Antigua en Barbuda

Antigua and Barbuda
Antigua en Barbuda
Vlag van Antigua en BarbudaWapen van Antigua en Barbuda
VlagWapen
Nasionale leuse: Each Endeavouring, All Achieving
(Engels vir: "Elk strewe, Al bereik")
Volkslied: Fair Antigua, We Salute Thee
(Engels vir: "Gelukkige Antigua, Ons groet jou")

Koninklike volkslied: God Save the Queen
(Engels vir: "God beskerm die koningin")
Ligging van Antigua en Barbuda
HoofstadSt. John’s

17°7′N 61°51′W / 17°7′N 61°51′W / 17.117; -61.850

Grootste stadSt. John’s
Amptelike taleEngels
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Elizabeth II
Rodney Williams
Gaston Browne
Onafhanklikheid
• Geassosieerde land
• van die Verenigde Koninkryk

27 Februarie 1967
1 November 1981
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
440 km2  (182ste)
170 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
100 963[1] (186ste)
81 799
186 / km2
481,7 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$2,466 miljard[2]
$26 744[2]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$1,514 miljard[2]
$16 413[2]

MOI (2014)Green Arrow Up Darker.svg 0,783[3] (58ste)  –  hoog
GeldeenheidDollar (XCD)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD.ag
Skakelkode+1-268

Antigua en Barbuda (Engels: Antigua and Barbuda, [ænˈtiːɡ(w)ə ... bɑːrˈb(j)uːdə], ; Spaans vir: "antiek" en "bebaard") is 'n eilandnasie in Noord-Amerika met 'n oppervlakte van 440 km² en 'n bevolking van 100 963 in 2016. Die land bestaan uit drie eilande: Antigua, Barbuda en die onbewoonde Redonda wat tot die Klein Antille behoort.

Nasa-Satellietbeeld van Antigua en Barbuda
Kaart van Antigua en Barbuda

Antigua en Barbuda is in die oostelike deel van die Karibiese See op die grens met die Atlantiese Oseaan geleë. Dit is in die ooste van Saint-Martin en St. Kitts en Nevis en in die noorde van Guadeloupe en Montserrat geleë. Die hoofstad en grootste stad is St. John’s, wat op die hoofeiland Antigua geleë is.

Die eilande van Antigua en Barbuda is in 1493 deur Christophorus Columbus tydens sy tweede reis vir Europa ontdek en die groter eiland is deur hom ná Santa Maria de la Antigua genoem. Die Spanjaarde het dié eilande weens 'n gebreek aan vars water nie gekoloniseer nie, maar siektes uit Europa en Afrika, wanvoeding en slawerny het waarskynlik die inheemse bevolking uitgeroei. In 1632 het die Engelse op Antigua gevestig en in 1684 op Barbuda. Dié eilande is by die Britse Ryk ingelyf en slawe is ná dié eilande se suikerrietplantasies gebring. In 1833 is slawerny deur die Britte verbied. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in die Karibiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie.

Op 1 November 1981 het Antigua en Barbuda van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Dit is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond en Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk is die staatshoof van dié land. Al drie eilande is laag bo seespieël en bestaan uit koraal en kalksteen. Die eilande is gesogte vakansieplekke en die ekonomie is veral op toerisme gebaseer.[4]

Krieket is Antigua en Barbuda se gewildste sportsoort en word as nasionale sport beskou.[5] Spelers mag vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan uitdraf. Saam met Barbados, Grenada, Guyana, Jamaika, St. Kitts en Nevis, St. Lucia en Trinidad en Tobago het dié eilandnasie die Krieketwêreldbeker 2007 aangebied, wat deur Australië gewen is. Antigua en Barbuda lewer beroemde krieketspelers soos Viv Richards en Curtley Ambrose.[6]

Verwysings

  1. (en) World Population Prospects: The 2017 Revision”. United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. URL besoek op 19 Mei 2018.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) Antigua and Barbuda”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 19 Mei 2018.
  3. (en) 2015 Human Development Report”. United Nations Development Programme: 2015. URL besoek op 19 Mei 2018.
  4. (en) Antigua en Barbuda”. CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. URL besoek op 19 Mei 2018.
  5. (en) Antiguans and Barbudans”. everyculture.com. URL besoek op 19 Mei 2018.
  6. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Other Languages
Alemannisch: Antigua und Barbuda
azərbaycanca: Antiqua və Barbuda
žemaitėška: Antėgva ė Barbuda
Bikol Central: Antigwa asin Barbuda
беларуская: Антыгуа і Барбуда
беларуская (тарашкевіца)‎: Антыгуа і Барбуда
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: এন্টিগুয়া বারো বার্বুডা
Chavacano de Zamboanga: Antigua y Barbuda
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Antigua gâe̤ng Barbuda
qırımtatarca: Antigua ve Barbuda
dolnoserbski: Antigua a Barbuda
estremeñu: Antígua i Barbua
Avañe'ẽ: Antigua ha Barbuda
गोंयची कोंकणी / Gõychi Konknni: अँटिगा आणि बार्बुडा
客家語/Hak-kâ-ngî: Antigua lâu Barbuda
hornjoserbsce: Antigua a Barbuda
Kreyòl ayisyen: Antigwa ak Babouda
interlingua: Antigua e Barbuda
Bahasa Indonesia: Antigua dan Barbuda
Interlingue: Antigua e Barbuda
Qaraqalpaqsha: Antigua ha'm Barbuda
Lëtzebuergesch: Antigua a Barbuda
Lingua Franca Nova: Antigua e Barbuda
Baso Minangkabau: Antigua jo Barbuda
македонски: Антигва и Барбуда
Bahasa Melayu: Antigua dan Barbuda
Dorerin Naoero: Antigua me Barbuda
Plattdüütsch: Antigua un Barbuda
Nederlands: Antigua en Barbuda
norsk nynorsk: Antigua og Barbuda
Livvinkarjala: Antigua-Barbuda
Kapampangan: Antigua at Barbuda
Papiamentu: Antigua y Barbuda
Norfuk / Pitkern: Antigua a' Barbuda
Piemontèis: Antigua e Barbuda
português: Antígua e Barbuda
armãneashti: Antigua și Barbuda
русиньскый: Антіґуа і Барбуда
Kinyarwanda: Antigwa na Baribuda
संस्कृतम्: अण्टीग्वा
davvisámegiella: Antigua ja Barbuda
srpskohrvatski / српскохрватски: Antigva i Barbuda
Simple English: Antigua and Barbuda
slovenčina: Antigua a Barbuda
slovenščina: Antigva in Barbuda
Gagana Samoa: Antigua ma Barbuda
српски / srpski: Антигва и Барбуда
татарча/tatarça: Антигуа һәм Барбуда
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: ئانتىگۇئا ۋە باربۇدا
українська: Антигуа і Барбуда
oʻzbekcha/ўзбекча: Antigua va Barbuda
vepsän kel’: Antigua da Barbud
Tiếng Việt: Antigua và Barbuda
Bân-lâm-gú: Antigua kap Barbuda