Bremerhaven

Bremerhaven
Blick vom Radarfunkturm2.JPG

KaartWapen
Locator map HB (Bremerhaven) in Germany.svg
Wappen Bremerhaven.svg
Vlag
Bremerhaven.png
 LandVlag van Duitsland Duitsland
 DeelstaatFlag of Bremen.svg Bremen
 Koördinate53°33′N 08°35′O / 53°33′N 08°35′O / 53.550; 8.583
 Stigting1 Mei 1827
 Stadstatus18 Oktober 1851
 Oppervlakte: 
 - Totaal93,82 vk km
 Hoogte bo seevlak2 m
 Bevolking: 
 - Totaal (30 November 2014)109 897[1]
 - Bevolkingsdigtheid1 171,4/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2 (MEST)
 Klimaat 
 - TipeGematigde seeklimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur9,4 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie1,8 / 17,4 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae741,5 mm
 BurgemeesterMelf Grantz (SPD)
 Amptelike Webwerfbremerhaven.de

Bremerhaven (Nederduits: Bremerhoben) is met 'n oppervlakte van 94 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 110 000 die grootste stad aan die Duitse Noordseekus. Bremerhaven is op 1 Mei 1827 deur Bremiese koopmans as 'n seehawe vir die stad Bremen, wat sowat 60 kilometer suid van die kus lê, gestig en het op 18 Oktober 1851 stadstatus verkry. Vandag vorm Bremerhaven saam met Bremen die stadstaat Vrye Hansestad Bremen, die kleinste deelstaat van die Federale Republiek van Duitsland.

Naas die hawe, wat tussen 1830 en 1974 die belangrikste seehawe vir Europese emigrante was van waar sowat sewe miljoen emigrante die seereis na hul nuwe oorsese tuislande begin het en wat vandag as die tweede grootste invoerhawe vir oorsese voertuie in Europa dien, vorm skeepsbou, voedselverwerking en toerisme die ekonomiese basis van die stad. Bremerhaven fungeer daarnaas as die kulturele en opvoedkundige sentrum vir sowat 300 000 bewoners van die gebied tussen die riviere Weser en Elbe.

Geografie

Die stad Bremerhaven in die deelstaat Bremen
Die stadshorison
Die Geestemonding

In Bremerhaven mond die Geesterivier in die Weser uit, wat op sy beurt naby die stad in die Noordsee uitmond. Bremerhaven se stadsgebied met die hawegeriewe en sluise langs die Buiteweser (Duits: Außenweser) strek oor 'n lengte van sowat 17 kilometer en 'n wydte van tot by vier kilometer. Die stad lê sowat twee meter bo seevlak, en die hoogste punt is 'n heuwel wat as uitloper van die Hohe Lieth sowat 11,1 meter bo seevlak verrys.

Die Hohe Lieth is 'n geestlandskap ('n soort sanderige terrein wat effens hoër geleë is) wat saam met die Bevenstedter Moorgeest suid van die Geesterivier die sogenaamde Wesermünder Geest vorm. Danksy die ligging op die Geest is die meeste ou stadswyke van die huidige Bremerhaven soos Lehe, Geestendorf en Wulsdorf teen stormvloede beskerm.

Die tweede landskap in die gebied, waar Bremerhaven oorspronklik gestig is, word Marsch genoem - die Wurster Marsch lê noord en die Würdener Marsch suid van die Geesterivier. Kleiner waddengebiede lê in die Weserrrivier.

Voor die kus lê die eiland Mellum, 'n belangrike voëlreservaat, en die vuurtoring Roter Sand, een van die bekendstes ter wêreld. Die eiland Helgoland kan vanaf Bremerhaven binne twee ure per skip bereik word.

Klimaat

Danksy die nabyheid van die Noordsee het Bremerhaven 'n gelykmatige seeklimaat. Langdurige hittegolwe met temperature van meer as 30 °C kom in die somermaande nouliks voor, terwyl die kwik in die winter selde benede -10 °C daal. Sneeuval kom nouliks voor. Die stad het 'n gemiddelde jaarlikse reënval van 741,5 mm, waarby Junie en Julie die natste maande van die jaar is. Februarie is die droogste maand met 36 mm.

Die hoogste temperatuur, wat ooit in Bremerhaven aangeteken is, was 35,8 °C op 9 Augustus 1992, die laagste -18,6 °C op 25 Februarie 1956.[2]

Other Languages
العربية: بريمرهافن
asturianu: Bremerhaven
تۆرکجه: برمرهافن
Boarisch: Bremahavn
žemaitėška: Brėmerhafens
беларуская: Брэмергафен
български: Бремерхафен
brezhoneg: Bremerhaven
català: Bremerhaven
Cebuano: Bremerhaven
čeština: Bremerhaven
Deutsch: Bremerhaven
Ελληνικά: Μπρεμερχάφεν
English: Bremerhaven
Esperanto: Bremerhaven
español: Bremerhaven
euskara: Bremerhaven
فارسی: برمرهافن
français: Bremerhaven
Nordfriisk: Bremerhuuwen
Gaeilge: Bremerhaven
Gàidhlig: Bremerhaven
עברית: ברמרהאפן
hrvatski: Bremerhaven
magyar: Bremerhaven
Bahasa Indonesia: Bremerhaven
Interlingue: Bremerhaven
italiano: Bremerhaven
한국어: 브레머하펜
lietuvių: Brėmerhafenas
latviešu: Brēmerhāfene
Bahasa Melayu: Bremerhaven
Plattdüütsch: Bremerhoben
Nederlands: Bremerhaven
norsk nynorsk: Bremerhaven
polski: Bremerhaven
پنجابی: بریمرہیون
português: Bremerhaven
română: Bremerhaven
русский: Бремерхафен
саха тыла: Брэмэрһаффен
srpskohrvatski / српскохрватски: Bremerhaven
Simple English: Bremerhaven
slovenčina: Bremerhaven
српски / srpski: Бремерхафен
Seeltersk: Bremerhoawen
svenska: Bremerhaven
ślůnski: Bremerhaven
Türkçe: Bremerhaven
татарча/tatarça: Бремерһафен
українська: Бремергафен
Tiếng Việt: Bremerhaven
Volapük: Bremerhaven
Winaray: Bremerhaven
Bân-lâm-gú: Bremerhaven