Anoeket

Anoeket
Die godin Anoeket, uitgebeeld met ’n kopstuk van pluime.
Die godin Anoeket, uitgebeeld met ’n kopstuk van pluime.
Soort godin  Egipties
Godin van Die rivier
Naam in hiërogliewe
a
n
q
t
B1
Sibbes Chnoem en Satet
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte
Anoeket in die Brooklyn-museum.

Anoeket (ook gespel Anqet; Grieks: Anoekis) was oorspronklik in die Egiptiese mitologie die verpersoonliking en godin van die Nylrivier in gebiede waar die Nyl sy reis deur Egipte begin, asook in nabygeleë gebiede van Nubië.

Sy was deel van die triade wat die god Chnoem en godin Satet ingesluit het. Sy was die suster van Satet, maar kon ook ’n metgesel van Chnoem gewees het. [1] Sy is uitgebeeld met ’n kopstuk van pluime. [1] Haar heilige dier was die gasel.

Die Fees van Anoeket het begin wanneer die Nyl elke jaar sy oewers begin oorstroom het. Mense het muntstukke, goud, juwele en geskenke in die rivier gegooi uit dank vir die lewegewende water en so van die rykdom teruggegee wat haar vrugbaarheid meegebring het.

Die taboe in verskeie dele van Egipte op die eet van sekere soorte vis wat as heilig beskou is, is in dié tyd opgehef en die vis is geëet as deel van die feestelike ritueel.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 Geraldine Pinch, Egyptian Mythology: A Guide to the Gods, Goddesses, and Traditions of Ancient Egypt, Oxford University Press, 2004, p 186
Other Languages
العربية: عنقت
беларуская: Анукет
български: Анук
বাংলা: আনুকেত
čeština: Anuket
Deutsch: Anukis
Ελληνικά: Ανουκέτ
English: Anuket
Esperanto: Anuket
español: Anuket
euskara: Anuket
فارسی: آنوکت
suomi: Anukis
français: Anoukis
עברית: אנוקט
hrvatski: Anuket
magyar: Anuket
íslenska: Anúket
italiano: Anuqet
日本語: アヌケト
ქართული: ანუკეტი
한국어: 아누케트
Latina: Anucis
lietuvių: Anuketė
മലയാളം: അനൂകെറ്റ്
Bahasa Melayu: Dewi Anuket
Nederlands: Anoeket
norsk: Anuket
polski: Anuket
português: Anúquis
română: Anuket
русский: Анукет
Scots: Anuket
سنڌي: آنوڪت
Simple English: Anuket
slovenčina: Anuket
српски / srpski: Анкет
svenska: Anuket
Türkçe: Anuket
українська: Анукет
اردو: آنوکت
მარგალური: ანუკეტი
中文: 阿努凯特