Aborsie

Aborsie
Klassifikasie en eksterne bronne
ICD-10 04
ICD-9 779.6
DiseasesDB 4153
MedlinePlus   002912
eMedicine article/252560
MeSH D001161
Star of life caution.svg Mediese waarskuwing
Internasionale status van aborsiewette volgens VN se 2013-verslag oor aborsie-wet. [1] ██ Wettig op versoek. ██ Wettig vir die moeder se lewe, gesondheid, geestesgesondheid, verkragting, fetale defekte en/of sosio-ekonomiese faktore. ██ Onwettig, met uitsondering vir die moeder se lewe, gesondheid, geestesgesondheid, verkragting, en/of fetale defekte. ██ Onwettig, met uitsondering vir die moeder se lewe, gesondheid, geestesgesondheid, en/of verkragting. ██ Onwettig, met uitsondering vir die moeder se lewe, gesondheid en/of geestelike gesondheid. ██ Onwettig, met geen uitsonderings. ██ Verskil per regio. ██ Geen inligting. [2]

'n Aborsie of vrugafdrywing is die voortydige beëindiging van 'n swangerskap, voor die embrio kan ontwikkel of die fetus (baba) gebore kan word. Aborsies kan spontaan plaasvind, meestal omdat iets tydens die swangerskap verkeerd gegaan het. Wanneer dit gebeur, word dit 'n miskraam genoem. Mense kan ook 'n swangerskap doelbewus beëindig. Dit staan as 'n geïnduseerde aborsie of opsetlike vrugafdrywing bekend. Die term aborsie verwys mees algemeen na laasgenoemde. Die soortgelyke prosedure, as die fetus reeds op sy eie kan oorleef, word medies gesproke die "laat beëindiging van swangerskap" genoem. [3]

Onveilige aborsies is wêreldwyd vir ongeveer 47 000 sterftes [4] en die hospitalisasies van 5 miljoen moeders [5] per jaar verantwoordelik. Die grootste rede hiervoor is die omstandighede waaronder dit uitgevoer word; dikwels omdat dit onwettig plaasvind. Oor die hele wêreld word ongeveer 44 miljoen aborsies per jaar uitgevoer, waarvan net iets onder die helfte op onveilige wyse geskied. [6]

Aborsie in die ontwikkelde wêreld het 'n lang geskiedenis as een van die veiligste mediese prosedures, gegewe dat dit in ooreenstemming met plaaslike wetgewing geskied. [7] [8] Ongekompliseerde aborsies veroorsaak nie langtermyn geestelike of fisiese probleme nie. [4] Die wêreldgesondheidsorganisasie beveel aan dat dieselfde vlak van veilige en wettige aborsies vir alle vroue wêreldwyd beskikbaar gestel word. [9] Teen 2008 het veertig persent van die wêreld se vroue toegang tot wetlike aborsies gehad, ongeag die rede daarvoor. Daar is egter steeds perke ten opsigte van hoe lank na die swangerskap dit uitgevoer mag word. [10]

Geïnduseerde aborsie is sedert antieke tye reeds met metodes soos kruie, die gebruik van skerp gereedskap, fisiese trauma, en ander tradisionele metodes toegepas. Wetgewing rondom aborsies, hoe dikwels hulle uitgevoer mag word, asook hul kulturele en godsdienstige status wissel grootliks tussen verskillende wêrelddele. In baie lande bestaan daar prominente openbare omstredenheid oor die morele, etiese en regskwessies van aborsie. [11]

Moderne medikasie of chirurgiese metodes kan vir geïnduseerde aborsies gebruik word. Medikasie soos Mifepristone en Prostaglandin is tydens die eerste trimester net so effektief as chirurgiese metodes. [12] [13] Terwyl die gebruik van medikasie in die tweede trimester effektief kan wees, blyk dit dat chirurgiese metodes 'n laer risiko vir newe-effekte inhou. [14]

