Bristol

Bristol
Bristol landmarks collage.png

Ligging van Bristol in EngelandWapen
EnglandBristol.png
Bristol arms cropped.jpg
Kaart van Bristol
99Bristol outline map with UK.png
 LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
 GraafskapBristol
 Koördinate51°27′N 2°35′W / 51°27′N 2°35′W / 51.450; -2.583
 Oppervlakte: 
 - Totaal110 vk km
 Hoogte bo seevlak11 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2015)442 500
 - Bevolkingsdigtheid3 892/vk km
 TydsoneGMT
 - SomertydGMT +1
 BurgemeesterMarvin Rees (Lab)
 Amptelike Webwerfbristol.gov.uk

Bristol (Wallies: Bryste) is 'n stad en internasionale hawe in die suidweste van Engeland (in die Verenigde Koninkryk).[1] Dit is 'n nywerheidstad naby die Walliese grens met 'n bevolking van 442 500 (2015-sensus). Die stad se historiese handelsbetrekkinge met ander wêrelddele word onder meer weerspieël in die feit dat Bristol sy naam aan altesaam 29 plekke in die Verenigde State van Amerika, twee plekke in Kanada en een elk in Jamaika, Peru en Costa Rica verleen het.

Bristol is in die 10de eeu as 'n nedersetting en klein seehawe in die uiterste weste van die Angel-Saksiese magsgebied gestig. Terwyl handelsbande aanvanklik veral met Ierland geknoop is, het Bristol se seehawe, wat in die gebied van die huidige Harbourside geleë was, in die volgende twee eeue steeds verder in belangrikheid toegeneem. In die Middeleeue was Bristol reeds die tweede grootste stad in Engeland ná Londen.

Handelsbande is tot in die 17de eeu na die Kanariese Eilande, Noord- en Suid-Amerika, Afrika en Wes-Indië uitgebrei. Bristol sy welvaart in dié tydperk aan die sogenaamde "driehoekshandel" te danke gehad waarby metaalware, glas en pêrels vanuit Engeland na Wes-Afrika verskeep, slawe uit Wes-Afrika na Wes-Indië geneem en suikerriet, rum, koffie, kakao en tabak vir die inheemse Engelse mark ingevoer is. Toe die slawehandel in die laat 18de eeu sy hoogtepunt bereik het, is jaarliks sowat 70 000 Wes-Afrikaanse slawe na Wes-Indiese plantasies vervoer.

Die Clifton-hangbrug oor die Avon Gorge is op 8 Desember 1864 vir die publiek geopen en het sedertdien die simbool van die moderne Bristol geword. Die foto wys die brug soos gesien vanuit Leigh Woods in Noord-Somerset

In die 18de en 19de eeu is nuwe plaaslike nywerhede gevestig, waaronder tabakverwerking, yster-, koper-, porselein- en glasvervaardiging asook 'n florerende sjokoladebedryf. Om die nadelige uitwerkings van die getyeverskil (die tweede grootste ter wêreld) in Bristol se seehawe teen te werk, is tussen 1804 en 1809 'n gesofistikeerde stelsel van sluise gebou om die waterpeil langs Bristol se kaaie stabiel te hou – 'n projek waarna as Floating Harbour verwys is.

In die tyd van die nywerheidsomwenteling het Engeland se ekonomiese swaartepunt noordwaarts begin verskuif en Bristol se langdurige agteruitgang begin. Ná die afskaffing van slawerny het skeepsbou en later vliegtuigvervaardiging tot die vernaamste ekonomiese bedrywe ontwikkel. Die relatief noue Avonrivier, wat afhanklik van die inkomende gety is, het weens die diepgang van groot stoomskepe gaandeweg sy belangrikheid vir die oorsese skeepvaart verloor. Die nuwe hawe, wat in die gebied van Avonmouth en Royal Portbury ontstaan het, word deur moderne skeepsdokke, olieraffinaderye en nywerheidsparke oorheers. In die 1980's het ook ondernemings uit die inligtingsbedryf, soos Hewlett-Packard en IBM, filiale in Bristol gevestig.

Geskiedenis

Daar was 'n Romeinse stad genoem Abona in die gebied van die huidige voorstad van Sea Mills. Later was daar 'n dorp aan die Avonrivier wat in Oud-Engels as Brycgstow bekend gestaan het (letterlik Die plek by die brug).

Other Languages
አማርኛ: ብርስተል
aragonés: Bristón
Ænglisc: Bricgstōw
العربية: برستل
asturianu: Brístol
azərbaycanca: Bristol
беларуская: Брысталь
беларуская (тарашкевіца)‎: Брыстал
български: Бристъл
brezhoneg: Bristol
bosanski: Bristol
català: Bristol
čeština: Bristol
Cymraeg: Bryste
dansk: Bristol
Deutsch: Bristol
Zazaki: Bristol
Ελληνικά: Μπρίστολ
English: Bristol
Esperanto: Bristolo
español: Brístol
eesti: Bristol
euskara: Bristol
فارسی: بریستول
suomi: Bristol
Gaeilge: Briostó
Gàidhlig: Bristol
galego: Bristol
Gaelg: Bristol
Hausa: Bristol
עברית: בריסטול
हिन्दी: ब्रिस्टल
hrvatski: Bristol
magyar: Bristol
Հայերեն: Բրիստոլ
Bahasa Indonesia: Bristol
Interlingue: Bristol
Ido: Bristol
íslenska: Bristol
italiano: Bristol
日本語: ブリストル
ქართული: ბრისტოლი
қазақша: Бристоль
한국어: 브리스틀
kernowek: Bristol
Latina: Bristolium
Lëtzebuergesch: Bristol (England)
lumbaart: Bristol
lietuvių: Bristolis
latviešu: Bristole
македонски: Бристол
മലയാളം: ബ്രിസ്റ്റൽ
मराठी: ब्रिस्टल
Mirandés: Bristol
مازِرونی: بریستول
norsk nynorsk: Bristol
norsk: Bristol
Nouormand: Bristo
ਪੰਜਾਬੀ: ਬਰਿਸਟਲ
polski: Bristol
Piemontèis: Bristol
پنجابی: برسٹل نگر
português: Bristol
Runa Simi: Bristol
română: Bristol
русский: Бристоль
sicilianu: Bristullu
Scots: Bristol
davvisámegiella: Bristol
srpskohrvatski / српскохрватски: Bristol
Simple English: Bristol
slovenščina: Bristol
shqip: Bristol
српски / srpski: Бристол
svenska: Bristol
Kiswahili: Bristol
ślůnski: Bristol
Tagalog: Bristol
Türkçe: Bristol
Twi: Bristol
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: Bristol
українська: Бристоль
اردو: برسٹل
oʻzbekcha/ўзбекча: Bristol
Tiếng Việt: Bristol
West-Vlams: Bristol
Volapük: Bristol
Winaray: Bristol
ייִדיש: בריסטאל
Yorùbá: Bristol
Bân-lâm-gú: Bristol
粵語: 碧仙桃