Alan Arkin

Alan Arkin
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Arkin in 1975.

Geboortenaam Alan Wolf Arkin
Geboorte 26 Maart 1934 (1934-03-26) (83 jaar oud)
Aktiewe jare 1957-tans
Arkin en sy vrou, Suzanne in 2012.

Alan Wolf Arkin (gebore op 26 Maart 1934) [1] is ’n Amerikaanse akteur, regisseur, komediant en musikus met ’n loopbaan wat oor byna ses dekades strek.

Loopbaan

Arkin, wat van 10-jarige ouderdom af toneelspellesse geneem het, het aan verskeie drama-instellings studeer. [2] Hy het die folkgroep The Tarriers saam met twee vriende gestig; Arkin het gesing en kitaar gespeel. Van 1958 tot 1968 het hy saam met die kindergroep The Baby Sitters gesing. [3] Hy het ook in die operette Candide gesing. In die 1960's was hy ’n vroeë lid van die komediegeselskap The Second City. [4]

Hy is bekend vir sy spel in prente soos The Russians Are Coming, the Russians Are Coming (1966), Wait Until Dark (1967), The Heart Is a Lonely Hunter (1968), Catch-22 (1970), The In-Laws (1979), Edward Scissorhands (1990), Glengarry Glen Ross (1992), Little Miss Sunshine (2006) en Argo (2012).

Hy is benoem vir twee Oscars vir beste akteur, vir The Russians Are Coming, the Russians Are Coming en The Heart Is a Lonely Hunter, en een vir beste manlike byspeler vir Argo. Met eersgenoemde het hy een van net ses mense [5] geword wat ’n Oscar-benoeming vir beste akteur vir sy eerste rolprentrol gekry het. Hy het dié prys vir beste manlike byspeler gewen vir Little Miss Sunshine, wat tot dusver sy enigste Oscar is.

Other Languages
aragonés: Alan Arkin
العربية: ألان آركين
asturianu: Alan Arkin
azərbaycanca: Alan Arkin
تۆرکجه: آلن آرکین
български: Алън Аркин
català: Alan Arkin
čeština: Alan Arkin
dansk: Alan Arkin
Deutsch: Alan Arkin
Ελληνικά: Άλαν Άρκιν
English: Alan Arkin
español: Alan Arkin
euskara: Alan Arkin
فارسی: آلن آرکین
suomi: Alan Arkin
français: Alan Arkin
galego: Alan Arkin
客家語/Hak-kâ-ngî: Alan Arkin
עברית: אלן ארקין
magyar: Alan Arkin
Հայերեն: Ալան Արկին
Bahasa Indonesia: Alan Arkin
italiano: Alan Arkin
ქართული: ალან არკინი
한국어: 앨런 아킨
latviešu: Alans Ārkins
Malagasy: Alan Arkin
македонски: Алан Аркин
Plattdüütsch: Alan Arkin
Nederlands: Alan Arkin
norsk: Alan Arkin
occitan: Alan Arkin
polski: Alan Arkin
português: Alan Arkin
română: Alan Arkin
русский: Аркин, Алан
Scots: Alan Arkin
srpskohrvatski / српскохрватски: Alan Arkin
Simple English: Alan Arkin
slovenčina: Alan Arkin
српски / srpski: Алан Аркин
svenska: Alan Arkin
Türkmençe: Alan Arkin
Türkçe: Alan Arkin
українська: Алан Аркін
Winaray: Alan Arkin
მარგალური: ალან არკინი
Yorùbá: Alan Arkin
Bân-lâm-gú: Alan Arkin