Bremen

Hierdie artikel handel oor die Duitse stad. Vir ander gebruike, sien Bremen (dubbelsinnig).

Bremen
Bremen-rathaus-dom-buergerschaft.jpg

SchuettingWahlspruch.jpg

KaartWapen
Locator map HB (Bremen) in Germany.svg
Bremen Wappen(Mittel).svg
Vlag
Flag of Bremen.svg
 LandVlag van Duitsland Duitsland
 DeelstaatFlag of Bremen.svg Bremen
 Koördinate53°05′N 08°48′O / 53°05′N 08°48′O / 53.083; 8.800
 StigtingVoor 8ste eeu
 Stadstatus1186 Vrye Ryksstad
 Oppervlakte: 
 - Totaal325,56 vk km
 Hoogte bo seevlak11 m
 Bevolking: 
 - Totaal (30 November 2015)556 326[1]
 - Bevolkingsdigtheid1 708,8/vk km
 - Metropolitaanse gebied1 511 198
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2 (MEST)
 Klimaat 
 - TipeGematigde seeklimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur8,8 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie0,8 / 16,8 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae696 mm
 BurgemeesterCarsten Sieling (SPD)
 Amptelike Webwerfbremen.de

Bremen (Duits: [ˈbʀeːmən] , Nederduits ook Breem of Bräm, Nedersaksies: Breemn) is die hoofstad en grootste stad van die Duitse deelstaat Vrye Hansestad Bremen, wat dikwels ook net "Bremen" genoem word. As die kleinste deelstaat van Duitsland behels die stadstaat naas Bremen slegs een ander stad, Bremerhaven, wat sowat 60 kilometer verder noord geleë is.

Bremen is met 'n bevolking van meer as 556 000 die tweede grootste stad in Noord-Duitsland na Hamburg en die tiende grootste in Duitsland. Die stad is die setel van die Bremense parlement (Duits: Bremer Bürgerschaft), die regering van die deelstaat (Senaat van Bremen, Duits: Bremer Senat) en van die meeste instellings en geregshowe van die deelstaat.

Historiese fasades op die markplein

In die vroeë Middeleeue het Bremen 'n belangrike rol by die Christelike sendingwerk in Noord- en Noordoos-Europa gespeel en was ook die biskopsetel vir Noord-Europa. As een van die magtige seehandelstede van die Hansebond het Bremen in die 13de eeu tot een van die eerste republikeinse stadstate in Europa ontwikkel wat deur welvarende koopmansgesinne oorheers is. Ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog is Bremen deur Amerikaanse troepe beset en het later een van drie stadstate in die Federale Republiek van Duitsland geword.

Alhoewel die oop see sowat een uur per motor van Bremen af lê, is die getye op die Weserrivier twee keer per dag duidelik waarneembaar. Die promenade langs die Weser was vroeër die middelpunt van Bremen se besige seehawe, en plaaslike koopmanne het handel met alle bekende gebiede gedryf. Vandag word seevrag veral in die Neustädter Hafen en Bremen se moderne susterstad Bremerhaven met hul uitgebreide houerterminale gehanteer. Die seehawe is die tweede belangrikste invoerhawe vir motors in Europa en hanteer jaarliks sowat 1,4 miljoen voertuie. Tans is Daimler AG (vroeër DaimlerChrysler AG) die grootste privaat werkgewer, terwyl Airbus in Bremen met 3 100 werknemers oor die tweede grootste werksterrein in Duitsland na Hamburg beskik.

Bremen het na die agteruitgang van sy tradisionele skeepsbou en die verskuiwing van hawegeriewe tot 'n moderne kulturele, wetenskaplike en hoëtegnologiesentrum ontwikkel. Bremen het daarnaas ondanks die grootskaalse oorlogskade van die jare 1940 tot 1945 'n ryke argitektoniese erfenis van verskillende tydperke bewaar, waaronder 'n historiese stadskern met winkellane en 'n groot aantal museums en ander kulturele instellings wat van die stad 'n gewilde toeristebestemming maak. Die stad bestaan vandag uit 'n historiese stadskern en uitgebreide voorstede wat meestal hul eie spesifieke, soms selfs landelike karakter bewaar het.

Other Languages
Alemannisch: Bremen
አማርኛ: ብሬመን
aragonés: Bremen
العربية: بريمن (مدينة)
Aymar aru: Bremen
azərbaycanca: Bremen
تۆرکجه: برمن
беларуская: Брэмен
беларуская (тарашкевіца)‎: Брэмэн
български: Бремен
буряад: Бремен
català: Bremen
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Bremen
нохчийн: Бремен
کوردی: برێمن
čeština: Brémy
Cymraeg: Bremen
dansk: Bremen
Deutsch: Bremen
Zazaki: Bremen
dolnoserbski: Bremen
Ελληνικά: Βρέμη
emiliàn e rumagnòl: Bréma
English: Bremen
Esperanto: Bremeno
español: Bremen
eesti: Bremen
estremeñu: Bremen
فارسی: برمن
suomi: Bremen
français: Brême
Nordfriisk: Bremen (stää)
Gàidhlig: Bremen
galego: Bremen
𐌲𐌿𐍄𐌹𐍃𐌺: 𐌱𐍂𐌴𐌼𐌰𐌹𐌽
Gaelg: Bremen
Hausa: Bremen
客家語/Hak-kâ-ngî: Bremen
עברית: ברמן
हिन्दी: ब्रेमेन
hrvatski: Bremen
hornjoserbsce: Bremen (město)
հայերեն: Բրեմեն
Bahasa Indonesia: Bremen (kota)
Interlingue: Bremen
Ilokano: Bremen
íslenska: Bremen
italiano: Brema
日本語: ブレーメン
ქართული: ბრემენი
Qaraqalpaqsha: Bremen
한국어: 브레멘
Ripoarisch: Bremen
kurdî: Bremen
kernowek: Bremen
Кыргызча: Бремен
Latina: Brema
Lëtzebuergesch: Bremen
lumbaart: Brema
lietuvių: Brėmenas
latviešu: Brēmene
македонски: Бремен
монгол: Бремен
मराठी: ब्रेमन
Bahasa Melayu: Bremen
မြန်မာဘာသာ: ဘရီမန်မြို့
Plattdüütsch: Bremen
Nedersaksies: Breemn
Nederlands: Bremen (stad)
norsk nynorsk: Byen Bremen
occitan: Brèma (vila)
Ирон: Бремен
ਪੰਜਾਬੀ: ਬਰੇਮਨ
Kapampangan: Bremen
Papiamentu: Bremen
Pälzisch: Bremen
polski: Brema
português: Bremen
Runa Simi: Bremen
română: Bremen
русский: Бремен
саха тыла: Брэмэн
sardu: Brema
Scots: Bremen
سنڌي: بريمن
srpskohrvatski / српскохрватски: Bremen (grad)
Simple English: Bremen
slovenčina: Brémy
slovenščina: Bremen
shqip: Bremeni
српски / srpski: Бремен
svenska: Bremen
Kiswahili: Bremen
ślůnski: Bremen
Türkçe: Bremen
татарча/tatarça: Bremen
chiTumbuka: Bremen
Twi: Bremen
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: Brémén
українська: Бремен
اردو: بریمین
oʻzbekcha/ўзбекча: Bremen
vepsän kel’: Bremen
Tiếng Việt: Bremen
Volapük: Bremen
Winaray: Bremen
Yorùbá: Bremen
中文: 不来梅
Bân-lâm-gú: Bremen
粵語: 不來梅