Île-de-France

Île-de-France

Flag of Île-de-France.svgBlason de l'Île-de-France d'azur aux trois fleurs de lys d'or

Île-de-France map.png
DépartementsEssonne (91)
Hauts-de-Seine (92)
Parys (75)
Seine-Saint-Denis (93)
Seine-et-Marne (77)
Val-de-Marne (94)
Val-d'Oise (95)
Yvelines (78)
PrefektuurParys
Bevolking11 852 851 inw.
(2011)
Bevolkingsdigtheid986,8 inw./vk km
Oppervlakte12 012 vk km
Arrondissemente25
Kantons317
Munisipaliteite1 281
President van
Gewestelike Raad
Jean-Paul Huchon (PS)

Die Île-de-France is 'n administratiewe gebied in Noord-Frankryk, wat grotendeels ooreenkom met die metropolitaanse gebied van die hoofstad Parys. Dit is gevolglik ook die mees digbevolkte streek van Frankryk met 'n oppervlakte van 12 012 vierkante kilometer en 'n bevolking van 11 852 851 in 2011.

Die naam van die gebied, wat letterlik "eiland van Frankryk" beteken, is afgelei van die riviere Seine, Marne, Oise en Beuvronne, wat die streek soos 'n eiland omsluit.

Die Île-de-France bestaan naas Parys uit die départements Essonne, Hauts-de-Seine, Seine-et-Marne, Seine-Saint-Denis, Val-d'Oise, Val-de-Marne en Yvelines.

Geskiedenis

Die Île-de-France is die historiese hartland van Frankryk, en vroeë benamings soos Francia of Fransië verwys eintlik hoofsaaklik na hierdie gebied. Sedert die oorwinning van Clovis I oor Syagrius dien die Île-de-France – met 'n kort onderbreking tydens die 7de eeu – as die politieke sentrum van Frankryk. Eeue lank kom dit ooreen met die Franse kroondomein, die domaine royal.

Die gotiese boustyl in die argitektuur, wat oorspronklik net in hierdie gebied as die koninklike Franse styl gebruiklik is, brei van die Île-de-France na ander gebiede van Europa uit. Sedert die heerskappy van Lodewyk XIV regeer die Franse konings die land vanuit die indrukwekkende slot van Versailles.

Parys teen sononder

Die Île-de-France vorm tot by die Franse Rewolusie van die jaar 1789 een van die historiese provinsies van Frankryk. Met die skepping van die nuwe administratiewe eenhede, die départements, in 1789/1790 is dit ontbind.

By die vorming van die nuwe programgebiede (Frans: régions de programme) in die jaar 1956 kry die Île aanvanklik die naam Région Parisienne ("Paryse Gebied"). In 1976 is die naam gewysig na Île-de-France, ofskoon die huidige gebied in sommige opsigte van die historiese provinsie verskil.

Net soos in die ander administratiewe gebiede is in die jaar 1986 'n direk verkose gewestelike raad ingestel.

Other Languages
Alemannisch: Île-de-France
aragonés: Isla de Francia
العربية: إيل دو فرانس
asturianu: Islla de Francia
azərbaycanca: İl-de-Frans
беларуская: Іль-дэ-Франс
беларуская (тарашкевіца)‎: Іль-дэ-Франс
български: Ил дьо Франс
bosanski: Île-de-France
нохчийн: Иль-де-Франс
čeština: Île-de-France
Ελληνικά: Ιλ-ντε-Φρανς
emiliàn e rumagnòl: Îsla ed Franza
Esperanto: Francilio
français: Île-de-France
arpetan: Ila-de-France
Nordfriisk: Île-de-France
Gàidhlig: Île-de-France
客家語/Hak-kâ-ngî: Île-de-France
hrvatski: Île-de-France
Bahasa Indonesia: Île-de-France (region)
íslenska: Île-de-France
italiano: Île-de-France
Basa Jawa: Île-de-France
Taqbaylit: Île-de-France
ភាសាខ្មែរ: អ៊ីលដឺហ្រ្វែន
한국어: 일드프랑스
Lëtzebuergesch: Île-de-France
Limburgs: Île-de-France
lumbaart: Île-de-France
لۊری شومالی: ایل دو فرانس
lietuvių: Il de Fransas
latviešu: Ildefransa
Malagasy: Île-de-France
македонски: Ил де Франс
Bahasa Melayu: Île-de-France
Nederlands: Île-de-France
norsk nynorsk: Île-de-France
Nouormand: Île-dé-Fraunce
ਪੰਜਾਬੀ: ਈਲ-ਡ-ਫ਼ਰਾਂਸ
Piemontèis: Ìsola ëd Fransa
پنجابی: ال ڈ فغاس
português: Ilha de França
Runa Simi: Île-de-France
română: Île-de-France
русский: Иль-де-Франс
sicilianu: Île-de-France
davvisámegiella: Île-de-France
srpskohrvatski / српскохрватски: Île-de-France
Simple English: Île-de-France
slovenščina: Île-de-France
српски / srpski: Ил де Франс
Kiswahili: Île-de-France
татарча/tatarça: Иль-де-Франс
українська: Іль-де-Франс
oʻzbekcha/ўзбекча: Il-de-frans
Tiếng Việt: Île-de-France
West-Vlams: Île-de-France
მარგალური: ილ-დე ფრანსი
Bân-lâm-gú: Île-de-France
粵語: 法蘭西島