Afrikaans
English: Afrikaans

Afrikaans
Gepraat in:Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Namibië Namibië
Vlag van Botswana Botswana
Flag of eSwatini eSwatini
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vlag van Australië Australië
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Vlag van Kanada Kanada
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Flag of Ireland Ierland
Vlag van Argentinië Argentinië 
Gebied:Suider-Afrika
Totale sprekers:7,2 miljoen (eerste taal)
10,3 miljoen (tweede of derde taal)[1] 
Rang:99
Taalfamilie:Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Nederfrankies
    Nederlands
     Afrikaans 
Skrifstelsel:Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Namibië Namibië (erken as minderheidstaal)
Gereguleer deur:Die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (in Suid-Afrika)
Taalkodes
ISO 639-1:af
ISO 639-2:afr
ISO 639-3:afr 
Verspreiding van Afrikaans in die wêreld

Afrikaans is tipologies gesien 'n Indo-Europese, Wes-Germaanse, Nederfrankiese taal,[2] wat sy ontstaan aan die suidpunt van Afrika gehad het onder invloed van verskeie ander tale en taalgroepe. Afrikaans is op 8 Mei 1925 as 'n amptelike taal van Suid-Afrika erken en is tans die derde jongste Germaanse taal wat amptelike status geniet, naas Faroëes wat in 1948 grondwetlik erken is en Luxemburgs wat hierdie status in 1984 gekry het.

Afrikaans is een van die elf amptelike tale van Suid-Afrika en daarnaas ook 'n belangrike taal van Namibië. Volgens die Suid-Afrikaanse sensusopname van 2011 word dit deur ongeveer 6,9 miljoen sprekers in Suid-Afrika (13,5% van die totale bevolking)[3] as moedertaal beskou. Sowat een miljoen van dié sprekers is tweetalige moedertaalsprekers van Afrikaans en Engels.[4]

Buiten die oorspronklike taalgebied is daar groot groepe Afrikaanssprekendes in lande soos Namibië (ongeveer 180 000; naastenby 9% van alle huishoudings),[5] die Verenigde Koninkryk (ongeveer 100 000),[6] Nieu-Seeland (21 000 in 2006),[7] Botswana (20 000), die Verenigde State (19 000), Australië (43 741, volgens die sensus van 2016), en Kanada (8 770 volgens die sensus van 2011).[8]

Afrikaans het as kontaktaal aan die suidpunt van Afrika ontwikkel uit die kontak tussen 16e en 17e eeuse Nieunederlands (of Nuwe Nederlands), Khoi, San, Maleis, Portugees, Frans, Duits, Engels en verskeie Nguni- en Sothotale.[9][10] Afrikaans het op sy beurt weer invloed uitgeoefen op Suid-Afrikaanse Engels en ander inheemse tale deurdat 'n hele aantal Afrikaanse woorde in dié tale opgeneem is.[11] 90-95% van Afrikaans se woordeskat is na raming Germaans.

Other Languages
አማርኛ: አፍሪካንስ
aragonés: Idioma afrikaans
asturianu: Afrikaans
azərbaycanca: Afrikaans
Boarisch: Afrikaans
žemaitėška: Afrėkanu kalba
беларуская: Афрыкаанс
беларуская (тарашкевіца)‎: Афрыкаанс
български: Африканс
brezhoneg: Afrikaneg
català: Afrikaans
کوردی: ئافریکانس
čeština: Afrikánština
Чӑвашла: Африкаанс
Cymraeg: Afrikaans
dansk: Afrikaans
Deutsch: Afrikaans
Zazaki: Afrikaanki
emiliàn e rumagnòl: Afrikaans
English: Afrikaans
Esperanto: Afrikansa lingvo
español: Afrikáans
euskara: Afrikaans
فارسی: آفریکانس
suomi: Afrikaans
føroyskt: Afrikaans mál
français: Afrikaans
Nordfriisk: Afrikaans spriak
Frysk: Afrikaansk
Gàidhlig: Afraganais
Avañe'ẽ: Afrikáans
客家語/Hak-kâ-ngî: Nàm-fî Hò-làn-ngî
עברית: אפריקאנס
Fiji Hindi: Afrikaans bhasa
hrvatski: Afrikaans
hornjoserbsce: Afrikaanšćina
հայերեն: Աֆրիկաանս
interlingua: Afrikaans
Bahasa Indonesia: Bahasa Afrikaans
Ilokano: Aprikaans
íslenska: Afríkanska
ქართული: აფრიკაანსი
қазақша: Африкаанс
къарачай-малкъар: Африкаанс тил
kernowek: Afrikaans
Lingua Franca Nova: Africans (lingua)
Limburgs: Afrikaans
lumbaart: Afrikaans
lingála: Afrikansi
lietuvių: Afrikanų kalba
latviešu: Afrikandu valoda
Baso Minangkabau: Bahaso Afrikaans
македонски: Африканс
മലയാളം: ആഫ്രികാൻസ്
Bahasa Melayu: Bahasa Afrikaans
Plattdüütsch: Afrikaans
Nedersaksies: Afrikaans
नेपाल भाषा: अफ्रिकांस भाषा
Nederlands: Afrikaans
norsk nynorsk: Afrikaans
norsk: Afrikaans
Novial: Afrikansum
Nouormand: Afrikaans
Sesotho sa Leboa: Afrikaans
occitan: Afrikaans
Kapampangan: Amanung Afrikaans
Papiamentu: Afrikaans
Piemontèis: Lenga afrikaans
پنجابی: افریقان
português: Língua africâner
Runa Simi: Afrikans simi
română: Limba afrikaans
русский: Африкаанс
Kinyarwanda: Ikinyafurikansi
sicilianu: Afrikaans
davvisámegiella: Afrikánsagiella
srpskohrvatski / српскохрватски: Afrikaans
Simple English: Afrikaans
slovenčina: Afrikánčina
slovenščina: Afrikanščina
Gagana Samoa: Faʻa Afelika
Soomaaliga: Afrikaans
српски / srpski: Африканс (језик)
Sesotho: Seburu
Seeltersk: Afrikoansk
svenska: Afrikaans
Kiswahili: Kiafrikaans
ślůnski: Godka afrikaans
Setswana: Seburu
Türkçe: Afrikaans
Xitsonga: Xibhunu
татарча/tatarça: Африкаанс
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: ئاڧرىقانچە
українська: Африкаанс
oʻzbekcha/ўзбекча: Afrikaans
Tshivenda: Afrikaans
vèneto: Afrikaans
vepsän kel’: Afrikaans
Tiếng Việt: Afrikaans
West-Vlams: Afrikoans
Winaray: Afrikaans
isiXhosa: IsiBhulu
მარგალური: აფრიკაანსი
Zeêuws: Afrikaons
中文: 南非語
Bân-lâm-gú: Afrikaans-gí
isiZulu: IsiBhunu