Armeense volksmoord

Armeense gebiede 1896
Lande, wat die Armeense Volksmoord amptelik erken
Rafael de Nogales Méndez (1879-1936), 'n Venezolaanse soldaat in die Turkse weermag wat sy getuienis van die volksmoord neergeskryf het in sy boek Cuatro años bajo la media luna

Die Armeense Volksmoord verwys na die grootskaalse ontruiming en verwante sterftes van honderde duisende tot dalk meer as 'n miljoen Armeniërs tydens die regering van die Jong Turke van 1915 tot 1916 in die Ottomaanse Ryk.

Die Republiek van Turkye verwerp die idee dat die gebeure 'n volksmoord was en beweer dat die sterftes onder die Armeniërs die gevolg was van inter-etniese geweld, siektes en hongersnood tydens die chaos van die Eerste Wêreldoorlog. Die meeste Armeense, Russiese, Westerse en 'n toenemende aantal Turkse geleerdes is dit eens dat dit wel 'n volksmoord of 'n veldtog van staatsgesteunde etniese suiwering en grootskaalse uitwissing was. Sommige Westerse bronne wys op die groot aantal sterftes as bewys van 'n sistematiese, georganiseerde plan om Armeniërs uit te wis. Die gebeure is waarskynlik ook die tweede mees bestudeerde geval van 'n volksmoord[1] en word dikwels met die Joodse volksmoord tydens die Tweede Wêreldoorlog vergelyk. Tans erken 29 lande amptelik die Armeense volksmoord.

Ottomaanse Armeense Bevolking

Volgens bronne was daar in 1914, voor die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog, 'n geskatte twee miljoen Armeniërs in die Ottomaanse Ryk. Die oorgrote meerderheid Armeniërs het aan die Armeense Apostoliese geloof behoort met 'n kleiner aantal Armeense Katolieke en Protestante. Die Armeense bevolking in oostelike Anatolië (ook genoem Wes-Armenië) was groot en gekonsentreerd, maar daar was ook groot getalle wat in die westelike deel van die Ottomaanse Ryk gewoon het, baie van hulle in die hoofstad, Konstantinopel.

Other Languages
العربية: مذابح الأرمن
беларуская: Генацыд армян
Esperanto: Armena genocido
hornjoserbsce: Genocid Armenjanow
Bahasa Indonesia: Genosida Armenia
Basa Jawa: Genosida Armenia
Lëtzebuergesch: Armenesche Vëlkermuerd
македонски: Ерменски геноцид
Bahasa Melayu: Genosid Armenia
Nederlands: Armeense genocide
srpskohrvatski / српскохрватски: Armenski genocid
Simple English: Armenian Genocide
slovenščina: Armenski genocid
татарча/tatarça: Ärmännär genotsidı
українська: Геноцид вірмен
Tiếng Việt: Diệt chủng Armenia