartierMOD Main Building, Whitehall
Aantal lede37 200 Gereelde en RAuxAF
33 980 Gereelde Reserwe
606 vliegtuie (Verdere 135 bestel)[1]
MarsRoyal Air Force March Past
VeldslaeEerste Wêreldoorlog
Tweede Wêreldoorlog
Korea-oorlog
Viëtnamoorlog
Golfoorlog
Die Sopwith Camel was die vernaamste Britse vliegtuig in die Eerste Wêreldoorlog. Daar is meer as 20 000 van die vliegtuie gebou.

Die Britse Koninklike Lugmag (Engels: Royal Air Force, afgekort RAF) is die lugmag van die Verenigde Koninkryk. Die lugmag is in 1918 gestig[2] deur die samesmelting van die Koninklike Vliegkorps en die Britse Vloot se lugdiens. Dit is die oudste lugmag ter wêreld.[3] Die eerste hoof van die Britse Lugmag was Hugh Trenchard.

Die Britse Lugmag beskik oor verskeie basisse oor die wêreld, insluitende in die Verenigde Koninkryk, Falkland-eilande, Siprus en Gibraltar. Hierdie basisse het gewoonlik 'n voorvoegsel 'RAF' wat staan vir "Royal Air Force". Voorbeelde van hierdie basisse is: RAF Lossiemouth in Skotland, RAF Valley in Wallis, RAF Aldergrove in Noord-Ierland en RAF Linton-on Ouse in Engeland.

Die Britse Lugmag beskik oor moderne vliegtuie soos die Eurofighter Typhoon, Panavia Tornado en die BAE Hawk. Die Hawk word gebruik om vlieëniers van snelbewegende vliegtuie op te lei.

Fotogalery van die lugmag se moderne vliegtuie

Other Languages
aragonés: Royal Air Force
asturianu: Royal Air Force
brezhoneg: Royal Air Force
bosanski: Royal Air Force
čeština: Royal Air Force
Esperanto: Reĝa aerarmeo
français: Royal Air Force
italiano: Royal Air Force
lietuvių: Royal Air Force
Nederlands: Royal Air Force
norsk nynorsk: Royal Air Force
português: Força Aérea Real
română: Royal Air Force
srpskohrvatski / српскохрватски: Kraljevske zračne snage
Simple English: Royal Air Force
slovenčina: Royal Air Force