Akkresieskyf

’n Kunstenaarsvoorstelling van ’n akkresieskyf (blou) om die kompakte komponent van ’n X-straaldubbelster wat gevoed word deur die begeleidende ster (geel).

’n Akkresieskyf of aangroeiskyf is ’n skyf om ’n swaar hemelliggaam waarin gas en stof uit die omgewing ophoop. Dit word veral waargeneem by swartkolke, neutronsterre en witdwerge.

Werking

Omdat dié materie altyd ’n hoekmomentum het, sal dit nie direk op ’n swartkolk of ster val nie, maar eers in ’n plat, draaiende skyf om die hemelliggaam versamel. Die materie in die binneste dele van die skyf word deur swaartekrag en wrywing verhit tot miljoene kelvin en kan ook elektromagnetiese straling soos infrarooi- en X-strale uitstuur.

Akkresieskywe word ook waargeneem by X-straaldubbelsterre, waar gas van die begeleidende ster oorstroom na die kompakte komponent.

Other Languages
العربية: قرص مزود
беларуская: Акрэцыйны дыск
български: Акреционен диск
bosanski: Disk uvećanja
čeština: Akreční disk
Esperanto: Alkreska disko
hrvatski: Akrecijski disk
Bahasa Indonesia: Piringan akresi
日本語: 降着円盤
한국어: 강착원반
Lëtzebuergesch: Akkretiounsscheif
lietuvių: Akrecinis diskas
latviešu: Akrēcijas disks
Bahasa Melayu: Cakera akresi
Nederlands: Accretieschijf
português: Disco de acreção
Simple English: Accretion disk
slovenčina: Akrečný disk
slovenščina: Akrecijski disk
српски / srpski: Акрециони диск
Türkçe: Toplanma diski
татарча/tatarça: Аккрецион диск
українська: Акреційний диск
Tiếng Việt: Đĩa bồi tụ
中文: 吸积盘