Aleksandr Solzhenitsyn

Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Isayevich en die van is Solzhenitsyn.
Aleksandr Solzhenitsyn
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Solzhenitsyn in 1974.

Geboorte(1918-12-11)11 Desember 1918
Kislowodsk, RSFSR
Sterfte3 Augustus 2008 (op 89)
Moskou, Rusland
BeroepSkrywer, historikus
Alma MaterRostof-staatsuniversiteit
Bekendste werkeDie Dag van Ivan Denisowitsj
The First Circle
Cancer Ward
The Gulag Archipelago
Two Hundred Years Together
The Red Wheel
Eggenoot/eggenoteNatalia Alekseyevna Reshetovskaya (1940-'52 en 1957-'72)
Natalia Dmitrievna Svetlova (1973 tot met sy dood in 2008)
Familie3 seuns – Yermolai, Ignat, Stepan Solzhenitsyn
ToekenningsNobelprys vir letterkunde

Aleksandr Isayevich[nota 1] Solzhenitsyn (Russies: Алекса́ндр Иса́евич Солжени́цын; Afrikaanse transliterasie: Aleksandr Isajewitsj Solzjenitsin; IFA: /ˌsoʊlʒəˈniːtsɪn/; 11 Desember 1918 – 3 Augustus 2008)[1] was ’n Russiese skrywer en historikis. Sy voornaam word dikwels ook Alexander gespel.[2][3]

Hy was ’n uitgesproke kritikus van die Sowjetunie en kommunisme, en het gehelp om die land se Goelag-stelsel van gedwongearbeidskampe onder die wêreld se aandag te bring. Hy is toegelaat om net een werk in die Sowjetunie uit te gee: Die Dag van Ivan Denisowitsj (1962), in die tydskrif Nowi Mir. Sy latere werke moes hy in die Weste laat publiseer. Die bekendstes hiervan was Cancer Ward (1968) en The Gulag Archipelago (1973).

Die Nobelprys vir letterkunde is in 1970 aan Solzhenitsyn toegeken.[4] Hy was egter bang as hy na Stockholm reis om die prys te ontvang, sou hy nie toegelaat word om na die Sowjetunie terug te keer nie. Hy is eindelik in 1974 verban, maar het in 1994 na Rusland teruggekeer ná die verbrokkeling van die Sowjetunie.

Other Languages
azərbaycanca: Aleksandr Soljenitsın
беларуская (тарашкевіца)‎: Аляксандар Салжаніцын
dolnoserbski: Aleksandr Solženicyn
hornjoserbsce: Aleksandr Solženicyn
Bahasa Indonesia: Aleksandr Solzhenitsyn
Plattdüütsch: Alexander Solschenizyn
norsk nynorsk: Aleksandr Solzjenitsyn
srpskohrvatski / српскохрватски: Aleksandar Solženjicin
Simple English: Aleksandr Solzhenitsyn
slovenščina: Aleksander Solženicin
oʻzbekcha/ўзбекча: Aleksandr Soljenitsin
vepsän kel’: Solženicin Aleksandr
粵語: 索贊尼辛