Berenice se Hare

Berenice se Hare
Coma Berenices constellation map.png
Latynse naamComa Berenices
GenitiefComae Berenices
AfkortingCom
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming12,76h
Deklinasie21,83º
Grootte386 vk. grade (42ste)
KwadrantNQ3
Besonderhede
Hoofsterre3
Helderste sterBeta Comae Berenices
Naaste sterBeta Comae Berenices
Sterre helderder as 3 m0
Sterre met planete4
Messier-voorwerpe8
Bayer-/Flamsteed-sterre44
SimboliekDie hare van koningin Berenice II van Egipte
MeteoorreënsComa Berenicids
Aangrensende sterrebeelde
Jaghonde, Groot Beer, Leeu, Maagd, Veewagter
Portaal  Portaalicoon  Sterrekunde

Berenice se Hare (Latyn: Coma Berenices) is ’n tradisionele asterisme wat later een van die 88 moderne sterrebeelde geword het. Dit is naby die Leeu geleë en het vroeër tot dié sterrebeeld behoort. Dit bevat onder meer die galaktiese noordpool. Die naam verwys na die legende van koningin Berenice II van Egipte, wat haar lang hare geoffer het.

Geskiedenis en mitologie

Koningin Berenice II van Egipte.

Berenice se Hare is een van die min sterrebeelde wat na ’n historiese figuur genoem is – in dié geval die vrou van Ptolemeus III van Egipte, die koning onder wie Alexandrië ’n belangrike kultuursentrum geword het.

In 243 v.C. het Ptolemeus opgeruk teen die Seleukiede, wat sy suster vermoor het. Sy jong bruid, Berenice, het aan die godin Afrodite beloof dat sy haar lang, blonde hare, waarop sy baie trots was, sou offer as haar man veilig terugkeer. Sy het dit gedoen ná haar man se tuiskoms en dit in die godin se tempel geplaas.

Teen die oggend was die hare weg. Om die woedende koning te paai, het die hof se sterrekundige, Conon, aangekondig dat die godin so in haar skik was met die offer dat sy die hare in die lug geplaas het. Hy het gewys na ’n swerm sterre, wat sedertdien as Berenice se Hare bekend is.[1]

Die sterrebeeld bestaan uit ’n aantal sterre en word sedert die Hellenistiese Tydperk as ’n asterisme, of sterrepatroon, erken.[2] Tycho Brahe, wat gewoonlik die krediet kry vir die verheffing van Berenice se Hare tot ’n konstellasie, het dit in 1602 in sy sterkatalogus gepubliseer,[2] maar dit is al in 1536 deur die kartograaf Caspar Vopel op ’n ruimtebol aangedui.[3][4][5]

Other Languages
asturianu: Coma Berenices
беларуская (тарашкевіца)‎: Валасы Бэрэнікі
brezhoneg: Blev Berenis
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Hâiu-huák-cô̤
Ελληνικά: Κόμη Βερενίκης
español: Coma Berenices
客家語/Hak-kâ-ngî: Heu-fat-chho
hrvatski: Berenikina kosa
Bahasa Indonesia: Coma Berenices
íslenska: Bereníkuhaddur
日本語: かみのけ座
Basa Jawa: Coma Berenices
한국어: 머리털자리
latviešu: Berenikes Mati
മലയാളം: സീതാവേണി
Bahasa Melayu: Rambut Berenike
norsk nynorsk: Berenikes hår
português: Coma Berenices
srpskohrvatski / српскохрватски: Berenikina kosa
Simple English: Coma Berenices
slovenčina: Vlasy Bereniky
українська: Волосся Вероніки
oʻzbekcha/ўзбекча: Veronika sochlari
Tiếng Việt: Hậu Phát
中文: 后发座
Bân-lâm-gú: Thâu-mn̂g-chō
粵語: 后髮座