Albert II van Monaco

Albert II
Prins van Monaco
Albert II Monaco (2008).jpg
Naam Albert II
Volle naam Rainier Albert Alexandre Louis Pierre
Bewind 6 April 2005 – hede
Gebore 14 Maart 1958, Monaco
Voorganger Rainier III
Vermoedelike opvolger Caroline, Prinses van Hannover
Eggenote Prinses Charlene
Kinders Jazmin Grace Grimaldi en Alexandre Coste (albei buite-egtelik)
Huis Grimaldi
Vader Rainier III
Moeder Grace Kelly
Die dubbele paraaf van prins Albert en prinses Charlene.

Albert II, Prins van Monaco [1] [2] (Albert Alexandre Louis Pierre Grimaldi; gebore 14 Maart 1958) is die hoof van die Huis van Grimaldi en die huidige heerser van die prinsdom Monaco. Hy is die seun van prins Rainier III en Grace Kelly en is getroud met Charlene Wittstock, ’n voormalige Suid-Afrikaanse swemmer. Sy susters is Caroline, Prinses van Hannover en Prinses Stéphanie van Monaco.

Vroeë lewe

Albert is in die koninklike paleis van Monte Carlo gebore en het skoolgegaan aan die Albert I-hoërskool. Hy het in 1976 met onderskeiding geslaag en in 1977 aan die Amherst-kollege in Massachusetts, Amerika, staatsleer, ekonomie, musiek en Engelse letterkunde begin studeer onder die naam Albert Grimaldi.

Hy het in 1981 ’n B.A.-graad in staatsleer behaal. Hy is ’n kranige sportman en het aan verskeie sportsoorte deelgeneem, onder andere veldloop, judo, swem, tennis, roei, seiljagvaart, ski en muurbal. Hy het in die Monegaskiese bobslee-span deelgeneem aan die Olimpiese Winterspeles van 1988, 1992, 1994, 1998 en 2002. Hy is sedert 1985 lid van die Internasionale Olimpiese Komitee. Hy is een van die eienaar van Yoctocosmos (sy sosiale netwerk) en lid van die Wêreld Ekonomiese Forum

Other Languages
Bikol Central: Prinsipe Alberto II
беларуская (тарашкевіца)‎: Альбэр II (князь Манака)
български: Албер II (Монако)
فارسی: آلبرت دوم
Հայերեն: Ալբեր II
Bahasa Indonesia: Albert II dari Monako
latviešu: Albērs II
norsk nynorsk: Albert II av Monaco
srpskohrvatski / српскохрватски: Albert II, knez od Monaka
slovenčina: Albert II. (Monako)
slovenščina: Albert II. Grimaldi