Andamanse See

Andamanse See
AndamanSeaNASA1.jpg
Nasa-Satellietbeeld van die Andamanse See
LocationAndamanSea.png
Ligging van die Andamanse See
Koördinate:10°N 96°O / 10°N 96°O / 10; 96
Ligging:Indië, Mianmar, Thailand, Indonesië, Maleisië
Soort:See van die Indiese Oseaan
Oppervlakte:600 000 km² (231 700 myl²)
Gemiddelde diepte:1 096 m (3 596 vt)
Maksimum diepte:4 198 m (13 773 vt)
Volume:660 000 km³ (158 000 myl³)
Lengte:1 200 km (746 myl)
Breedte:645 km (401 myl)
Opvangsgebied:660 000 km³ (158 000 myl³)
Invloei:Irrawaddy, Salween
Uitvloei:Indiese Oseaan
Eiland/e:Andaman- en Nicobar-eilande
Nedersettings:Yangon

Die Andamanse See (Hindi: अंडमान सागर Sāgar Aṇḍmān, Birmaans: ကပ္ပလီ ပင်လယ် Kappale Panglai, Thai: ทะเลอันดามัน Thale Xạndāmạn, Indonesies en Maleis: Laut Andaman) of Birmaanse See is 'n waterliggaam in die noordelike Indiese Oseaan, suidoos van die Baai van Bengale, suid van Mianmar, wes van Thailand en oos van die Andaman-eilande. Die see is ongeveer 1 200 kilometer lank (noord-suid) en 645 kilometer wyd (oos-wes), met 'n oppervlak van 600 000 km². Die gemiddelde diepte daarvan is 1 096 meter, en die maksimum diepte is 4 198 meter.

By die see se suidoostelike punt word dit nouer om die Straat van Malakka te vorm wat die Maleise Skiereiland van die eiland Sumatra skei.

Die Andamanse See is biologies ryk aan diversiteit en veelheid. Thailand se bes bewaarde en mees ekstensiewe koraalriwwe kom in die Andamanse See voor, veral in die Surineilande. Hoewel die see slegs 'n derde van Thailand se kuslyn beslaan, kom meer as die helfte van die land se koraalriwwe daarin voor. Meer as 210 koraal spesies en 100 rifvisspesies is in die see aangeteken.

Seebodemtektonika

Die Andamanse See met die tektoniese plaatgrense sigbaar

Die grens tussen twee tektoniese plate, die Birmaplaat en die Sundaplaat loop in 'n noord-suid lyn op die seebodem van die Andamanse See. Daar word geglo dat die plate (of mikroplate) vroeër deel gevorm het van die groter Eurasiese Plaat, maar dat dit gevorm is toe transformasiefoutaktiwiteit vererger het soos die Indiese Plaat se substantiewe botsing met die Eurasiese kontinent begin het.

As gevolg hiervan is 'n seebodemuitspreding sentrum geskep wat die marginale bekken begin vorm het wat tot die Andamanse See ontwikkel het. Die huidige stadoium het ongveer 3-4 miljoen jaar gelede begin.

Other Languages
العربية: بحر أندامان
asturianu: Mar d'Andamán
azərbaycanca: Andaman dənizi
башҡортса: Андаман диңгеҙе
беларуская: Андаманскае мора
беларуская (тарашкевіца)‎: Андаманскае мора
български: Андаманско море
brezhoneg: Mor Andaman
bosanski: Andamansko more
català: Mar d'Andaman
Cebuano: Andaman Sea
Cymraeg: Môr Andaman
Deutsch: Andamanensee
English: Andaman Sea
Esperanto: Andamana Maro
español: Mar de Andamán
français: Mer d'Andaman
客家語/Hak-kâ-ngî: Andaman Hói
עברית: ים אנדמן
hrvatski: Andamansko more
Bahasa Indonesia: Laut Andaman
íslenska: Andamanhaf
Basa Jawa: Segara Andaman
한국어: 안다만해
Кыргызча: Андаман деңизи
lietuvių: Andamanų jūra
latviešu: Andamanu jūra
македонски: Андаманско Море
മലയാളം: ആൻഡമാൻ കടൽ
кырык мары: Андаман тангыж
Bahasa Melayu: Laut Andaman
မြန်မာဘာသာ: ကပ္ပလီပင်လယ်
مازِرونی: آندامان
Nederlands: Andamanse Zee
norsk nynorsk: Andamanhavet
occitan: Mar d'Andaman
português: Mar de Andamão
română: Marea Andaman
srpskohrvatski / српскохрватски: Andamansko more
Simple English: Andaman Sea
slovenčina: Andamanské more
slovenščina: Andamansko morje
српски / srpski: Андаманско море
svenska: Andamansjön
Türkçe: Andaman Denizi
українська: Андаманське море
oʻzbekcha/ўзбекча: Andaman dengizi
Tiếng Việt: Biển Andaman
Winaray: Dagat Andaman
吴语: 安达曼海
მარგალური: ანდამანიშ ზუღა
中文: 安达曼海
文言: 安達曼海
粵語: 安達曼海