Boris Becker

Boris Becker
Boris Becker 2007 amk.jpg
Boris Becker in 2007
Volle naamBoris Franz Becker
Noemnaam(e)Boom Boom
Die Leeu van Leimen
LandVlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland (1984–1990)
Vlag van Duitsland Duitsland (sedert 1990)
WoonplekSchwyz, Switserland
Geboortedatum22 November 1967 (1967-11-22) (51 jaar oud)
GeboorteplekLeimen, Wes-Duitsland
Lengte1,90 m
Gewig85 kg
Begin professioneel1984
Afgetree25 Junie 1999
SpeelRegshandig (eenhandig handrughou)
Loopbaan-wengeld€18 343 408
Int. Tennisheldesaal2003 (ledeblad)
Enkelspel
Loopbaanrekord713–214 (76,91%)
Loopbaantitels49
Hoogste rangNo. 1 (28 Januarie 1991)
Grand Slam uitslae
Australiese OpeW (1991, 1996)
Franse OpeHE 1987, 1989, 1991)
WimbledonW (1985, 1986, 1989)
VSA OpeW (1989)
Groot toernooie
ToereindrondeW (1988, 1992, 1995)
Olimpiese Spele3R (1992)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord254–136
Loopbaantitels15
Hoogste rangNo. 6 (22 September 1986)
Australiese OpeKE (1985)
Groot Dubbelspel toernooie
Olimpiese SpeleGold medal.svg Goue Medalje (1992)
Laaste opgedateer op: NVT.
Boris Becker in speel in Ohio (1994)

Boris Franz Becker (Duits: [ˈbɔʁɪs ˈbɛkɐ]; gebore op 22 November 1967 in Leimen, Wes-Duitsland) is 'n voormalige Duitse tennisspeler. Op 17-jarige ouderdom maak hy geskiedenis as die jongste persoon nog om Wimbledon se enkelspelkampioenskap te wen.[1] Hy was ses keer 'n Grand Slam-enkelspelkampioen, en ook 'n Olimpiese gouemedalje wenner.

Ná Becker eerste oorwinning as ongekeurde speler in 1985, verower hy weer die Wimbledon-titel in 1986. Hy help ook Wes-Duitsland om hulle eerste Davisbeker in 1988 in te palm. In 1989 wen hy Wimbledon, die Amerikaanse Ope en 'n tweede Davisbeker.

In 1991 wen Becker die Australiese Ope en bereik so die nommer 1-posisie op die wêreldranglys. In 1992 verslaan hy Jim Courier in skoon stelle tydens die ATP-wêreldtitel. Sy finale Grand Slam-titel was in 1996, toe hy Michael Chang in vier stelle tydens die Australiese Ope geklop het.

Tydens sy loopbaan het Becker 49 enkelspel- en 15 dubbelspeltitels gewen. Hy word onder andere onthou vir sy wedywering met spelers soos Ivan Lendl, Stefan Edberg en Michael Stich.

Vandat hy uitgetree het as professionele tennisspeler, het sy mediawerk en sy persoonlike lewe hom in die kollig gehou. Hy was tussen 2013 en 2016 die Serwiese tennisspeler Novak Đoković se afrigter[2]

Grand Slam-rekord

Die tabel toon Becker se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het:

Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA Ope
1984 Kwarteindstryd Nie deelgeneem nie Rondte 3 Nie deelgeneem nie
1985 Rondte 2 Rondte 2 Wenner Rondte 4
1986 Nie deelgeneem nie Kwarteindstryd Wenner Halfeindstryd
1987 Rondte 4 Halfeindstryd Rondte 2 Rondte 4
1988 Nie deelgeneem nie Rondte 4 Eindstryd Rondte 2
1989 Rondte 4 Halfeindstryd Wenner Wenner
1990 Kwarteindstryd Rondte 1 Eindstryd Halfeindstryd
1991 Wenner Halfeindstryd Eindstryd Rondte 3
1992 Rondte 3 Nie deelgeneem nie Kwarteindstryd Rondte 4
1993 Rondte 1 Rondte 2 Halfeindstryd Rondte 4
1994 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Halfeindstryd Rondte 1
1995 Rondte 1 Rondte 3 Eindstryd Halfeindstryd
1996 Wenner Nie deelgeneem nie Rondte 3 Nie deelgeneem nie
1997 Rondte 1 Nie deelgeneem nie Kwarteindstryd Nie deelgeneem nie
1998 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie
1999 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 4 Nie deelgeneem nie
Other Languages
العربية: بورس بيكر
български: Борис Бекер
català: Boris Becker
čeština: Boris Becker
Чӑвашла: Борис Беккер
Cymraeg: Boris Becker
Deutsch: Boris Becker
English: Boris Becker
Esperanto: Boris Becker
español: Boris Becker
euskara: Boris Becker
فارسی: بوریس بکر
français: Boris Becker
Gaeilge: Boris Becker
ગુજરાતી: બોરિસ બેકર
עברית: בוריס בקר
हिन्दी: बोरिस बेकर
hrvatski: Boris Becker
magyar: Boris Becker
հայերեն: Բորիս Բեկկեր
Bahasa Indonesia: Boris Becker
italiano: Boris Becker
ქართული: ბორის ბეკერი
한국어: 보리스 베커
lietuvių: Boris Becker
latviešu: Boriss Bekers
Plattdüütsch: Boris Becker
Nederlands: Boris Becker
occitan: Boris Becker
polski: Boris Becker
português: Boris Becker
română: Boris Becker
русский: Беккер, Борис
srpskohrvatski / српскохрватски: Boris Becker
Simple English: Boris Becker
slovenčina: Boris Becker
slovenščina: Boris Becker
српски / srpski: Борис Бекер
svenska: Boris Becker
Türkçe: Boris Becker
українська: Борис Беккер
Tiếng Việt: Boris Becker
Yorùbá: Boris Becker
Bân-lâm-gú: Boris Becker