Billboard 200
English: Billboard 200

Die Billboard 200 is 'n weeklikse ranglys van die 200 mees verkope musiekalbums en EP's in die Verenigde State wat deur die Billboard-tydskrif gepubliseer word. Daar word gereeld na hierdie ranglys verwys om die gewildheid van 'n kunstenaar of groep kunstenaars vas te stel. Handelinge word gewoonlik aan hul nommereen-items onthou — dit is daardie albums wat alle ander in die mark in verkope ootref het, vir minstens een week.

Die ranglys word alleen saamgestel uit verkoopsyfers (beide in die kleinhandel as digitaal) van albums in die Verenigde State. Die verkoopsyfers wat in ag geneem word, word van Maandag tot Sondag versamel. Die volgende Dondersdag word daardie week se syfers gepubliseer, maar dít onder die datum van die volgende Saterdag.

Voorbeeld:
Maandag, 1 Januarie — begin verkoopsyfers versamel
Sondag, 7 Januarie — handel versameling van verkoopsyfers af
Donderdag, 11 Januarie — nuwe ranglys word onder die datum van Saterdag, 20 Januarie gepubliseer.

Normaalweg word nuwe materiaal in die Amerikaanse mark op 'n Dinsdag vrygestel. Digitale aflaaie word onder die Billboard 200-tabulerings ingesluit, solank die album in sy geheel afgelaai word. Albums wat nie in die VSA vir kleinhandelverkope gelisensieer is nie, maar in die VSA as invoere aangekoop word, word nie by die ranglysberekeninge in ag geneem nie. 'n Langstaande beleid wat titels uitgesluit het wat net by uitgesoekte verkoopspunte soos Wal-Mart en Starbucks te koop aangebied is, is op 7 November 2007 geskrap en het op die publikasie van 17 November effek geneem.[1]

Verwysings

  1. Peters, Mitchell (2007-11-06). "Revised Chart Policy Lands Eagles At No. 1". Billboard. Besoek op 2007-11-06. 
Other Languages
العربية: بيلبورد 200
asturianu: Billboard 200
български: Билборд 200
català: Billboard 200
čeština: Billboard 200
Deutsch: Billboard 200
English: Billboard 200
español: Billboard 200
føroyskt: Billboard 200
français: Billboard 200
עברית: בילבורד 200
hrvatski: Billboard 200
հայերեն: Billboard 200
Bahasa Indonesia: Billboard 200
íslenska: Billboard 200
italiano: Billboard 200
日本語: Billboard 200
ქართული: ბილბორდ 200
한국어: 빌보드 200
lietuvių: Billboard 200
македонски: Билборд 200
монгол: Billboard 200
Bahasa Melayu: Billboard 200
Nederlands: Billboard 200
norsk nynorsk: Billboard 200
português: Billboard 200
română: Billboard 200
русский: Billboard 200
srpskohrvatski / српскохрватски: Billboard 200
slovenčina: Billboard 200
slovenščina: Billboard 200
српски / srpski: Билборд 200
svenska: Billboard 200
Kiswahili: Billboard 200
Tagalog: Billboard 200
Türkçe: Billboard 200
українська: Billboard 200
Tiếng Việt: Billboard 200
მარგალური: ბილბორდ 200