Anna Politkofskaja

Anna Stepanowna Politkofskaja
А́нна Степа́новна Политко́вская
Anna Politkofskaja in 2005.
Anna Politkofskaja in 2005.
GeboreAnna Stepanowna Mazepa
30 Augustus 1958, New York Stad
Oorlede7 Oktober 2006, Moskou
BeroepJoernalis, skrywer
NasionaliteitOekraïense afkoms
(Russiese en Amerikaanse burgerskap)
Periode1982–2006
OnderwerpePolitiek, persvryheid, menseregte, maatskaplike kwessies
Bekende werkePutin's Russia: Life in a Failing Democracy en ander
ToekenningsAmnestie Internasionaal se Global Award for Human Rights Journalism (2001) en ander

Anna Politkofskaja (Russies: А́нна Политко́вская; 1958–2006) was ’n Russiese joernalis, skrywer en menseregte-aktivis wat bekend was vir haar teenkanting teen die Tsjetsjniese konflik en die eertydse president Wladimir Poetin.[1] Op 7 Oktober 2006 is sy doodgeskiet in die hyser van haar woonstelblok, ’n onopgeloste[2] sluipmoord wat steeds internasionale belangstelling wek.[3][4]

Politkofskaja het bekend geword danksy haar beriggewing oor Tsjetsjnië.[5] Haar konstante stroom artikels ná 1999 oor toestande in Tsjetsjnië het later verskeie boeke geword wat meestal oorsee gepubliseer is. Russiese lesers het haar egter leer ken deur haar ondersoeke wat in die Russiese koerant Nowaja Gazeta gepubliseer is. Sedert 2000 het sy verskeie gesaghebbende internasionale toekennings vir haar werk ontvang.

In 2004 het sy ’n persoonlike siening van die Rusland onder Poetin gepubliseer met die naam Putin's Russia.[6]

Politkofskaja het ’n Amerikaanse paspoort gekry, maar nooit haar Russiese burgerskap prysgegee nie.[7]

Other Languages
azərbaycanca: Anna Politkovskaya
беларуская (тарашкевіца)‎: Ганна Паліткоўская
bosanski: Ana Politkovska
Bahasa Indonesia: Anna Politkovskaya
македонски: Ана Политковскаја
Bahasa Melayu: Anna Politkovskaya
Nederlands: Anna Politkovskaja
norsk nynorsk: Anna Politkovskaja
português: Anna Politkovskaia
srpskohrvatski / српскохрватски: Ana Politkovskaja
Simple English: Anna Politkovskaya
slovenščina: Ana Politkovska
српски / srpski: Ана Политковска
татарча/tatarça: Анна Политковская