Afrikaanse Wikipedia

Wikipedia
Wikipedia-logo-v2-af.svg
Voorblad Afrikaanse Wikipedia.jpg
Tipe webbladWiki
Taal(e)Afrikaans
RegistrasieOpsioneel
EienaarWikimedia Stigting
OuteurDie gemeenskap
Opgerig16 November 2001
Huidige statusAktief
URLhttp://af.wikipedia.org/

Die Afrikaanse Wikipedia is die Afrikaanse weergawe van die webgebaseerde vrye-inhoud-ensiklopedie Wikipedia ("vrye" verwys in hierdie geval na die kopielinkse lisensiëring van die projek). Die projek is op 16 November 2001 begin en dit was die 11de Wikipedia wat geskep is.[1] Dit beskik tans oor ongeveer 67 900 artikels en is die 76ste grootste Wikipedia volgens die getal artikels.[2] Benewens Suid-Afrika en Namibië word die Afrikaanse Wikipedia gebruik en in stand gehou deur gebruikers in Europa, Noord-Amerika en Oseanië.

Volgens Greenman se webjoernaal van Mei 2013 is die Afrikaanse Wikipedia wel die derde grootste Afrikataal-Wikipedia, maar is dit wat inhoud betref moontlik die beste. Daar is konstante aktiwiteit, groei en 'n gesonde gemeenskap.[3]

Die Afrikaanse Wikipedia het tans 211 829 bladsye, waarvan 67 903 artikels is. Dit het 106 243 geregistreerde gebruikers, waarvan 151 as aktief gereken word. Hierdie gebruikers het al 1 863 168 wysigings aangebring en 8 822 lêers opgelaai.

Die Wikipedia gebruik tans MediaWiki weergawe 1.33.0-wmf.8 (2859494).[4]

Beide die http://af.wikipedia.org/ en http://wikipedia.co.za adresse kan gebruik word om die Afrikaanse Wikipedia te besoek.

Other Languages
Bahasa Indonesia: Wikipedia bahasa Afrikaans
Simple English: Afrikaans Wikipedia