Afsettingsgesteente

Middel-Trias-gesteentes van sliksteen (onder) en kalksteen (bo) in Utah, VSA.

Afsettingsgesteentes of sedimentêre gesteentes is soorte rots wat gevorm is deur die afsetting van materiaal op die aarde se oppervlak en in water. Afsetting is die term wat gebruik word vir prosesse wat minerale en/of organiese deeltjies (detritus) laat vergader of minerale laat neerslaan uit ’n oplossing. Deeltjies wat ’n afsettingsgesteente vorm deur te versamel word sediment genoem. Dit word eers gevorm deur verwering en erosie op die plek van oorsprong en dan na die plek van afsetting vervoer deur water, wind, ys of gletsers.

Afsettingsgesteentes maak maar sowat 8% uit van die volume van die aardkors.[1] Dit is net ’n dun laag oor ’n kors wat hoofsaaklik uit stollings- en metamorfe gesteentes bestaan. Afsettingsgesteentes word afgeset in lae as strata, in dit vorm strukture bekend as lae. Die bestudering van die gesteentes verskaf inligting oor die oppervlak wat belangrik is in siviele ingenieurswese, byvoorbeeld vir die bou van paaie, huise, tonnels, kanale, ens.

Dit is ook die hoofbron van inligting oor die geskiedenis van die aarde, insluitende palaeogeografie, paleoklimatologie en evolusie.

Vorming van sedimentêre gesteentes

Daar is vier basiese prosesse betrokke by die formasie van sedimentêre gesteentes: Verwering/Erosie, deposisie/verskuiwing en kompaktering/sementering.[2][3][4]

Verwering/ Erosie

Alle rotse ondergaan verwering. Verwering verwys na enige iets wat die rots tot kleiner stukkies opbreek. Verwering kan veroorsaak word deur die elemente (reën, ys, sneeu of wind) of deur ander, eksterne faktore. Byvoorbeeld plante se wortels wat in rotskrake ingroei en dan stukke van die rots laat opbreek.

Sodra hierdie verweerde stukkies rots begin rondskuif, word daar na verwys as erosie.

Deposisie/ Verskuiwing

Die sedimentêre gesteentes wat deur verwering en erosie gevorm word, word dikwels na ander plekke verskuif deur die elemente (o.a. die wind, lopende water en gravitasie). Wanneer hierdie kragte begin om energie te verloor, begin die sedimente buite die lug of water agterbly en begin die vestigingsproses, met die groter sedimentgesteentes wat eerste gevestig word. Die kleiner deeltjies beweeg dikwels verder en kom eers later tot vestiging. Hierdie verskuiwings- en vestigingsproses staan bekend as deposisie.

Kompaktering en sementering

Kompaktering vind plaas wanneer die sedimente die verskuiwingsproses deurgegaan het. Die gewig van die sedimente druk die partikels teenaan mekaar. Soos meer en meer sedimente bo-op mekaar geskuif word, verhoog die druk op die onderste sedimente.

Sedimente wat deur water verskuif word, druk so styf teen mekaar vas dat al die water uitgedruk word.

Sementering begin sodra minerale binne die gapings tussen sedimente ingaan. Hierdie minerale dien as ’n soort gom (of sement) wat die sedimente aan mekaar vasbind.

Die proses om sedimentgesteente te vorm vat miljoene jare om te voltooi.

Other Languages
العربية: صخر رسوبي
беларуская (тарашкевіца)‎: Асадкавыя горныя пароды
eesti: Settekivim
فارسی: سنگ رسوبی
עברית: סלע משקע
हिन्दी: अवसादी शैल
Bahasa Indonesia: Batuan sedimen
íslenska: Setberg
日本語: 堆積岩
한국어: 퇴적암
Lëtzebuergesch: Sediment
latviešu: Nogulumieži
македонски: Седиментна карпа
മലയാളം: അവസാദശില
Bahasa Melayu: Batuan enapan
မြန်မာဘာသာ: အနည်ကျကျောက်
Plattdüütsch: Sedimentit
norsk nynorsk: Sedimentær bergart
ਪੰਜਾਬੀ: ਤਲਛਟੀ ਚਟਾਨ
پنجابی: بیٹھی پڑی
português: Rocha sedimentar
srpskohrvatski / српскохрватски: Sedimentne stijene
Simple English: Sedimentary rock
slovenčina: Usadená hornina
slovenščina: Sedimentne kamnine
српски / srpski: Седиментне стене
Basa Sunda: Batu tamperan
oʻzbekcha/ўзбекча: Choʻkindi togʻ jinslari
Tiếng Việt: Đá trầm tích
中文: 沉积岩
Bân-lâm-gú: Tui-chek-giâm