Bob Marley

Bob Marley
Bob-Marley.jpg
Bob Marley tydens een van sy konserte
GeboortenaamNesta Robert Marley
Geboorte6 Februarie 1945
Nine Mile, Saint Ann (Jamaika)
Afsterwe11 Mei 1981 (36 jaar oud)
Miami, Florida (VSA)
Beroep(e)Musikant, Liedjieskrywer, Kitaarspeler
Genre(s)Reggae, ska, rocksteady
Instrument(e)Kitaar, Slaginstrument, stem
Aktiewe jare1962 - 1981
www.bobmarley.com
AssosiasiesBob Marley and the Wailers
Portal.svg Musiekportaal
Bob Marley se ster op die Walk of Fame

In die laat-1960's en vroeë 1970's het die Rastafarianisme wêreldwyd onverwags nuwe aandag gekry met die toenemende gewildheid van 'n relatief nuwe musiekstyl: reggae. Die "profeet" wat die Rastafariese boodskap deur reggae aan die wêreld sou oordra, was Bob Marley, 'n Jamaikaanse sanger, kitaarspeler en liedjieskrywer.

Marley is op 6 Februarie 1945 gebore as Robert Nesta Marley, en in 1961 stig hy sy eerste groep, The Rudeboys, wat later The Wailers geword het. Met sy meesleurende ritme en sterk lirieke het Marley gou die eerste reggae-musikant geword om internasionale ster-status te bereik. Twee ander lede van The Wailers, Bunny Livingston en Peter Tosh, sou later ook suksesvolle loopbane op hul eie volg.

Reggae is 'n versamelnaam om 'n verskeidenheid van Jamaikaanse musiekstyle te beskryf - "ska", "rock-steady", "poppatop" en "mento". Marley se musiek het ook invloede getoon van die Amerikaanse "rhythm and blues" en Jamaikaanse "folk" en "dub".

In 1967 het Marley, wat 'n Christelike agtergrond gehad het, hom amptelik tot die Rastafarianisme bekeer en daarna het sy musiek sterk elemente van spiritualisme en mistisisme bevat. Met sy lang Rasta-lokke en openlike voorspraak vir die gebruik van ganja het Marley vir baie jong swartmense oor die wêreld 'n toonbeeld geword van rebelsheid en verset teen die Babilon-stelsel. In sommige van sy liedjies bevorder hy openlik revolusie as 'n metode om persoonlike vryheid te bereik, terwyl ander handel oor liefde of 'n lewe sonder sorge.

In 1976 het Marley 'n groot impak op Europa gemaak tydens 'n toer deur onder meer Engeland, Swede, Nederland en die voormalige Wes-Duitsland. Dieselfde het gebeur tydens 'n daaropvolgende toer deur die VSA, waar sy albums soos Exodus (1977), Kaya (1978), Babylon by Bus (1978) en Uprising (1980) vandag nog gewild is. Bob Marley is op 11 Mei 1981 in die fleur van sy lewe dood aan kanker, maar sy musiek leef steeds wêreldwyd voort.

Hoewel die meeste van Marley en ander reggae-musikante se aanhangers van die musiek gehou het sonder om noodwendig self die Rastafariese geloof te aanvaar, het die Rastafarianisme en die Rasta-boodskap nogtans wêreldwyd bekendheid verwerf. Vir baie swartmense - selfs in Afrika - het reggae-musiek en die Rastafarianisme die simbool geword van vryheid en het hulle daarin hul eie, unieke identiteit ontdek.

Other Languages
Alemannisch: Bob Marley
አማርኛ: ቦብ ማርሊ
aragonés: Bob Marley
Ænglisc: Bob Marley
العربية: بوب مارلي
asturianu: Bob Marley
Aymar aru: Bob Marley
azərbaycanca: Bob Marli
Boarisch: Bob Marley
Bikol Central: Bob Marley
беларуская: Боб Марлі
беларуская (тарашкевіца)‎: Боб Марлі
български: Боб Марли
Bislama: Bob Marley
বাংলা: বব মার্লে
brezhoneg: Bob Marley
bosanski: Bob Marley
català: Bob Marley
کوردی: بۆب مارلی
čeština: Bob Marley
Чӑвашла: Боб Марли
Cymraeg: Bob Marley
dansk: Bob Marley
Deutsch: Bob Marley
Zazaki: Bob Marley
Ελληνικά: Μπομπ Μάρλεϊ
English: Bob Marley
Esperanto: Bob Marley
español: Bob Marley
eesti: Bob Marley
euskara: Bob Marley
فارسی: باب مارلی
suomi: Bob Marley
føroyskt: Bob Marley
français: Bob Marley
arpetan: Bob Marley
Gaeilge: Bob Marley
galego: Bob Marley
עברית: בוב מארלי
हिन्दी: बॉब मार्ले
hrvatski: Bob Marley
Kreyòl ayisyen: Bob Marley
magyar: Bob Marley
հայերեն: Բոբ Մառլի
Bahasa Indonesia: Bob Marley
íslenska: Bob Marley
italiano: Bob Marley
Patois: Bab Maali
Basa Jawa: Bob Marley
ქართული: ბობ მარლი
қазақша: Боб Марли
한국어: 밥 말리
Lëtzebuergesch: Bob Marley
lumbaart: Bob Marley
lingála: Bob Marley
لۊری شومالی: باب مارلی
lietuvių: Bob Marley
latviešu: Bobs Mārlijs
मैथिली: बब मार्ली
Malagasy: Bob Marley
македонски: Боб Марли
മലയാളം: ബോബ് മാർലി
монгол: Боб Марли
Bahasa Melayu: Bob Marley
Plattdüütsch: Bob Marley
Nedersaksies: Bob Marley
नेपाली: बब मार्ली
Nederlands: Bob Marley
norsk nynorsk: Bob Marley
norsk: Bob Marley
occitan: Bob Marley
ਪੰਜਾਬੀ: ਬਾਬ ਮਾਰਲੇ
Papiamentu: Bob Marley
polski: Bob Marley
Piemontèis: Bob Marley
پنجابی: باب مارلی
português: Bob Marley
Runa Simi: Bob Marley
română: Bob Marley
armãneashti: Bob Marley
русский: Марли, Боб
sardu: Bob Marley
sicilianu: Bob Marley
Scots: Bob Marley
srpskohrvatski / српскохрватски: Bob Marley
සිංහල: බොබ් මාලේ
Simple English: Bob Marley
slovenčina: Bob Marley
slovenščina: Bob Marley
shqip: Bob Marley
српски / srpski: Боб Марли
Sesotho: Bob Marley
svenska: Bob Marley
Kiswahili: Bob Marley
ślůnski: Bob Marley
Tagalog: Bob Marley
Türkçe: Bob Marley
українська: Боб Марлі
vèneto: Bob Marley
Tiếng Việt: Bob Marley
Winaray: Bob Marley
მარგალური: ბობ მარლი
Yorùbá: Bob Marley
Zeêuws: Bob Marley
粵語: 巴布馬利