Boeddhisme

Boeddhisme is ’n Dharmiese geloof of filosofie (Sanskrit: dharma; Pali: dhamma). Dit sluit ’n verskeidenheid tradisies, gelowe en spirituele gebruike in wat grootliks geskoei is op die leringe van Gautama Boeddha, algemeen bekend as die Boeddha ("die verligte een").

Een van die oudste bekende voorstellings van die Boeddha (1ste tot 2de eeu, Tokio Nasionale Museum).

Volgens die Boeddhistiese tradisie het die Boeddha tussen die 6de en 4de eeu v.C. op die noordoostelike Indiese subkontinent gewoon en ander onderrig.[1] Boeddhiste beskou hom as ’n "verligte" of "ontwaakte" onderwyser wat sy insig gedeel het om ander te help om hul lyding te beëindig deur die verbanning van onkunde en begeertes en deur die ontwikkeling van hul gees.

Geleerdes erken oor die algemeen twee bestaande takke van Boeddhisme: Theravada ("Tradisie van die Oudstes", soms verkeerdelik "Hinayana" genoem) en Mahayana ("Die Groot Voertuig"). Theravada het baie volgelinge in Sri Lanka en Suidoos-Asië (Thailand, Birma, Laos, Kambodja ens.). Mahayana kom voor in Oos-Asië, (China, Korea, Japan, Viëtnam, Singapoer, Taiwan ens.) en sluit in die tradisies van Suiwer Land, Zen, Nichiren-Boeddhisme, Tibettaanse Boeddhisme, Shingon en ander. Vajrayana, ’n stel leringe wat toegeskryf word aan Indiese siddhas, kan beskou word as ’n derde tak of bloot deel van Mahayana. Tibettaanse Boeddhisme, soos beoefen in Tibet, Bhoetan, Nepal, die Himalajastreek van Indië, Kalmikië,[2] Mongolië en omringende gebiede,[3] volg die Vajrayana-leringe van die 8ste-eeuse Indië.[4]

In Theravada-Boeddhisme is die primêre doel die behaling van die verhewe staat nirwana, wanneer ’n mens ontsnap van die siklus van lyding en hergeboorte.[5] In Mahayana- en Tibettaanse Boeddhisme word na boeddhaskap gestrewe deur ’n bodhisattva te word en juis in dié siklus te bly met die doel om ander te help om verligting te behaal.[6]

Boeddhistiese skole verskil oor die presiese aard van die pad na nirwana, die belangrikheid en egtheid van verskeie geskrifte en veral die toepassing daarvan.[7][8] Een ding waaroor almal eens is, is dat daar geen skeppingsgod bestaan nie. Die grondbeginsels van die Boeddhistiese tradisie is die Drie Juwele: die Boeddha, die dharma (geloof) en die sangha (gemeenskap). Om "toevlug tot die drievoudige juweel" te neem is tradisioneel ’n verklaring dat iemand die Boeddhistiese pad volg, en onderskei Boeddhiste gewoonlik van nie-Boeddhiste.[9] Ander praktyke kan insluit die gehoorsaming van etiese grondreëls; die ondersteuning van die kloostergemeenskap; afstanddoening van die gewone lewe om ’n Boeddhistiese kloosterlewe te lei; die ontwikkeling van die gees en die beoefening van meditasie; die kweek van groter wysheid en oordeel; die bestudering van die geskrifte; godsdienspraktyke; seremonies; en, in die Mahayana-tradisie, smeekbedes tot die boeddhas en bodhisattvas.

