Bourgeoisie

Bourgeois aan die einde van die 13de eeu. Kopie van 'n Miniatuur in Manuskrip no. 6820, in die Nasionale Biblioteek van Parys.

Die bourgeoisie is een van die ryk klasse waarin 'n kapitalistiese samelewing verdeel word, volgens sekere westerse ekonomiese denkwyses, veral in Marxisme. Die term is 'n Franse woord afgelei van die Italiaanse borghesia (van borgo, dorp, wat op sy beurt van die Griekse pyrgos kom). 'n Borghese is dus iemand wat 'n huis in die sentrum van 'n dorp het.

'n Bourgeois-klas het in die Middeleeuse Italië verskyn, waar inwoners van dorpe ryker begin raak het as die mense in die omliggende platteland. Dit het hulle relatief meer mag en invloed in die samelewing gegee, wat hulle nader gebring het aan die regerende klas en godsdiensstand, en verder van die landelike klasse. Die tipiese middeleeuse bourgeoisie was die meuleienaar, wat só vinnig soveel invloed oor die plaaslike ekonomie verkry het dat hy selfs sy prins kon veto.

In die daaropvolgende eeue was die term beter toegepas om die eerste bankiers en mense in ontwikkelende aktiwiteite soos handel en finansiering mee te definieer.

Volgens die Marxistiese definisie word iedereen by die bourgeoisie gereken wat nie sy werkkrag moet verkoop om sy lewensonderhoud te verdien nie. Die spesifieke Franse term bourgeoisie kom uit die tyd van die Franse Rewolusie (vanaf 1789) en word as sinoniem vir "besittersklas" gebruik. Danksy die Marxistiese literatuur word "bourgeoisie" in die 19de eeu 'n politieke skeldwoord wat gelykstaan aan "uitbuitende besittersklas".

  • verwysings

Verwysings

Other Languages
aragonés: Burguesía
العربية: برجوازية
asturianu: Burguesía
azərbaycanca: Burjuaziya
башҡортса: Буржуазия
беларуская: Буржуазія
български: Буржоазия
brezhoneg: Bourc'hizelezh
bosanski: Buržoazija
català: Burgesia
čeština: Měšťanstvo
dansk: Borgerskab
Deutsch: Bourgeoisie
Zazaki: Burjuvazi
Ελληνικά: Μπουρζουαζία
English: Bourgeoisie
Esperanto: Burĝo
español: Burguesía
eesti: Kodanlus
euskara: Burgesia
فارسی: بورژوازی
suomi: Porvaristo
français: Bourgeoisie
Nordfriisk: Bourgeoisie
galego: Burguesía
עברית: בורגנות
हिन्दी: बूर्जुआ
hrvatski: Buržoazija
magyar: Burzsoázia
հայերեն: Բուրժուազիա
Bahasa Indonesia: Borjuis
italiano: Borghesia
қазақша: Буржуазия
한국어: 부르주아지
Lëtzebuergesch: Biergertum
lietuvių: Buržuazija
latviešu: Buržuāzija
മലയാളം: ബൂർഷ്വാസി
नेपाली: बुर्जुवा
Nederlands: Burgerij
norsk nynorsk: Borgarskap
norsk: Borgerskap
occitan: Borgesiá
polski: Burżuazja
پنجابی: بورژوازی
português: Burguesia
română: Burghezie
русский: Буржуазия
русиньскый: Буржоазия
srpskohrvatski / српскохрватски: Buržoazija
Simple English: Bourgeoisie
slovenčina: Buržoázia
slovenščina: Buržoazija
српски / srpski: Буржоазија
svenska: Bourgeoisie
Tagalog: Burgesya
Türkçe: Burjuvazi
тыва дыл: Буржуазия
українська: Буржуазія
oʻzbekcha/ўзбекча: Burjuaziya
vèneto: Borghexia
Tiếng Việt: Giai cấp tư sản
吴语: 資產階級
中文: 資產階級
Bân-lâm-gú: Chu-sán-kai-kip
粵語: 資產階級