Basilius I die Masedoniër

Basilius I
Keiser van die Bisantynse Ryk
’n Muntstuk wat Basilius I uitbeeld asook sy seun Konstantyn en tweede vrou, Eudokia Ingerina.
’n Muntstuk wat Basilius I uitbeeld asook sy seun Konstantyn en tweede vrou, Eudokia Ingerina.
Bewind867886
Ander naamBasilius die Masedoniër
DinastieMasedoniese
Gebore830/835/836[1]
Oorlede29 Augustus 886
VoorgangerMichael III
OpvolgerLeo die Wyse
EggenoteMaria
Eudokia Ingerina
KindersKonstantyn, Leo, Alexander, Stephen

Basilius I of Basilius die Masedoniër (Grieks: Βασίλειος ὁ Μακεδών; 830/835 – 29 Augustus 886) was die Bisantynse keiser van 867 tot 886. Hy was waarskynlik van Armeense afkoms.

Hy het opgang in die hof gemaak en eindelik keiser Michael III se bewind oorgeneem. Ondanks sy nederige herkoms uit ’n boeregesin het hy die staatsake doeltreffend hanteer en die ryk gelei tot ’n renaissance van Bisantynse kuns. Die Masedoniese Dinastie wat hy gestig het, het oor Bisantium geheers in wat as sy mees glorieryke en vooruitstrewende tydperk beskou word.

Van boer tot keiser

Basilius (links) wen ’n stoeigeveg teen ’n Bulgaarse kampioen (uit die Madrid Skylitzes-manuskrip).

Basilius is in laat 811 (of volgens sommige hostorici iewers in die 830's) gebore as die seun van boere.[2][3] Thracië is in dié tyd deur verskeie volke bewoon, maar daar word geglo hy was van Armeense afkoms. As ’n bedrewe perdetemmer en wenner van ’n stoeigeveg teen ’n Bulgaarse kampioen het hy die aandag getrek van keiser Michael III. Hy het gou die keiser se vertroueling en lyfwag geword.[4]

Op bevel van Michael het Basilius omstreek 865 van sy eerste vrou, Maria, geskei en met Michael se minnares, Eudokia Ingerina, getrou. Tydens ’n ekspedisie teen die Arabiere in 866 het Basilius Michael daarvan oortuig dat sy oom Bardas teen hom saamsweer en hy is toegelaat om Bardas te vermoor. Hy het toe die mees vooraanstaande howeling geword en in Bardas se plek caesar geword. Op 26 Mei 866 is hy as medekeiser gekroon. Michael het daarna die veel ouer man aangeneem. Daar word algemeen geglo dit was omdat Basilius se seun Leo die Wyse eintlik Michael se seun was en sy troonopvolging so verseker is.

Toe Michael III begin voorkeur gee aan ’n ander howeling, Basiliskianus, en hom ook tot medekeiser verhef, het Basilius besluit sy posisie word ondermyn en hy het Michael in die nag van 23/24 September 867 laat vermoor.[5] Omdat hy klaar medekeiser was, het Basilius toe outomaties keiser geword.[2]

Other Languages
Alemannisch: Basileios I.
aragonés: Basilio I
العربية: باسل الأول
čeština: Basileios I.
Deutsch: Basileios I.
Ελληνικά: Βασίλειος Α΄
English: Basil I
Esperanto: Bazilo la 1-a
español: Basilio I
français: Basile Ier
galego: Basilio I
Bahasa Indonesia: Basileios I Makedonia
Nederlands: Basileios I
Scots: Basil I
srpskohrvatski / српскохрватски: Vasilije I Makedonac
slovenčina: Bazil I.
slovenščina: Bazilij I. Makedonec
svenska: Basileios I
Türkçe: I. Basileios
oʻzbekcha/ўзбекча: Vasiliy 1Maqduniy
Tiếng Việt: Basileios I