Verskillende lande het verskillende wetgewing met betrekking tot geïnduseerde aborsie. Terwyl aborsie in baie lande onwettig is, is daar dikwels uitsonderings waaronder dit wel toelaat word, veral in gevalle soos bloedskande, verkragting, ernstige fetale defekte of as die moeder se gesondheid op die spel is. [15]

Diegene wat teen aborsie is argumenteer algemeen dat 'n embrio of fetus 'n mens is, wat die reg het om te lewe. Hulle vergelyk aborsie dikwels met moord. [16] [17] Diegene wat aborsie ondersteun beklemtoon meestal die vrou se reg om sake rakende haar eie liggaam te reël, asook menseregte in die algemeen. [18]

Geboortebeperkings, soos die pil en ander toestelle, kan onmiddellik na 'n aborsie gebruik word. [13]

Other Languages
aragonés: Alborto
العربية: إجهاض
مصرى: اجهاض
asturianu: Albuertu
azərbaycanca: Abort
башҡортса: Аборт
žemaitėška: Abuorts
беларуская: Аборт
беларуская (тарашкевіца)‎: Аборт
български: Аборт
বাংলা: গর্ভপাত
bosanski: Pobačaj
català: Avortament
کوردی: لەبەرچوون
čeština: Interrupce
Cymraeg: Erthyliad
dansk: Abort
Zazaki: Kurtaj
Ελληνικά: Έκτρωση
English: Abortion
Esperanto: Aborto
español: Aborto
eesti: Abort
euskara: Abortu
فارسی: سقط جنین
suomi: Abortti
føroyskt: Fosturtøka
français: Avortement
Frysk: Abortus
Gaeilge: Ginmhilleadh
galego: Aborto
Avañe'ẽ: Membykua
हिन्दी: गर्भपात
Fiji Hindi: Abortion
hrvatski: Pobačaj
Հայերեն: Վիժում
interlingua: Aborto
Bahasa Indonesia: Gugur kandungan
Ilokano: Alis
íslenska: Fóstureyðing
italiano: Aborto
ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ/inuktitut: ᐃᓄᐃᑎᑦᑐᖅ
日本語: 妊娠中絶
Patois: Abaashan
Basa Jawa: Aborsi
ქართული: აბორტი
Kabɩyɛ: Avortement
қазақша: Аборт
한국어: 낙태
Кыргызча: Аборт
Latina: Abortus
Lëtzebuergesch: Ofdreiwung
Limburgs: Abortus
lumbaart: Abort
lietuvių: Abortas
latviešu: Aborts
मैथिली: गर्भपतन
Malagasy: Fanalan-jaza
македонски: Абортус
മലയാളം: ഗർഭഛിദ്രം
монгол: Аборт
मराठी: गर्भपात
Bahasa Melayu: Pengguguran
Malti: Abort
नेपाली: गर्भपतन
Nederlands: Abortus
norsk nynorsk: Abort
norsk: Abort
occitan: Avortament
ଓଡ଼ିଆ: ଗର୍ଭପାତ
ਪੰਜਾਬੀ: ਗਰਭਪਾਤ
Kapampangan: Abortion
polski: Aborcja
Piemontèis: Abòrt
پنجابی: ابورشن
português: Aborto
Runa Simi: Sulluchiy
română: Avort
русский: Аборт
русиньскый: Аборт
srpskohrvatski / српскохрватски: Abortus
සිංහල: ගබ්සාව
Simple English: Abortion
slovenčina: Interrupcia
slovenščina: Splav
chiShona: Kubvisa nhumbu
српски / srpski: Побачај
svenska: Abort
Kiswahili: Utoaji mimba
తెలుగు: గర్భస్రావం
Türkmençe: Abort
Tagalog: Pagpapalaglag
Türkçe: Kürtaj
татарча/tatarça: Аборт
українська: Аборт
oʻzbekcha/ўзбекча: Abort
Tiếng Việt: Phá thai
Winaray: Punit
ייִדיש: אבארטאציע
Yorùbá: Ìṣẹ́yún
中文: 堕胎
Bân-lâm-gú: Thu̍t-the
粵語: 落仔