Other Languages
Alemannisch: Buddhismus
አማርኛ: ቡዲስም
aragonés: Budismo
Ænglisc: Buddendōm
العربية: بوذية
مصرى: بوذيه
অসমীয়া: বৌদ্ধ ধৰ্ম
asturianu: Budismu
azərbaycanca: Buddizm
تۆرکجه: بودیزم
башҡортса: Буддизм
Boarisch: Buddhismus
žemaitėška: Budėzmos
Bikol Central: Budismo
беларуская: Будызм
беларуская (тарашкевіца)‎: Будызм
български: Будизъм
भोजपुरी: बौद्ध धर्म
Bislama: Budisim
Bahasa Banjar: Buddha
བོད་ཡིག: ནང་བསྟན།
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: বৌদ্ধ লিচেত
brezhoneg: Boudaegezh
bosanski: Budizam
català: Budisme
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Hŭk-gáu
нохчийн: Буддизм
Cebuano: Budismo
کوردی: بودیزم
corsu: Buddisimu
čeština: Buddhismus
Cymraeg: Bwdhaeth
dansk: Buddhisme
Deutsch: Buddhismus
Zazaki: Budizm
डोटेली: बुद्ध धर्म
Ελληνικά: Βουδισμός
English: Buddhism
Esperanto: Budhismo
español: Budismo
eesti: Budism
euskara: Budismo
estremeñu: Budismu
Võro: Budism
føroyskt: Buddisma
français: Bouddhisme
arpetan: Boudismo
furlan: Budisim
Frysk: Boedisme
Gaeilge: An Búdachas
贛語: 佛教
Gàidhlig: Bùdachas
galego: Budismo
Avañe'ẽ: Vudismo
ગુજરાતી: બૌદ્ધ ધર્મ
客家語/Hak-kâ-ngî: Fu̍t-kau
Hawaiʻi: Hoʻomana Buda
עברית: בודהיזם
हिन्दी: बौद्ध धर्म
Fiji Hindi: Buddhism
hrvatski: Budizam
Kreyòl ayisyen: Boudis
magyar: Buddhizmus
interlingua: Buddhismo
Bahasa Indonesia: Agama Buddha
Interlingue: Budhisme
Ilokano: Budismo
ГӀалгӀай: Буддизм
Ido: Budismo
íslenska: Búddismi
italiano: Buddhismo
日本語: 仏教
Patois: Budizim
la .lojban.: bu'ojda
Basa Jawa: Buda
ქართული: ბუდიზმი
Qaraqalpaqsha: Buddizm
Kabɩyɛ: Buudiyism
қазақша: Буддизм
ភាសាខ្មែរ: ព្រះពុទ្ធសាសនា
한국어: 불교
कॉशुर / کٲشُر: بُدھ مَت
kurdî: Budîzm
kernowek: Bouddhisteth
Кыргызча: Бурканчылык
Latina: Buddhismus
Ladino: Budizmo
Lëtzebuergesch: Buddhismus
лезги: Буддизм
Lingua Franca Nova: Budisme
Limburgs: Boeddhisme
Ligure: Buddiximo
lumbaart: Buddism
lietuvių: Budizmas
latviešu: Budisms
मैथिली: बौद्ध धर्म
Basa Banyumasan: Agama Buddha
Malagasy: Bodisma
Baso Minangkabau: Agamo Buddha
македонски: Будизам
മലയാളം: ബുദ്ധമതം
Bahasa Melayu: Agama Buddha
Malti: Buddiżmu
Mirandés: Budismo
မြန်မာဘာသာ: ဗုဒ္ဓဘာသာ
مازِرونی: بودیسم
Plattdüütsch: Buddhismus
Nedersaksies: Boeddhisme
नेपाली: बुद्ध धर्म
नेपाल भाषा: बुद्ध धर्म
Nederlands: Boeddhisme
norsk nynorsk: Buddhismen
norsk: Buddhisme
Novial: Budisme
Sesotho sa Leboa: Sebuda
occitan: Bodisme
Ирон: Буддизм
ਪੰਜਾਬੀ: ਬੁੱਧ ਧਰਮ
Papiamentu: Budismo
Norfuk / Pitkern: Budism
polski: Buddyzm
Piemontèis: Bodism
پنجابی: بدھ مت
پښتو: بوديزم
português: Budismo
Runa Simi: Wurayuyay
rumantsch: Budissem
română: Budism
русский: Буддизм
русиньскый: Будгізм
संस्कृतम्: बौद्धधर्मः
саха тыла: Буддизм
sardu: Buddhismu
sicilianu: Buddismu
Scots: Buddhism
سنڌي: ٻڌمت
davvisámegiella: Buddhisma
srpskohrvatski / српскохрватски: Budizam
සිංහල: බුද්ධාගම
Simple English: Buddhism
slovenčina: Budhizmus
slovenščina: Budizem
shqip: Budizmi
српски / srpski: Будизам
Basa Sunda: Agama Buddha
svenska: Buddhism
Kiswahili: Ubuddha
தமிழ்: பௌத்தம்
తెలుగు: బౌద్ధ మతము
тоҷикӣ: Дини Буддои
Türkmençe: Buddaçylyk
Tagalog: Budismo
Tok Pisin: Budisim
Türkçe: Budizm
Xitsonga: Vubhuda
татарча/tatarça: Буддачылык
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: بۇددا دىنى
українська: Буддизм
اردو: بدھ مت
oʻzbekcha/ўзбекча: Buddizm
vèneto: Budhismo
vepsän kel’: Buddizm
Tiếng Việt: Phật giáo
Winaray: Budismo
吴语: 佛教
хальмг: Буддизм
მარგალური: ბუდიზმი
ייִדיש: בודהיזם
Vahcuengh: Fozgyau
中文: 佛教
文言: 佛教
Bân-lâm-gú: Hu̍t-kàu
粵語: 佛教
isiZulu: UbuBudha